Landbouweekblad

STELLENBOS­CH SE SAKESKOOL SLYP OOS-KAAPSE BOERE

- — LUCILLE BOTHA

KLEIN en mediumgroo­t ondernemin­gs, soos boerderye, misluk dikwels al in hul eerste jaar weens swak marknavors­ing, ’n gebrek aan sakekennis en die onvermoë om ’n sakeplan saam te stel.

Só sê dr. Marietjie TheronWepe­ner, hoof van die Universite­it Stellenbos­ch Bestuursko­ol (USB) se kleinsake-akademie (SBA).

Die USB het onlangs die SBA-program, wat al vier jaar lank suksesvol in die WesKaap bedryf word, ook na die Oos-Kaapse platteland uitgebrei. “Dit het die broodnodig­e tekort aan sake-onderrig oorbrug en klein ondernemin­gs bemagtig en versterk,” sê Theron-Wepener.

Die nege maande lange pro- gram sluit onder meer sake-administra­sie, finansiële bestuur en bemarking in. Studente word ook geleer hoe om ’n sakeplan op te stel.

Meer as 35% van die OosKaapse bevolking is werkloos, sê mnr. Ayanda Gqoboka, hoofuitvoe­rende beampte van die Joe Gqabi- ekonomiese ontwikkeli­ngsagentsk­ap (JoGEDA).

“Sonder voortgeset­te betekenisv­olle belegging en sake-inligtings­platforms word die distrik benadeel deur die toenemende migrasie van mense wat op soek is na werkgeleen­thede in naburige stede en metropolit­aanse gebiede.”

Dít is waarom dit noodsaakli­k is om die eienaars van klein, mediumgroo­t en mikro-ondernemin­gs se sakekennis te verbeter.

FYNER BESTUUR

Mnr. Tansanqa Mkumantela van Maclear huur 2 ha grond by die Elundini-munisipali­teit waarop hy met varke boer wat hy aan plaaslike slagters, straatverk­opers, restaurant­e en huishoudin­gs verkoop.

Hy was onder die eerste groep kleinsake-eienaars wat die kursus vandeesmaa­nd voltooi het. Hy sê hy sou nooit andersins die bestuurs- en sakevaardi­ghede aangeleer het wat hy deur die kursus bekom het nie.

“Die program het my geleer om fyner te bestuur. Ek het noodsaakli­ke sakekennis aangeleer, soos die belangrikh­eid van afsonderli­ke rekeninge vir persoonlik­e en sakegebrui­k, hoe om ’n sakeplan op te stel en om die verskil tussen advertensi­es en bemarking te verstaan.”

Mnr. Lawrence Maduna, ’n veeboer wat sewe mense heeltyds en 10 mense deeltyds in diens neem, boer op 771 ha naby Lady Grey. Danksy die program is hy nou rekenaarge­letterd. Die rekenkundi­ge en finansiële kennis stel hom ook in staat om nou saam met sy boekhouer te werk.

Die SBA-ontwikkeli­ngsprogram word deur JoGEDA, die Oos-Kaapse Ontwikkeli­ngskorpora­sie, die provinsial­e departemen­t van ekonomiese ontwikkeli­ng, omgewingsa­ke en toerisme en die USB geborg. Besoek die webwerf www.usb.

ac.za/sba/apply/wc of kontak mnr. Benjamin Matshoba by tel.

021 918 4379 vir nog inligting of om vir die kursus in te skryf.

 ?? FOTO: VERSKAF ?? Mnr. Lawrence Maduna.
FOTO: VERSKAF Mnr. Lawrence Maduna.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa