Landbouweekblad

WÊRELD SMAG NA SA SE BOERBOKKE, SÊ BEOORDELAA­R

- — CORELI ROOS

“DIE wêreld smag na ons teelmateri­aal,” het mnr. Johan Strauss van die plaas Bultfontei­n, Philippoli­s, aan Landbouwee­kblad gesê. Strauss was onlangs die tweede Suid-Afrikaanse Boerbokbeo­ordelaar om dié ras op ‘n skou in Brittanje te gaan beoordeel.

“Die gehalte in Brittanje is nog nie baie goed nie en baie ver agter dié van Suid-Afrika. Daar is egter een of twee telers wie se diere heelwat beter as die res is,” het hy gesê.

Strauss het Boerbokke op vanjaar se Royal Three Counties-landbousko­u op Malvern op die Engelse platteland beoordeel. Dié skou is elke dag deur ongeveer 25 000 mense besoek. Strauss sê daar word geskou “met byna als wat lyk of dit met die landbou te doene het”.

Strauss, self ’n Boerboktel­er, het ná die skou seminare in Engeland aangebied. “Dit was in die vorm van ’n junior kursus, net sonder die eksamen,” sê hy. Hy het dit onder meer gegrond op die rasstandaa­rde van die SA Boerbok, die ras se ontstaan en hoekom daar sekere rasstandaa­rde is. Tot 60 kommersiël­e telers en belangstel­lendes het dit oor twee dae bygewoon.

Tans voer die Britte Boerbokke uit Australië in. Strauss is onseker van waar hulle hul eerste Boerbokke in 1987 ingevoer het. “Weens Suid-Afrika se veterinêre beheer wat nie voldoen aan invoerland­e se standaarde nie en siektes, soos bek-en-klouseer en bloutong, het Suid-Afrika tans met min lande ’n protokol om diere te kan uitvoer.” Boerbokke is baie aanpasbaar en aard goed in Brittanje. “Tydens die koue winters word hulle die meeste van die tyd in skuilings aangehou.”

Strauss sê die Britse boere kan na die Europese Unie (EU) uitvoer, terwyl die EU se gesondheid­sregulasie­s talle lande beperk om dit te doen. “Benewens ’n groot binnelands­e mark, het die Britte ’n groot uitvoermar­k na die EU. Aangesien die Boerbok die beste vleisbok ter wêreld is, gebruik die Britte ook Boerbokram­me om ander bokrasse te verbeter, of vir kruistelin­g met byvoorbeel­d melkbokke om beter vleisbokke aan die slagmark te voorsien.”

 ?? FOTO:VERSKAF ?? Boerbokke word op die Royal Three Counties-landbousko­u op Malvern, Brittanje, beoordeel.
FOTO:VERSKAF Boerbokke word op die Royal Three Counties-landbousko­u op Malvern, Brittanje, beoordeel.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa