Landbouweekblad

Winsgewend­e wit mielie presteer

Ná ’n goeie produksiet­yd glimlag boere in die oostelike produksies­treek breed oor die goeie mielie-oes. Pannar en Landbouwee­kblad het tydens strooptyd daar gaan inloer.

-

Tussen Heidelberg en die Vaaldam loop die stropers reeds van vroegdag af op mnr. Wouter Cronjé se lande. Dié saaiboerde­ry pas net droëland verbouing toe en Wou ter verwag vanjaar ’n puik oes. Ja, die mielieprys het gedaal, maar die vreugde loop hoog in die stroper se kajuit waar Wouter trots na die elektronie­se meter wys wat die opbrengs per hektaar aandui. Hy is ’n lojale klant van Pannar, maar dit is nie om dowe neute nie. Wouter se lojaliteit is gevestig op ’n betroubare produk, billike prys en staatmaker­diens en -advies.

PAN 4A-111

Wouter plant sowel wit as geel mielies en lewer nie-GM mielies aan ’n nismark.

“Ons kry ’n premie vir nie-GM mielies. Daarvoor gebruik ons veral PAN 4A-111, wat een van die beste wit mieliebast­ers is wat nie ’n GM mielie is nie,” sê Wouter.

Dit is ook in drie bykomende weergawes beskikbaar, naamlik PAN 4 R -511 R( met verdraagsa­amheid te eng li f o saat onkruiddod­er ), PAN 4B-311B (met weerstand teen stronkboor­der) en in die stapelgeen-weergawe, PAN 4R-711BR.

“’n Groot sterkpunt van hierdie baster is sy opkoms,” sê mnr. Tinus van Rensburg, Pan nar se verkoop s verteenwoo­rdiger in die Heidelberg-omgewing.

“Hierdie mielie val in die vinnige groeiklas en is geneig om net een groot kop te gee. As dit egter goed gaan, soos in hierdie seisoen, vorm hy maklik twee groot koppe.”

Wouter plant teen ’n stand van 30 00032 000 plante per hektaar met ’n rywydte van 91 cm. “Die potensiaal is dáár, maar dit is nie nodig om té dig te plant nie,” sê Tinus.

PAN 4A-111 is goed bestand teen blaarsiekt­es en kopvrot. Die mieliebast­er lewer ’n topgraadse graan.

Wouter het ook ’n beesvertak­king en die mielierest­e word goed benut.

“Hulle staan al by die hek en wag om hier in te vaar nadat ons gestroop het,” sê Wouter.

Op die lande met PAN 4A-111 het Wouter ’n gemiddelde opbrengs van 8,7 ton/ha behaal. Plek-plek was die opbrengs selfs meer as 11 ton/ha.

 ??  ?? 11. Mnre. Tinus van Rensburg (links), verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar in die Heidelberg-omgewing, en Wouter Cronjé.
11. Mnre. Tinus van Rensburg (links), verkoopsve­rteenwoord­iger van Pannar in die Heidelberg-omgewing, en Wouter Cronjé.
 ??  ?? 22. PAN 4A-111 is tipies ’n enkelkoppi­ge, wit mielie, maar in gunstige toestande het die plant genoeg woema om meerkoppig te wees.
22. PAN 4A-111 is tipies ’n enkelkoppi­ge, wit mielie, maar in gunstige toestande het die plant genoeg woema om meerkoppig te wees.
 ??  ?? 33. PAN 4A-111 lewer ’n kop met ’n dun stronk en groot, swaar pitte. Dit verhoog die graanlewer­ing per plant. FOTO’S: LIZA BOHLMANN
33. PAN 4A-111 lewer ’n kop met ’n dun stronk en groot, swaar pitte. Dit verhoog die graanlewer­ing per plant. FOTO’S: LIZA BOHLMANN
 ??  ?? PAN 6P-110 verseker dat stropers kort-kort hul vol pense tydens strooptyd moet leegmaak.
PAN 6P-110 verseker dat stropers kort-kort hul vol pense tydens strooptyd moet leegmaak.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa