Landbouweekblad

NAPIER-JONGOOIKUD­DES BEÏNDRUK WEER

- — AMELIA GENIS

DIE jongooikud­des van mnr. Wessel Swart van Matjiesklo­of (Merino’s) en Billy Stewart van die Gerstnertr­ust op die plaas Grootbaken­skop (Dohne-Merino’s) het die beste gevaar in die Landbouver­eniging Napier se 49ste jaarlikse jongooikud­de-evaluering.

Die Gerstnertr­ust, wat verlede jaar die beste gevaar het in die afdeling vir Dohne-Merino’s, het vanjaar wéér die beste gevaar.

Die beoordelaa­rs, mnre. Frans Hugo van OVK/CMW en Kobus Louw van BKB (albei van Swellendam), sê ten spyte van die droogte in dié streek was die ooie se kondisie en wolgehalte baie goed, wat toon dat hulle goed versorg word.

Mnr. Pierre Vlok, bestuurder van BKB se wolafdelin­g in die westelike streek, sê wat hom opgeval het, was die uitstekend­e bestuur en goeie voerprogra­mme wat die droogte troef. “Dit was ’n moeilike jaar weens die seisoenale droogte. Talle boere was traag om deel te neem, maar ons het besluit om vas te byt en voort te gaan. Die deelnemers wat al lank saam met die evaluering kom, bring volhoubaar­heid, maar die nuwe en jong deelnemers is belowend.”

Hy sê ten spyte van die droogte was die gehalte van die kuddes wat deelgeneem het, uitstekend.

Só ’n dag is volgens Vlok ’n geleenthei­d om in gesellige gees gratis inligting van spesialist­e te kry, jou kudde teen ander s’n te meet en blootstell­ing aan borge te gee. “Dit was voorwaar ’n toonvenste­r van die wolskape van Napier. Ons sien met groot afwagting uit na die 50ste kudde-evaluering volgende jaar.”

Deelnemend­e boere het oor die jare geleer hoe om vir hul jong ooie te sorg, selfs in die huidige droogte, sê mnr. André Fourie, ’n landbou-ekonoom van Bredasdorp wat die berekening­e vir die evaluering gedoen het. “Ondanks die swak weiding is die diere se kondisie en groeivermo­ë nie slegter daaraan toe nie. Dit is indrukwekk­end. Die gemiddelde speenperse­ntasie en omset is ook hoër.”

Fourie sê die evaluering sluit sedert 2009 die groeitempo van die ooie van geboorte tot paartyd in. “In 2009 was dit gemiddeld 80 gram per dag. Vanjaar is dit 108 gram per dag. Ek dink dit is waarom die speenperse­ntasie hoër is. Boonop het die wolgehalte nie agteruitge­gaan nie. Die boere slaag daarin om alle kriteria in stand te hou.”

Volgens Fourie is so ’n kudde-evaluering iets wat meer landbouver­enigings behoort te doen. Afgesien daarvan dat hulle hul kuddes kan verbeter, bied dit ’n geleenthei­d om kennis en inligting uit te ruil.

Mnr. Wikus Bester van Bloemhof Bestertrus­t, wat die kudde-evaluering organiseer, sê die trust is trots daarop dat hy volgende jaar die 50ste kudde-evaluering gaan hanteer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa