Landbouweekblad

Boer bou hidroulies­e skuurdeur sonder ingenieurs­hulp

As ’n boer se werktuie bonkig is en hy nie wil sukkel met die dubbele spore van ’n skuifdeurk­onstruksie nie, hou hy sy lyf ingenieur en bou self ’n hidroulies­e skuurdeur, waarskynli­k ’n nuutjie in die Wes-Kaap.

- Mnr. Junior Herholdt voor die deur wat heeltemal oopgemaak is. Hy verduideli­k dat die groter deur dit aansienlik makliker maak om sy masjinerie te bêre

Mnr. Junior Herholdt van die plaas Uitkyk naby Philadelph­ia skroom nie om sy ingenieurs­vernuf op sy plaas in te span en werktuie, soos planters, te bou nie. Toe hy ’n nuwe skuur wou aanbou, het hy besluit om voorsienin­g te maak vir ’n groter ingang vir sy graanwerkt­uie. Junior, wat met koring, skape en druiwe boer, het besluit om self’ n hidroulies­e staaldeur van 12 m x 4,5 m te ontwerp en te bou. Volgens hom is dit die voor die hand liggende oplossing omdat hy nie wou sukkel met skuifdeurs­pore nie.

“As ek op skuifdeure besluit het, sou ek vier skuifdeure van 3 m elk moes opsit. Daarvoor was dubbele spore nodig en ek het nie kans gesien vir daardie konstruksi­e nie.

“Volgens die Amerikaner­s sal die hidroulies­e deur minder instandhou­ding verg as skuifdeure met rollertjie­s.”

Heel beskeie oor sy handewerk. wat eint- lik uit nuuskierig­heid gebore is, verduideli­k Junior: “Dis eintlik maar net ’n hangar-deur, net sonder ’n vliegtuig.”

INTERNET-INGENIEUR

Sonder die hulp van ’n ingenieur het hy die hidroulies­e deur danksy navorsing op die internet begin beplan. “Planne wat op die internet beskikbaar is, is taamlik volledig. Jy kry ook raad oor mates, hoe om die struktuur op rig en watter soort kragte op die deur inwerk.”

Sekere aspekte moes hy egter self bereken, soos die dikte van sekere materiale en die kragte en teenkragte wat op die deur se raamwerk inwerk.

Tydens sy navorsing het hy veral opgelet na die foute wat gemaak is, soos materiaal wat te swak is en skarniere waarvan die aanhegting te swak is.

BOUWERK EN MATERIAAL

Die deur bestaan uit ’n raamwerk van vier-

kantpyp van 50 mm by 100 mm. Dit is later met IBR-sinkplaat bedek.

Aan die bokant is die raamwerk met ses skarniere aan die staaldeurk­osyn geheg. Die kosyn en vertikale kolomme is gemaak van I-vormige staalbalke wat aan die een kant met 5 mm-staalplaat toegesweis is. Die twee hidroulies­e arms is aan vertikale kolomme aan die kant van die deur geheg. “Die deur hang dus basies bo-aan die raamwerk aan skarniere en die hidroulies­e silinders druk dit van binne oop.”

Een van die senutergen­dste oomblikke was om te toets of die deur, die hidroulies­e oopdrukker­s en die kosyn in mekaar pas. “Gelukkig het al die berekening­e mooi geklop,” sê Junior.

Hy sê een van die vereistes was dat die deur buigbaar moet wees. “’n Onbuigsame voorwerp sal maklik breek. Daarby moet dit taamlik lig wees sodat die hidroulies­e pompe die deur sonder moeite kan opdruk.”

Die deur word deur ’n hidroulies­e kragvoeree­nheid aangedryf. In die geval van ’n kragonderb­reking kan dit met ’n trekker se hidroulies­e aandrywing oopgemaak word. Daar is ook veiligheid­skleppe wat keer dat die deur val indien ’n pyp bars. Junior skat die deur weeg sowat 750 kg. ’n Faktor wat Junior in berekening moes bring, is die wind. “Die mense vra wat gaan die wind met hom maak. Maar ek het as jong man ge-windsurf, en as die deur horisontaa­l gehou word, sal die wind niks aan hom doen nie.”

Volgens Junior was die grootste aanpassing dat jy moet kophou dat daar nie ’n swaar voorwerp of voertuig voor die deur moet staan as dit oopgaan nie.

Die deur het sowat R50 000 gekos (arbeidskos­te uitgesluit).

VOORDELE

Die hidroulies­e skuurdeur verg minder instandhou­ding as ’n skuifdeur, meen Junior. “Dit loop nie op ’n spoor wat deur swaar masjinerie verniel word nie en dit kan ook nie vashaak as daar ’n klip in die spoor beland nie,” sê Junior.

Boonop dien dit as ’n afdak in die warm somermaand­e en maak dit oop met die druk van ’n knoppie.

Hy meen ook ’n hidroulies­e deur sal lekker werk in ’n voerskuur en makliker toegang vir laaigrawe bied. “Dit gaan beslis tydens oestyd makliker wees om koring met laaigrawe te laai.

“Verder is dit lekker as die bek van jou skuur so lekker oop en wyd is. Nou kan ek my planter oopmaak en instoot en binne-in die skuur toevou. Al die stropers gaan ook maklik in.”

 ??  ??
 ??  ?? 2. Junior het die deur van 12 m x 4,5 m pasklaar vir die grootte van die skuur gebou.
2. Junior het die deur van 12 m x 4,5 m pasklaar vir die grootte van die skuur gebou.
 ??  ?? 4. Ses staalverst­erkings van die dak stut die deurkosyn.
4. Ses staalverst­erkings van die dak stut die deurkosyn.
 ??  ?? 1. Met planne van die internet het mnr. Junior Herholdt die hidroulies­e skuurdeur self ontwerp.
1. Met planne van die internet het mnr. Junior Herholdt die hidroulies­e skuurdeur self ontwerp.
 ??  ?? 3. Die deur bestaan uit ’n raamwerk van vierkantpy­p van 50 mm by 100 mm. Dit is later met sinkplaat bedek.
3. Die deur bestaan uit ’n raamwerk van vierkantpy­p van 50 mm by 100 mm. Dit is later met sinkplaat bedek.
 ??  ?? 5. Die skarniere is volgens Junior se spesifikas­ies by die plaaslike koöperasie gebou.
5. Die skarniere is volgens Junior se spesifikas­ies by die plaaslike koöperasie gebou.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa