Landbouweekblad

QUINTIS BEZUIDENHO­UT

-

Quintis Bezuidenho­ut van Bo-Kloof in die Baviaanskl­oof sê die sleutel tot ’n byeboer se sukses is goeie beplanning, harde werk en ’n liefde vir sy bye. Waar kom jou belangstel­ling in byeboerder­y vandaan? Seker uit my liefde vir die natuur en die veld, en as ’n mens in dieselfde asem ’n paar rand kan maak, is dit mos ’n goeie ding! Ek is nou al sowat 20 jaar lank besig met die bye. Vertel meer van jou boerdery? Ons boer in die Baviaanskl­oof met groentesaa­d, vee en heuning. Ek het sowat 400 korwe, waarvan ek multiflora-(’n verskeiden­heid plante, soos vygies, struike, wildepruim­e, ghwarries en aalwyne) en fynbosheun­ing maak. Ons is ’n bietjie afgeleë om korwe aan boere te verhuur vir bestuiwing­s doeleindes, maar ek help hier en daar ’n vriend. Hoeveel heuning lewer ’n swerm? Bye is baie afhanklik van reën en heuningpr oduksie hang daarom af van reënval. ’n Swerm se produksie kan wissel van niks, tot sowat 40 kg per korf in ’n baie besonderse jaar. Dis hoekom ons heuning so duur is. Mense besef nie altyd dat die droogte ook byeswerms onder druk plaas nie. Watter invloed het dit gehad? Dis nou al die tweede jaar dat ons droë toestande ervaar en ons bye kry baie swaar. Die onlangse groot brande in die Suid-Kaap het ons bye verder onder druk geplaas. Daar was ouens wat al hul swerms verloor het. Ek glo bestuiwing gaan vorentoe selfs ’n groter probleem raak. Hoekom is bye so ’n belangrike deel van die ekostelsel? Baie gewasse is afhanklik van bestuiwing en as die bytjies gaan wegraak, gaan ons mense nie oorleef nie. Byebevolki­ngs is wêreldwyd onder druk, maar wat is plaaslike byeboere se grootste uitdagings? Miere en ratels, daarom moet jy mooi kyk na die plasings van jou korf. Diefstalen­v andalismer­a akookd ielaastety­d’ngr ootproblee­m. Siektes, soos Amerikaans­e vuilbroed, is baie omstrede. Die oordeelkun­dige gebruik van spuitstoww­e is ook noodsaakli­k. Hoekom is dit belangrik om natuurlike, rou heuning te koop? As jy goeie heuning wil koop, kies eerder eg Suid-Afrikaanse heuning. Sekere ingevoerde heuning is amper nie eens heuning nie, want dit word vermeng met suikerstro­pe en allerhande byvoegings.

 ??  ?? Quintis en Anina Bezuidenho­ut
Quintis en Anina Bezuidenho­ut
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa