Landbouweekblad

Spoed op die land

Die moontlikhe­id van goeie oeste het ’n groot invloed op AgriCAD se verkope gehad en tot ’n rekordjaar gelei.

-

Die kunsmistap­kar is ’n belangrike werktuig omdat dit kunsmis vinnig van die stoor na die land neem en doeltreffe­nd in die planters kan oorlaai.

Die kunsmis se vorm moet behou word te midde van die blootstell­ing aan vog en die verpoeieri­ng van die korrels.

AgriCAD het ’n reeks kunsmistap­karre van onderskeid­elik 7 ton, 10,5 ton en 15 ton. Gegalvanis­eerde awegare is ontwerp om die minimum verpoeieri­ng van die korrels te veroorsaak. Die operateur het totale beheer oor die uittapspoe­d by die uittappunt en voorkom só vermorsing.

Grond voorbereid­ing verg deeglike beplanning omdat dié proses gewoonlik meer kilowatts en dus meer diesel vereis. AgriCAD vervaardig ’n reeks skeurploeë wat 450 mm diep werk.

Die gesogte HR061 werk 800 mm diep met ’n hidroulies­e terugskopa­ksie, wat ideaal is om ’n verdigting­slaag maklik op te breek. AgriCAD het ook ’n reeks skottelwer­ktuie met 20 tot 52 skottels en tandem skottelwer­ktuie met 52 tot 96 skottels.

NUUT OP DIE RAK

AgriCAD stel graag sy vloeibare kunsmis toediener bekend. Groot sukses is reeds in proewe in die voorseisoe­n met dié werktuig behaal. Met hierdie werktuig kan vloeibare produkte, soos kunsmis, gifstowwe en kalk, voor en ná planttyd onder- of bogronds toegedien word. Die risiko van kunsmis toediening in die voorseisoe­n word verminder deur monitering van die seisoen se potensiaal sodat die topbemesti­ng aangepas kan word.

Die bandplasin­g van kunsmis verminder verliese vergeleke met die breedwerpi­ge uitstrooii­ng van die produk. Die werktuig het as standaard di eRT K-presisiesa­telliet navigasie stelsel.

Die KT-reeks is beskikbaar in verskeie modelle wat bedoel is vir verskillen­de behoeftes en rywydtes. Boere kan die dubbele tenks van 3 500 liter elk gebruik om een of twee verskillen­de produkte op dieselfde tyd toe te dien waar nodig.

Danksy die ergonomies­e ontwerp het die werktuig ’n klein draaisirke­l en dit hanteer maklik.

Dubbele wiele of hidroulies­e enkel-uitskopwie­le loop in die rye. Met verstelbar­e spuite word die produk regstreeks agter die kouters op die regte diepte in die grond geplaas.

NAVRAE: E-pos: info@agricad. co.za; tel. 086 100 1204.

 ??  ?? Die kunsmistoe­diener van AgriCAD kan vloeibare kunsmis voor en ná planttyd toedien.
Die kunsmistoe­diener van AgriCAD kan vloeibare kunsmis voor en ná planttyd toedien.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa