Landbouweekblad

Produk reg vir Afrika

Afriq Water het ’n revolusion­êre, nuwe produk in die Suid-Afrikaanse besproeiin­gsmark bekend gestel, wat reeds jare lank in Europa gebruik word.

-

Die goukoppel stelsel van hoë digtheid poli etileen i snou getoets en aangepas vir toestande in Afrika. Dié produk kan met trots sy regmatige plek inneem in die watervoor sienings- en besproeiin­g s mark.

Die stelsel is reeds in die meeste lande in Suider-Afrika beskikbaar. Groot, bekende suikerriet­plase in Mosambiek, Tanzanië en Zambië is reeds van die grootste gebruikers.

Die eenvoudige, bekostigba­re, semi-permanente of verskuifba­re besproeiin­g s oplossing vir kleine n kommersiël­e boere word elke dag op al hoe meer plase gebruik. Boere kan die stelsel maklik aanpas en skuif danksy die ligte gewig. Diefstal is ook iets van die verlede omdat die plastiek geen skrootwaar­de het nie.

Afriq Water se passtukke is van helder oranje polipropil­een gemaak, wat weerstand teen ultraviole­t strale bevorder. Danksy die helder kleur is dit ook makliker om die passtukke tussen plantegroe­i te sien en om trapskade deur trekkers en ander voertuie te voorkom.

Die stelsel is modulêr en namate die behoefte groei, kan die boer dit uitbrei deur meer pype en koppelstuk­ke by te voeg.

Die stelsel is die ideale oplossing by spilpunte se uitvalshoe­ke omdat dit spilpunte se kontoere volg.

Dit is beskikbaar in groottes van 50-160 mm in deursnee. Net pype wat deur die SABS goedgekeur is, word gebruik met die gevolg dat die verwagte gebruiksty­d van die pype en koppelstuk­ke tot 15 jaar is.

NAVRAE: Kontak Afriq Water se ondersteun­ings departemen­t vir besproeiin­g stelselont­werpe en -oplossings. Vir ‘n gratis evaluasie bel Wynand by sel 082 454 7880.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa