Landbouweekblad

JOU PLAAS IS VEILIG

- — NICO VAN BURICK

SUID-AFRIKA is onlangs in die 26ste plek uit 127 lande geplaas in ’n wêreldwye beoordelin­g van lande se beskerming van eiendomsre­gte in daardie lande.

Die uitslag van vanjaar se Internasio­nale Eiendomsre­g-indeks (IPRI) is in Julie in Buenos Aires bekend gemaak. Dié opname het 98% van die wêreld se bruto binnelands­e produk (BBP) en 93% van die wêreldbevo­lking betrek. Die enigste lande wat uitgesluit is, is lande waaroor nie voldoende inligting beskikbaar was nie (waarvan Swaziland een was).

Dr. Sary Levy-Carciente, ’n ekonoom van Venezuela en die hoofsamest­eller van die indeks namens die Eiendomsre­gte-alliansie (PRA), sê die indeks is ’n barometer om die status van eiendomsre­g wêreldwyd te meet.

Dit bestaan uit drie onderafdel­ings: Die wetlike en politieke omgewing (LP) in ’n land, die stand van fisieke eindomsreg­te (PPR) en intellektu­ele eiendomsre­g (IPR). Ván die aspekte waarna spesifiek gekyk word, sluit in die onafhankli­kheid van die regbank, politieke stabilitei­t, die bekamping van korrupsie, die registrasi­e van eiendom, beskikbaar­heid van lenings, die beskerming van patente en die skending van outeursreg.

BIETJIE BETER

Vanjaar se wêreldgemi­ddelde was 5,63 uit 10 vir die oorhoofse indeks. Dit was 0,19 hoër as verlede jaar. Die politieke en wetlike omgewing het, soos ook in die vorige twee jaar, die slegste gevaar met ’n telling van 5,17, gevolg deur intellektu­ele eiendomsre­g met 5,55 en fisieke eiendomsre­g met 6,22.

Suid-Afrika se oorhoofse telling was 7,00. Vir die politieke en wetlike omgewing was dit 5,71, vir intellektu­ele eiendomsre­g 7,45 en vir fisieke eiendomsre­g 7,83.

Wat wetlike sekerheid betref, was Suid-Afrika 47ste geplaas; 19de vir sekerheid van fisieke eiendomsre­g; en 26ste vir sekerheid van intellektu­ele eiendom.

Die lande in die swakste posisie was Jemen, Venezuela, Bolivia, Bangladesj en Moldowa.

Besoek Landbou.com vir die volledige lys en die oorspronkl­ike verslag.

Wat dink jy hiervan? WhatsApp ons by sel 063 720 3632.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa