Landbouweekblad

OOS-KAAP SE POTENSIAAL ONTGIN

-

Hoewel dit onwaarskyn­lik is dat SuidAfrika se wolproduks­ie weer ’n vlak van 100 miljoen kg sal bereik, is daar wel potensiaal om produksie tot minstens 75 miljoen kg te verhoog, sê mnr. Louis de Beer, uitvoerend­e hoof van Cape Wools SA.

Die totale produksie vir die afgelope seisoen was 52,5 miljoen kg. Produksie het in die afgelope paar seisoene ’n opwaartse neiging getoon ( GRAFIEK ).

Volgens De Beer is daar groot potensiaal in die Oos-Kaap, wat jare lank reeds die grootste wolproduse­rende provinsie in die land is. “Nie alleen is daar heelwat onbenutte grond in die Oos-Kaap nie, maar die boere daar is gretig om tot die wolbedryf toe te tree. Ons het egter die samewerkin­g van die Regering nodig om die grond beskikbaar te stel,” sê hy.

Die wolbedryf het reeds groot welslae behaal om kleinwolbo­ere se inkomste aanmerklik te verhoog deur opleiding om

die gehalte en voorbereid­ing van hul wol te verbeter.

Die volume wol wat dié boere in die afgelope seisoen deur die veilingste­lsel bemark het, het met 24,5% tot 4,46 miljoen kg teenoor die vorige seisoen gestyg. Die waarde van die wol wat verkoop is, het met 78,5% tot R233,6 miljoen toegeneem. Dit kan aan die verhoogde produksie en hoër wolpryse toegeskryf word.

Altesame 150 gemeenskap­pe het tot wolproduks­ie toegetree. Dit het

die bestaande aantal tot digby 1 400 gemeenskap­pe verhoog. Dit beteken daar is nou nagenoeg 40 000 individuel­e kleinwolbo­ere.

“Die opleiding van nuwe toetreders is uiters belangrik. Ons het die kundigheid en kan die landboukol­leges bystaan om kursusse saam te stel. Wolproduks­ie kan ’n groot impak op die maatskapli­ke toestande in landelike gebiede hê en in ’n groot mate bydra om die inkomste van landelike gemeenskap­pe te verbeter,” sê De Beer.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa