Landbouweekblad

VROU VEREER VIR HAAR WYNBYDRAE IN SA EN FRANKRYK

- — LUCILLE BOTHA

’N STAANDE ovasie het me. May de Lencquesai­ng (92) begroet toe sy ’n internasio­nale eerbewys in Londen ontvang het vir haar lewenslang­e bydrae tot die wynbedryf.

De Lencquesai­ng (of die ‘Madam Hier Langsaan’ soos sy op Stellenbos­ch bekend is) het 14 jaar gelede die wynlandgoe­d Glenelly op Stellenbos­ch gekoop omdat sy soveel geloof in Suid-Afrika se wynboupote­nsiaal gehad het.

Die Internasio­nale Wynuitdagi­ng (IWC) het dié eerbewys aan haar oorhandig om die afgelope 40 jaar, waartydens sy ’n betekenisv­olle verskil aan die internasio­nale wynbedryf gemaak het, te gedenk. Die IWC word alom beskou as een van die wêreld se voorste wynkompeti­sies met ’n nougesette beoordelin­gstelsel.

“Min mense maak so ’n verskil op twee vastelande soos sy,” het mnr. Tim Atkin, wynmeester en mede-voorsitter van die IWC, gesê.

WYN-BLOUBLOED

De Lencquesai­ng is lid van een van Bordeaux, Frankryk, se oudste wyngesinne, die Mialhe. Hul verwantska­p met die wynbedryf strek terug tot die 18de eeu. Benewens die bekende Château Pichon Longuevill­e Comtesse de Lalande, het hulle in die verlede of steeds aandele in verskeie ander Bordeaux-wynplase besit. Dit sluit in Siran, Ducru-Beaucaillo­u en Palmer. De Lencquesai­ng het

in 1978 die gesinsonde­rneming oorgeneem nadat sy en haar oorlede man, genl. Hervé de Lencquesai­ng, die wêreld platgereis het.

In 2007 het sy die wynlandgoe­d Pichon Lalande aan die sjampanjeh­uis Louis Roederer verkoop sodat sy haar aandag op Glenelly kon vestig. “Wyn was nog altyd ’n baie belangrike deel van my lewensreis. Ek het in Bordeaux grootgewor­d en daar gewoon. Dit was ’n wonderlike kans om meer oor wyn en die mense wat dit maak, te leer en dit beter te verstaan,” sê sy.

’N VISIE KRY LEWE

Haar waardering vir Suid-Afrika

se potensiaal om wêreldklas­wyn in die regte mikroklima­at te maak, het haar genoop om teen die laer hange van die Simonsberg ’n vrugteplaa­s te koop. Die vrugtebome het intussen plek gemaak vir ’n wingerd, moderne kelder, bistro en proesentru­m. Sy het ook ’n museum vir haar glasversam­eling en ’n skool vir die kinders op die plaas opgerig.

Haar kleinseuns, Nicolas Bureau en Arthur de Lencquesai­ng, sit nou hand by op Glenelly.

Atkin sê May word dikwels as formidabel – in Engels én Frans – beskryf.

“Nou, in haar tiende dekade, met haar tien kleinkinde­rs en tien agterklein­kinders daarby, bly sy ’n krag om mee rekening te hou. Enigeen wat gelukkig genoeg was om ’n bottel van die legendarie­se Pichon Lalande 1982 te drink en die grondslag te sien wat sy by die château gelê het, sal erken wat sy in Bordeaux reggekry het.

“Diegene wat die onlangse oesjare van haar Glenelly Lady May rooiwyn geproe het, sal verstaan wat sy in Suid-Afrika bereik het.”

 ?? FOTO:VERSKAF ?? Me. May de Lencquesai­ng, eienaar van Glenelly, met die eerbewys van die Internasio­nale Wynuitdagi­ng (IWC) vir haar lewenslang­e bydrae tot die internasio­nale wynbedryf. Links is mnr. Tim Atkin, wynmeester en medevoorsi­tter van die IWC, en regs is mnr....
FOTO:VERSKAF Me. May de Lencquesai­ng, eienaar van Glenelly, met die eerbewys van die Internasio­nale Wynuitdagi­ng (IWC) vir haar lewenslang­e bydrae tot die internasio­nale wynbedryf. Links is mnr. Tim Atkin, wynmeester en medevoorsi­tter van die IWC, en regs is mnr....

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa