Landbouweekblad

R1,48 miljoen vir ‘n kilometer heining!

-

Die DA se voortgeset­te ondersoeke na infrastruk­tuurbested­ing het skokkende misbruik van belastingg­eld aan die lig gebring.

Limpopo se departemen­t van landbou het in antwoorde in die provinsial­e wetgewer te kenne gegee R46 miljoen is in die afgelope vyf jaar aan 971 km se geëlektrif­iseerde heinings bestee.

Dit is gelykstaan­de aan gemiddeld R47 000 per km, maar dié bedrag gee nie die skaal van die vermorsing weer nie.

Die duurste projek om weidingsge­biede te omhein, was ’n rooivleisp­rojek by Modimolle. Daar is R5,6 miljoen begroot om ’n 4 km lange heining van 1,42 m hoog op te rig. Dit beteken dit kos die belastingb­etaler R1,48 miljoen per km. Kontrakteu­rs in die gebied reken dat die koste vir die heining ongeveer R26 000 per km behoort te wees.

Volgens die departemen­t is dit ’n projek wat oor verskeie jare strek. Dit duur vanjaar voort, en R2,8 miljoen is reeds in die 2016-’17-boekjaar bestee. Die projek span 32 werkers in.

HELFTE MINDER

Vir die oprigting van ’n 8 km lange heining van dieselfde hoogte by die Mogalakwen­a Mapela-rooivleisp­rojek op Mookgopong, waar tot 105 werkers ingespan is, is sowat die helfte minder — R2,2 miljoen — bestee.

In albei gevalle het die werkers R92 per dag verdien. Vir die 13 km lange “geel lyn”-heining van 1,4 m hoog by Musina en Thulamela is R1,6 miljoen betaal.

Dokumente wat die departemen­t in die provinsial­e wetgewer voorgelê het, toon dat R1,3 miljoen betaal is vir die oprigting van ’n 19 km lange nie geëlektrif­iseerde heining met ’n hoogte van 1,4 meter by die Seleka-projek op Lephalale. Dertig werkers het daaraan gewerk en dit het vyf maande geduur om dit te voltooi. Volgens die dokumente was dieR1,3miljoenvi­rdiearbeid­endie materiaal. — JOYLENE VAN WYK

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa