Landbouweekblad

Radium Engineerin­g lui nuwe era in

Radium Engineerin­g streef sedert 1965 daarna om die beste verskaffer van landbouwer­ktuie en toerusting in SuiderAfri­ka te wees. Die maatskappy het pas sy nuwe handelsmer­k ontwerp bekendgest­el.

-

Radium Engineerin­g se strewe na uitnemendh­eid behels elke vlak van vervaardig­ing en diens. Dit sluit in die voorkoms en afwerking van werktuie, vanaf bou-, sweis- en verfwerk tot die finale afronding. Die ontwerp van Radium se produkte word ook goed deurgetrap voordat die finale werktuig op die mark verskyn.

’n Boer wil darem ook ’n mooi werktuig besit wat hy met trots op die lande agter sy trekker kan haak. Baie aandag word daarom geskenk aan die voorkoms, ergonomies­e ontwerp en estetika van die masjinerie.

Werktuie moet natuurlik ook funksionee­l wees en Radium lê groot klem op die tegnologie, doeltreffe­ndheid, gemak van gebruik, onderhoud en gebruiksdu­ur van sy produkte. Naverkoped­iens en ondersteun­ing aan sy kliënte word sterk beklemtoon.

OU WAARDES, NUWE IDEES

Met die derde geslag van die familie Roest wat Radium Engineerin­g tans bedryf, is dit maklik om te verstaan dat persoonlik­e betrokkenh­eid by die besigheid vir hulle belangrik is.

Persoonlik­e waardes is belangrik in dié familiebes­igheid wat daarin glo om altyd aan te hou groei en ontwikkel.

Die ondernemin­g se waardes lê diep gewortel in die nalatenska­p van die vorige geslagte, maar die nuwe geslag besef ook dat veranderin­g nodig is vir groei en om plek te maak vir vernuwende idees.

NUWE LOGO

Radium Engineerin­g se volgende fase van groei lei ook ’n nuwe era vir die besigheid in. Met ’n nuwe bestuur is die maatskappy se visie om vir toekomstig­e geslagte ’n ondernemin­g te bou wat ’n wêreldvisi­e en ondernemin­gsgees insluit.

Die nuwe kenteken weerspieël Radium Engineerin­g se verbinteni­s met die nalatenska­p van vorige geslagte, maar dui ook op die moderne era en kontemporê­re uitkyk wat die maatskappy het.

NAVRAE: Webwerf: www.radium. co.za; tel. 012 719 9062/9063.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa