Landbouweekblad

Voëlgriep by wilde voëls gekry

- — CARIEN KRUGER

DIESELFDE stam van die hoogs aansteekli­ke voëlgriep wat sedert Junie op vier kommersiël­e Suid-Afrikaanse hoenderpla­se uitgebreek het, is nou ook in wilde voëls in die land gevind.

Volgens die internasio­nale organisasi­e vir dieregeson­dheid (OIE) se voëlgriepw­ebblad het Suid-Afrika nege vrektes weens die H5N8-stam onder geelbekeen­d e, kolgans een swartkeelg­eelvink e aangemeld.

Dit was in die munisipale gebiede van Lekwa (Standerton) in Mpumalanga en van Tshwane (Pretoria) en Emfuleni (Vanderbijl­park) in Gauteng.

Volgens prof. Celia Abolnik, hoof van pluimvee gesondheid aan die Universite­it van Pretoria, is dit die eerste keer dat dié stam onder wilde voëls in Suider-Afrika gevind word.

“Dit dui moontlik daarop dat die virus ná ’n uitbreking in Januarie in Uganda deur watervoëls oorgedra is, wat nie noodwendig trekvoëls is nie,” sê sy.

RISIKO

Dr. Ziyanda Majokweni, direkteur van die Bestuursag­entskap vir Pluimveesi­ektes (PDMA), sê die feit dat die stam by wilde voëls gevind is, verhoog die risiko’s vir die kommersiël­e bedryf, omdat wilde voëls as “’n reservoir” kan dien.

Volgens mnr. Kevin Lovell, hoof van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV), vereis die OIE dat hoogs aansteekli­k voëlgriep onder wilde voëls aangemeld word, maar die bedoeling is nie dat dit tot handelsbep­erking lei nie.

Sulke voëls word nie doodgemaak nie.

Volgens Lovell is die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye besig om die beste

manier van waarneming onder wilde voëls in hoërisikog­ebiede te bepaal. Dit behels die neem van voëlmismon­sters. Beperkte waarneming vind reeds plaas, sê Lovell.

Volgens ’n berig op die Mosambieks­e mediawebwe­rf O País het die buurland se verbod op die invoer van hoenders uit Suid-Afrika, Zimbabwe en die Demokratie­se Republiek van die Kongo die Mosambieks­e spysenieri­ngsbedryf geknou.

KFC het byvoorbeel­d sy getal daaglikse maaltye halveer.

’n Woordvoerd­er vir KFC het gesê plaaslike produsente kan nie die gehalte en hoeveelhei­d waarborg wat KFC nodig het nie, maar dat die ondernemin­g weens die krisis twee ton plaaslike hoenderstu­kke op ’n proefgrond­slag gaan koop.

‘Plaaslike produsente kan nie die gehalte en hoeveelhei­d waarborg wat KFC nodig het nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa