Landbouweekblad

’n Leier in tegnologie­se vernuwing

Die landbou is afhanklik van wat die klimaat, natuurlike hulpbronne en produkte bied, maar tegnologie kan oplossings vir probleme verbeter en verfyn.

-

Reeds honderde jare al plant en oes boere met die hulp van beskikbare tegnologie om opbrengs te verhoog en risiko te verminder. Dit is waarom Omnia Nutrilogie® daarna strewe om tegnologie te ontwikkel wat boerderye prakties bystaan om die maksimum wins uit hul insette te verkry.

LABORATORI­UMTEGNOLOG­IE

Omnia Nutrilogie® benut die nuutste tegnologie in sy geakkredit­eerde laboratori­ums van wêreldgeha­lte. Die maatskappy se Chemtech- en Omni Bio™ laboratori­ums het amptelike ISO/IEC 17025-akkreditas­ie. Dit getuig van hul uitstekend­e standaarde en is ’n waarmerk van topgehalte.

Om n i as e laboratori­um tegnologie stel hulle in staat om data uit die veld, soos gronden sapmonster­s, te ontleed en eiesoortig­e, praktiese oplossings vir kwessies op jou plaas te bied.

NAVORSING EN ONTWIKKELI­NG

Omnia Nutrilogie® gebruik vernuwende tegnologie om voortduren­d nuwe produkte, dienste en oplossings na te vors en te ontwikkel. Die maatskappy se laboratori­ums, landboukun­diges en agente gebruik wetenskapl­ik gegronde metodes om data bymekaar te maak, te ontleed en in praktiese oplossings om te skakel. Hy belê in vernuwende oplossings om gewasopbre­ngs te verhoog, boerdery- en omgewingsr­isiko’s te verminder en die ondervindi­ng wat boere met die maatskappy het, te verbeter.

PRESISIEBO ERDERY

Omni Presies® is’ n boerdery bestuurste­lsel wat presisie boerderye n optimale hulpbron bestuur insluit. Dit gebruik fisieke monster neming en afstandswa­arneming om akkurate grond fisies een-chemiese klassifika­sie, asook veranderli­ke toediening­skaarte te skep.

Volhoubare, landboukun­dige strategieë en modelle, soos OmniZone™ en OmniRiskIQ™, is deur die grootskaal­se gebruik van moderne tegnologie ontwikkel. Met OmniZone™ meet opbrengs monitors verskeie parameters en gebruik dan ’n reeks sensors en GPS-tegnologie om hierdie parameters met hul ruim- telike posisie in ’n gegewe land te verbind.

Aangesien opbrengs die produk is van al die invloede op ’n gewas in ’n bepaalde groeityd, kombineer die tegnologie opbrengska­arte van verskeie groeitye in ’n bestuurson­e kaart (OmniZone™) om met verloop van tyd ruimtelike bestuurson­es aan te dui.

Die gebruik van OmniZone™kaarte kan opbrengsmi­k punte vir elke sone bepaal en doeltreffe­nde, doelgerigt­e grondfisie­se regstellin­gs en kunsmis aanbevelin­gs moontlik maak.

OmniRiskIQ™ is ’n ingewikkel­de model wat tegnologie en landboukun­dige kennis integreer om jou te help om die moontlike opbrengs te beraam en moontlike risiko’s in ag neem.

Inligtings kommunikas­ie tegnologie­ë het’ n magdom geleenthed­e vir die boer geskep.

STRATEGIES­E VENNOOTSKA­PPE

Omnia Nutrilogie® verstaan dat strategies­e vennootska­ppe verhoogde waarde aan die boer bied en het daarom ’n vennootska­p met DigiAg™, ’n hoogs tegnologie­se boerdery bestuursto epassing, gesluit.

DigiAg™ stel die boer in staat om reënval te meet en aan te teken; veldwaarne­mings in te lees en te bêre; en alle boerdery-inligting per plaas, land en GPS-ligging vanaf sy slimfoon of tablet te bestuur.

Boere kan hul OmniPresie­s® kaarte en -aanbevelin­gs in die toepassing besigtig en dit met reënval, saad, opbrengs en ander data kruisverwy­s. Dié toepassing is in die Google Play-winkel en op die webwerf DigiAg.co.za beskikbaar.

Reeds meer as 60 jaar ontwikkel en verfyn Omnia Nutrilogie® tegnologie­ë wat die boer help om doeltreffe­nder te boer, risiko te verminder en opbrengs doeltreffe­nd te verhoog.

Deur tegnologie­se vooruitgan­g te benut, kan jy meer bereik.

 ?? FOTO’S: VERSKAF ?? Omnia Nutrilogie® se geakkredit­eerde laboratori­ums van wêreldgeha­lte word deur die nuutste tegnologie aangedryf.
FOTO’S: VERSKAF Omnia Nutrilogie® se geakkredit­eerde laboratori­ums van wêreldgeha­lte word deur die nuutste tegnologie aangedryf.
 ??  ?? Die ontwikkeli­ng en verfyning van tegnologie­ë help die boer om nie net doeltreffe­nder te boer nie, maar dit verminder ook sy risiko en verhoog die opbrengs.
Die ontwikkeli­ng en verfyning van tegnologie­ë help die boer om nie net doeltreffe­nder te boer nie, maar dit verminder ook sy risiko en verhoog die opbrengs.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa