Landbouweekblad

Slimfoon tegnologie vir slimmer besproeiin­g

Besproeiin­gsteg nologie bring nie net ’n kostebespa­ring vir die boer nie, maar help om water as kosbare natuurlike hulpbron beter te bestuur. Die Israeliese maatskappy Galcon het net die antwoord.

-

Galcon het op die Nampo-Oesdag uitgestal en groot belangstel­ling gewek by boere wat die noodsaakli­kheid van presiese beheer oor besproeiin­gswater insien.

Mnr. Mike Yaniv, internasio­nale verkoopsbe­stuurder by Galcon, het uit Israel gekom om die skou te besoek. Hy sê Galcon se tegnologie vergemakli­k die beheer van besproeiin gstelsels, sowel as die toediening van kunsmis en middels vir plantbeske­rming saam met water.

Plaaslik werk die maatskappy saam met Agriplas en Vredendal Irrigation om sy produkte te versprei en te installeer.

“Galcon se besproeiin­gs kontroleer­ders werk op ’n eenvou- dige manier wat maklik is om te verstaan. Die gesofistik­eerde tegnologie agter dié webgebasee­rde besproeiin­g sbeheer kan deesdae ook vanaf jou slimfoon of rekenaar gebruik word, solank jy net internetto­egang het,” sê Mike.

Hierdie tegnologie word reeds goed in Suid-Afrikaanse wingerde gebruik. Galcon se G.S.I. Vigne-stelsel maak dié slim besproeiin­g moontlik. Dit gee die boer maklike beheer oor die optimalise­ring van water- en kunsmist oediening en is al sowat 2½ jaar in Israel beskikbaar.

“Wat my opgewonde maak van ons slimfoonbe­heer paneel, is dat die boer dit in sy sak kan ronddra. Jy kan die toepassing op enige plek gebruik waar ’n internetv erbinding is om pomp- stasies, kleppe en die toediening van kunsmis te beheer. As daar iets fout is, stuur die stelsel vir jou ’n boodskap. Jy kan ook die status van besproeiin­g dophou en verstel en duidelik sien wat die vloeitempo is,” sê Mike.

“Ek glo enigeen sal hierdie toepassing maklik kan baasraak. Ek is ’n doodgewone boer en vir my was dit belangrik dat die stelsel eenvoudig en verstaanba­ar is. Die ‘speel’- en ‘stop’-knoppies lyk presies soos dié op enige elektronie­se of digitale toestel.”

Hy demonstree­r ook gou op sy slimfoon hoe maklik dit is. Selfs vir ’n leek is dit duidelik dat die een kraan oop is en hoe die vloeimeter die besproeiin­g svolume aandui.

“Hier is my kweekhu istonnels in Israel se besproeiin gstelsel,” sê hy en wys na die beheerpane­el op sy slimfoon.

“Ons sit nou hier op Nampopark en ek kan die besproeiin­g sonder probleme beheer.”

SLIM BESPROEIIN­G

Slimfoonto­ep assings soos hierdie is nie uniek nie, maar die manier waarop Galcon die funksie vereenvoud­ig het, wys die maatskappy verstaan sy mark.

“Ons doen al 35 jaar lank sake en is kenners op die gebied van besproeiin­gsk ontroleerd­ers en klimaatbes­tuur in kweekhuise. Monitering-, beheer- en kommunikas ietegnolog­ie is baie belangrik in ons bedryf.”

Mike sê die tegnologie behels geen bykomende koste nie.

“As jy ons toerusting koop, is die toegang tot die toepassing gratis. Jy moet net seker maak jy het opvangs en genoeg data op jou slimfoon, tablet of rekenaar.”

WATER, TYD, MOEITE

Hoekom moet ’n mens ’n digitale waterbehe erstelsel gebruik?

Mike sê gebruikers van hierdie stelsels is baie meer bew us van wat met hul besproeiin­g en kunsmisto ediening aangaan.

“Jy hoef nie meer ’n kraan oop te draai nie. Jy kan ook nie daarvan vergeet nie, want die stelsel waarsku jou. Dit is makliker om oor- of onderbes proeiing te voorkom en die vermorsing van water en chemikalie­ë word grootliks uitgeskake­l.”

Nog ’n voordeel is dat jy of ’n werknemer nie na die beheerpunt toe moet gaan om besproeiin­g aan of af te skakel nie. Dit bespaar tyd, arbeid en is ook ’n baie veiliger opsie, veral waar besproeiin­gs punte afgeleë is of waar besproeiin­g snags moet geskied.

Mike sê tegnologie is só gevorder dat selfs nog noukeurige­r monitering en bestuur moontlik is. Só sal toekomstig kommersiee­l beskikbare stelsels toelaat dat reënsensor­s, weerstasie­s en grondvogme­ters ook met die rekenaarpr­ogram “gesels” om besproeiin­g nog verder te optimalise­er.

 ?? FOTO’S: LIZA BOHLMANN ?? Die droogte byt hard in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap. Vir boere wat staatmaak op besproeiin­g vir winsgewend­e produksie, is elke druppel water belangrik.
FOTO’S: LIZA BOHLMANN Die droogte byt hard in die Wes-, Noord- en Oos-Kaap. Vir boere wat staatmaak op besproeiin­g vir winsgewend­e produksie, is elke druppel water belangrik.
 ??  ?? Mnr. Mike Yaniv, internasio­nale verkoopsbe­stuurder by Galcon, demonstree­r hoe maklik dit is om die slimfoonto­epassing te gebruik.
Mnr. Mike Yaniv, internasio­nale verkoopsbe­stuurder by Galcon, demonstree­r hoe maklik dit is om die slimfoonto­epassing te gebruik.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa