Landbouweekblad

DOSENT TERUG, STEEDS G’N PIEP OOR KUDDE-KLAGTES

- — CORLI VAN DER MERWE

DR. Johan van Rooyen is terug in die klaskamer by die Landbou-ontwikkeli­ngsinstitu­ut Grootfonte­in.

Die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye se tugsaak teen dié gerespekte­erde staatsveea­rts en senior dosent het byna ’n jaar lank voortgesle­ep. Van Rooyen is op 21 Julie verlede jaar geskors te midde van ’n dispuut tussen die vakbonde die PSA en Nehawu op die kampus.

Die dispuut het te doen met ’n ondersoek oor die bestuur van veetroppe en -kuddes op Grootfonte­in. Van Rooyen is die voorsitter van die PSA op die kampus.

‘MORS VAN GELD’

Hy is sedert 6 Julie terug in sy pos nadat hy ’n skorsing van effektief drie maande uitgedien het. Die saak het egter byna ’n jaar geduur om tot ’n punt te kom, en intussen moes studente by die instituut sonder sy kennis oor die weg kom. Volgens Van Rooyen het die taakspan wat die beweerde korrupsie moet ondersoek, ’n jaar later steeds geen verslag bekend gemaak nie.

“Sover is dit ’n mors van geld. Hoeveel duisende rande het dit nie gekos om al daardie mense af te vlieg en die ondersoeke te doen nie, en dit het nog niks opgelewer nie.”

Die nasleep van die skorsing sluit in verskeie sake wat Van Rooyen teen die departemen­t by die Staatsdien­sbemiddeli­ngsraad aanhangig gemaak het. Dit behels onder meer ’n dispuut oor die beweerde onbillikhe­id van sy skorsing en ’n dispuut oor sy skorsing van drie maande sonder ’n salaris.

E-POSSE

Volgens Van Rooyen het hy ook ’n aansoek ingevolge die Wet op die Bevorderin­g van Toegang tot Inligting ingedien. Dit is om sy vermoedens te bevestig dat die departemen­t toegang gekry het tot e-posse wat hy van sy persoonlik­e rekenaar af na ’n kollega op Grootfonte­in gestuur het.

“Ek is besig met die stappe om uit te vind wie in my e-posse rondgekrap en dit onwettig teen my gebruik het in my tugverhoor,” sê hy.

‘Hoeveel duisende rande het dit nie gekos om al daardie mense af te vlieg en die ondersoeke te doen nie, en dit hetnogniks opgelewer nie.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa