Landbouweekblad

SPESIAAL Vroue in die landbou

Menige verslaggew­er wat die hoofstroom­media vir die landboujoe­rnalistiek verruil, verlaat nooit weer dié nis nie. Só het me. Magda du Toit, voorsitter van Landbouskr­ywers SA en Monsanto se bestuurder van korporatie­we skakeling en kommunikas­ie, ook vir ewi

-

Die toeval het ’n roeping het geword, sê me. Magda du Toit. Sy werk al 30 jaar as joernalis en skakelbeam­pte, waarvan omtrent die helfte van die tyd in die landboubed­ryf se kommunikas­iekringe. Sy is al 17 jaar in diens van die biotegnolo­gie-en-saadmaatsk­appy Monsanto Suid-Afrika.

Dié Pretoriane­r het haar loopbaan as joernalis by ’n platteland­se koerant in Bela-Bela begin nadat sy die graad B.A. in kommunikas­iekunde aan die voormalige Potchefstr­oomse Universite­it behaal het. Sy het ook ’n nagraadse diploma in bemarkings­bestuur aan Unisa verwerf.

Magda is met Neels getroud. Hulle het ’n dogter, Elriëtte, en ’n seun, Cornel.

Van die gemeenskap­skoerant is sy as joernalis na die Departemen­t van Landbou. Later was sy redakteur van die weeklikse departemen­tele nuusbrief. Só het sy vir die eerste keer betrokke geraak by die Landbouskr­ywers SA, die bedryfslig­gaam vir landboujoe­rnaliste in die land.

“Ek vind my toe só tuis in die landbou-omgewing dat ek nog nooit regtig daaraan gedink het om in ’n ander bedryf te gaan werk nie,” sê sy.

LANDBOUSKR­YWERS

Magda is die afgelope agt jaar die nasionale voorsitter van die Landbouskr­ywers SA, wat al jaar 40 jaar bestaan.

Die Landbouskr­ywers SA se eerbewyse aan die Boer van die Jaar en die Landboukun­dige van die Jaar is ’n jaarlikse hoogtepunt op die landboukal­ender. Op dieselfde geleenthei­d word die Landboujoe­rnalis en Landboufot­ograaf van die Jaar ook aangewys.

“Ons vereer graag die mense in die bedryf wat ambassadeu­rs is vir die landbou, hetsy as boere, landbouken­ners of joernalist­e.”

Suid-Afrika was vanjaar in April die gasheerlan­d van die Internasio­nale Federasie vir Landboujoe­rnaliste (IFAJ) se jaarlikse kongres en landboutoe­r. Suid-Afrika is die enigste land in Afrika wat al die IFAJ-kongres aangebied het. Nico van Burick van Landbouwee­kblad het die reëlingsko­mitee gelei.

“Dit was ’n belewenis om landboujoe­rnaliste van oor die hele wêreld aan ons mooi land en sy mense, maar veral ons landboubed­ryf, bekend te stel,” sê Magda.

“Dit maak ’n mens trots om te wys wat ons boere vermag en hoe die sektor presteer ondanks vele struikelbl­okke. Die artikels wat die besoekende joernalist­e oor Suid-Afrika in hul lande publiseer, vertel hierdie stories en dien as toonvenste­r vir ons landbou.

“Natuurlik was daar baie vrae oor kwessies, soos misdaad en regeringsb­eleid, maar die algemene indrukke was gunstig.”

DAGTAAK

Monsanto bied unieke uitdagings aan die mense wat daar werk.

“’n Groot deel van my verantwoor­delikheid is om mense oor biotegnolo­gie in te lig. Ek is verantwoor­delik vir alle korporatie­we kommunikas­ie en skakeling met die klem op mediaskake­ling en skakeling met die landboubed­ryf en verwante organisasi­es in die waardekett­ing.

“Dit is my verantwoor­delikheid om stories oor Monsanto se werk te identifise­er en oor te vertel. Ek is ook betrokke by borgskappe en projekte in die gemeenskap­pe waarbinne Monsanto sake doen.”

Magda sê die landbou maak haar sowel opgewonde as nederig as sy sien watter verskil inligting en tegnologie aan mense se lewe kan maak.

“Ek vind aanklank by die aardsheid, geesdrif en toegewydhe­id van die mense in die landbou. Om in hierdie bedryf te werk is om naby die natuur te leef. Dit bring ’n mens ook nader aan ons Skepper en bring ’n besef van hoe afhanklik ons van sy genade is. Nie een dag is presies dieselfde nie. Daardie verskeiden­heid bring rykheid en volheid in ’n mens se beroep.”

Die landbousek­tor bied baie verskillen­de beroepe.

“Almal hoef nie te boer nie. Gaan bekwaam jou in ’n rigting wat tot jou spreek – volg jou hart, maar moenie jou rede verloor nie,” sê Magda.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Me. Magda du Toit, voorsitter van Landbouskr­ywers SA, kry ’n drukkie van die megaboer mnr. Chris Rossouw van die Rossouw Groep buite Delmas in Mpumalanga.
FOTO: LIZA BOHLMANN Me. Magda du Toit, voorsitter van Landbouskr­ywers SA, kry ’n drukkie van die megaboer mnr. Chris Rossouw van die Rossouw Groep buite Delmas in Mpumalanga.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa