ARTIKELS & RUBRIEKE Briewe
In die produksiejaar 2015-’16 is in die hele mielieproduk siegebied ’n omvattende opbrengsko mpetisie gehou om te bepaal watter boer die beste opbrengs in ’n spesifieke streek kon behaal. Interessante resultate is met mielies op droëland behaal, soos hieronder aangetoon sal word.
In die artikel “Graan: Mik na 15 ton mielies/ha met holistiese benadering” (LBW , 9 Junie 2017) word breedvoerig berig oor die wenner van die Weeg en Wen-kompetisie in die oostelike produksiegebied. Insiggewende en omvattende gegewens word aangebied, waarvan veral die bemestings program aandag trek. Aangesien bemesting die grootste enkele uitgawe vir die Suid-Afrikaanse mielieboer is, is dit belangrik om dié koste-aspek van naderby te bekyk.
Die opbrengs in dié besondere geval was sowat 13,6 t/ha. ’n Ander boer wat ook aan die kompetisie in die oostelike gebied deelgeneem het, het ’n meer beskeie 10,8 t/ha geoes met ’n ander misstofinset.
Kom ons vergelyk nou die koste van misstof – stikstof (N), fosfaat (P) en kalium (K) – in die twee gevalle om daarvolgens vas te stel watter opbrengs die mees- te geld in die sak gebring het.
’n Eenvoudige berekening –mielie-inkomste minus misstofkoste – vir die twee gevalle het ’n duidelike prentjie na vore gebring wat in GRAFIEKE 1-4 getoon word. Let daarop dat die rooi stawe deurgaans op die wen-oes (13,6 t/ha) met die toediening van 432 kg NPK per ha dui, terwyl die blou stawe die meer beskeie oes (10,8 t/ha) met die toediening van slegs 110 kg NPK/ha verteenwoordig. Voorts moet die leser daarop let dat met “wins” hier bedoel word wins bo misstofkoste.
Uit die grafieke is dit duidelik dat die grootste oes nie die boonste posisie kon handhaaf ten opsigte van wins en rendement nadat die misstofkoste in berekening gebring is nie.
Die meer beskeie oes het sowat R3 936/ha beter presteer wat wins betref ( GRAFIEK 3 ), en die opbrengs in rand vir elke rand wat aan NPK bestee is (rendement), was sowat vyf keer beter as vir die wen-oes ( GRAFIEK 4 ).
’n Verdere berekening toon onteenseglik dat die meer beskeie oes tot so laag as 8,6 t/ha kan daal, waarna die twee oeste dieselfde winsmarge toon, maar die meer beskeie oes het steeds ’n rendement voordeel van 3,9 teenoor 1,03.
Onthou dat die ander insette nog verhaal moet word. Dit wat in die sak oorbly, raak dan maar beroerd, veral by die wen-oes.
Hou verder in gedagte dat die insetrisiko by droëlandsaaiery in Suid-Afrika so laag moontlik gehou moet word. Die klimaat is absoluut oorheersend.
Die leser moet maar self besluit: Winsbeker of opbrengsbeker? DR. GAWIE DU TOIT Brief per e-pos ontvang. BARBRA MUZATA, bestuurder van kommunikasie en bedryfsake by DuPont Pioneer, antwoord: DuPont Pioneer moedig boere deur sy opbrengsko mpetisie aan om vernuwende bestuurspraktyke te aanvaar en sodoende die hoogste moontlike opbrengste te behaal en maniere te ondersoek om opbrengsgroei te versnel. Dit berus by die boer om kundiges se raad te volg en die aanbevole moderne boerderyinsette te gebruik om daardie opbrengsp otensiaal te ontsluit.