Landbouweekblad

Wuhlf-klante kry voordeel uit sterker rand

Lesers van Landbouwee­kblad en Landbou.com sou dalk opgemerk het dat Wuhlf die afgelope ruk groot besparings op sy werktuie aandui.

-

So dra die rand-dollar wisselkoer­s, goudprys of brandstofp­rys in die hek duik, weet verbruiker­s hulle moet hul beursies skud om meer vir goedere te betaal. Dit gebeur min dat die verbruiker ’n prysverlag­ing ervaar as die land se ekonomie weer kop optel.

By Wuhlf is dit egter nie die geval nie. Mnr. Johan Grobler, besturende direkteur, sê die gunstiger rand-dollar-wisselkoer­s het dit moontlik gemaak om die pryse van werktuie te verlaag.

“Die landbou het meer as genoeg struikelbl­okke. Terwyl ons as maatskappy nou baat vind by ’n beter wisselkoer­s, kan ons dié voordeel met ons klante deel.”

Die pryse van bykans al die toerusting en werktuie in Wuhlf se reeks produkte het in die afgelope maand of wat gedaal.

Die rand het vanjaar nie soveel slae gekry soos baie mense verwag het nie. Met ’n koers van R12,43 teenoor die Amerikaans­e dollar in Maart vanjaar het politieke opskudding­s, ’n tegniese resessie en afgraderin­gs deur krediet agentskapp­e minder skade aangerig as verwag. Trouens, die rand het laas in Augustus 2015 op min of meer ’n vlak van R12,40 gepresteer.

Di tis goeie nuus vir die vervaardig­ingsektor wat tegnologie en onderdele moet invoer.

Die afgelope twee jaar het die rand erg onder skoot gekom en in Januarie verlede jaar moes ’n mens R16,71 opdok vir een Amerikaans­e dollar.

Vir Johan en sy span by Wuhlf is lojaliteit en eerlike besigheid baie belangrik. “Ons klante is lojaal teenoor ons en daarom is dit soveel te meer belangrik om waar en wanneer ons kan, hulle te laat deel in ons voordeel.”

Die prysaanpas­sing van drie van Wuhlf se gewildste laaigraaf masjiene getuig van die werklike besparing wat dit vir kopers bring.

Mnr. Coert Steenberg, bestuurder by Wuhlf, sê klante kan uitsien na besparings van etlike tienduisen­de rande en noem drie voorbeelde hiervan:

■■Die CL958 Olifant met laaigraaf is die grootste werktuig in die Wuhlf-laaigraafr­eeks en kos gewoonlik R1 138 860. Die nuwe, verlaagde prys is R1020300. Dit is ’n korting van R118 560.

■■’n Besparing van R62 700 geld by die CL935 Renoster met laaigraaf, wat nou slegs R678 300 kos.

■■Die prys van die ML18 Buffel met laaigraaf was R364 800, maar is nou slegs R336 300. Boere bespaar dus R28 500 met hierdie kopie. Hierdie verlaagde pryse is onderhewig aan veranderin­g en sluit aflewering uit.

NAVRAE: Wuhlf se hoofkantoo­r het geskuif na Haakdoornl­aagte 76, Wallmannst­al, Pretoria. Webwerf: www.wuhlf.co.za; tel. 012 548 0321; Coert Steenberg, e-pos: sales@wuhlf. co.za; sel 084 247 0804.

 ??  ?? Spaar R118 560 op die CL958 Olifant met laaigraaf.
Spaar R118 560 op die CL958 Olifant met laaigraaf.
 ??  ?? Die gewilde ML18 Buffel met laaigraaf kos nou R336 300.
Die gewilde ML18 Buffel met laaigraaf kos nou R336 300.
 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Die CL935 Renoster met laaigraaf het R741 000 gekos, maar kos nou R678 300.
FOTO’S: VERSKAF Die CL935 Renoster met laaigraaf het R741 000 gekos, maar kos nou R678 300.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa