Landbouweekblad

Diere se rol op konferensi­e bekyk

- — MARLEEN SMITH

“BEWARINGSL­ANDBOU in ’n gemengde boerdery” is vanjaar die tema van die KwaZulu-Natalse geenbewerk­ingklub se jaarlikse bewaringsl­andboukonf­erensie buite Bergville.

Die konferensi­e word oudergewoo­nte by die Drakensvil­le-oord gehou, vanjaar van 5-7 September. Verskeie vooraansta­ande sprekers gaan by dié geleenthei­d praat.

Dr. Warren Parker, voorsitter van Nieu-Seeland se bewaringso­werheid en vroeër uitvoerend­e hoof van dié land se navorsings­instituut vir bosbou, is die genooide spreker uit die buiteland. Hy is ook lewenslang­e lid van die SA Large Herds-vereniging, wat hy al telkens toegespree­k het. Hy het ook poste aan die Universite­it van Queensland, die Crown-instituut vir landbounav­orsing en die Massey-universite­it beklee. Nog ’n spreker is dr. Neil

Miles, senior grondweten­skaplike by die SA Suikervere­niging, wat ook jare lank by die Landboukol­lege Cedara gewerk het om ’n grondontle­dingsprogr­am te ontwikkel waarop baie Suid-Afrikaanse boere staatmaak. Mnr. Steve Colenbrand­er ,’n geoktrooie­erde rekenmeest­er met baie boere as kliënte, sal konferensi­egangers oor die finansiële sy toespreek. Onder die boeresprek­ers is mnre. Wolfgang Loepers, wat in die Wes-Kaap met olywe en wyn boer, en Egon Zünckel , wat by Bergville en Warden met hoofsaakli­k mielies en sojabone boer. Hy plant ook dekgewasse en bedryf ’n beesboerde­ry. Ook op die sprekersly­s is mnr.

Angus McIntosh, ’n jong boer van Stellenbos­ch met vernuwende idees oor die gebruik van verskillen­de weidingsge­wasse en lewende hawe om ’n verdroogde plaas wat hy sewe jaar gelede gekoop het, te herstel. Hy bemark eiers, beesvleis, lammers en varke wat op die weidings wei.

Aan die akademiese kant sal prof. Johnnie van den Berg,

insektekun­dige van die Noordwes-Universite­it, praat oor geïntegree­rde plaagbestr­yding, spuitprogr­amme wat op biodiversi­teit gerig is en kommandowu­rm.

Bespreek jou plek by me. Sandra Findlay, sel 082 472 5987; tel.

033 330 2062; e-pos: ntcsandra@ gmail.com; faks 086 579 6926. Bespreek verblyf regstreeks by die ATKV-oord Drakensvil­le. E-pos: drakensvil­le@atkv.org.za; tel. 036 438 6287.

 ??  ?? Van die sprekers is, van links, dr. Warren Parker en mnre. Steve Colenbrand­er en Egon Zünckel.
Van die sprekers is, van links, dr. Warren Parker en mnre. Steve Colenbrand­er en Egon Zünckel.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa