Landbouweekblad

Wenke vir sukses met skape in voerkraal

Weens die kompleksit­eit van faktore wat ’n invloed op lamsvleis-produksie in die voerkraal het, is ’n hoë bestuurspe­il belangrik.

- Dr. Vlok Ferreira is nasionale tegniese bestuurder vir herkouers by Epol en Molatek.

Dit is belangrik om lammers op ’n jong ouderdom te bemark, want hoe ouer die lam word, hoe stadiger neem sy gewig toe. Terselfder­tyd styg die hoeveelhei­d voer benodig vir elke kilogram in gewigstoen­ame.

Die vroeë bemarking van lammers bring mee dat die boer ’n groter aantal aanteelooi­e op die plaas kan aanhou.

Deur lammers vroeg te speen en in die voerkraal af te rond, herwin die ooi ook haar optimale liggaamsge­wig makliker. Dit lei tot verhoogde reproduksi­e.

Vir elke 1 kg wat ooie met paartyd swaarder is, behoort die lampersent­asie met 1-1,5 te styg.

AFRONDING

Die sukses van afronding sal deur die beskikbare geriewe beinvloed word.

Voerkrale moet verkieslik teen ’n helling wees ter wille van drei- nering en die voorkoming van probleme, soos vrotpootji­e.

Die voerkraal moet in ’n oos-wes-rigting wees om die beskikbare skaduwee die beste te benut. In oop krale word ’n ruimte van 1,5 m2 tot 2,5 m2 per skaap benodig.

Met meer as 150 diere per kraal sal die voorkoms van skaamvrete­rs verhoog. Dit sal ook moeiliker wees om indivi- duele diere wat aandag verg, op te spoor.

Ontwerp en plaas voerkrippe só dat die skape of bokke nie binne-in kan klim nie. Dit sal keer dat hulle in die voer mis of urineer.

Plaas die krippe ook só dat die voer nie natreën nie. Hoewel kripspasie van 100 mm per skaap voldoende is, sal spasie van tot 300 mm voordelige­r wees, veral tydens die aanpassing­s tydperk.

MENGINSTRU­KSIES

Maal ruvoer met ’n 12 mm-sif om goeie innames en vermenging te verseker.

Vervang mielies geheel of gedeelteli­k met gars, maar beperk die insluiting van koring en hawer tot 20%.

Rantsoene 1, 2 en 3 is veral geskik vir die maak van voerkorrel­s. Maal ruvoer fyn om die geskikte korrelgeha­lte te verseker en vervang die 40 kg melassemee­l met graan.

Rantsoene 1 en 2 is veral geskik vir jong lamme r sofas aanvang s rantsoene. Di tis belangrik om soveel moontlik smaaklike ruvoer, soos lusern, vir jong lammers te gebruik. Dit is ’n goeie praktyk dat minstens 50% van die ruvoerkomp­onent vanaf ’n smaaklike bron sal wees.

Rantsoen 3 kan as groeirants­oen dien, terwyl rantsoen 4 veral vir ouerskap e of as afrondings rantsoen geskik is.

 ?? FOTO: ARGIEF/ANDRIES GROENEWALD ?? Die noukeurige bestuur van jou skaapkudde kan die optimale liggaamsge­wig van die diere vinniger lewer en sodoende winsgewend­heid bevorder.
FOTO: ARGIEF/ANDRIES GROENEWALD Die noukeurige bestuur van jou skaapkudde kan die optimale liggaamsge­wig van die diere vinniger lewer en sodoende winsgewend­heid bevorder.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa