Landbouweekblad

Bedryfsken­ners op OBP se nuwe raad bring hoop

- — JOYLENE VAN WYK

DIE hoogs aansteekli­ke H5N8voëlgr­iepvirus het oor ’n groter afstand versprei as wat aanvanklik vermoed is, sê dr. Mike Modisane, hoofdirekt­eur van diereprodu­ksie en -gesondheid by die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye.

Meer as 813 000 hoenders moes van kant gemaak en byna 3 miljoen eiers vernietig word weens die virus wat op drie plase in Mpumalanga en een in Gauteng uitgebreek het.

Kort voor druktyd is nóg ’n uitbreking op ’n kommersiël­e plaas in die omgewing van Standerton bevestig (sien KASSIE hieronder). Dit is die vyfde voorval op ’n kommersiël­e plaas. Sodra ’n uitbreking bevestig word, word die plaas onder kwarantyn geplaas.

Modisane het aan die Parlement se portefeulj­ekomitee vir landbou, bosbou en visserye gesê die afstand waaroor die virus voorkom – van Standerton tot Centurion in Pretoria (oor sowat 200 km) – is kommerwekk­end.

“Hoewel dit lyk asof dit gelokalise­er is, is dit kommerwekk­end hoe ver dit strek.”

Teen 31 Julie was daar altesaam 10 uitbreking­s van die virus, waarvan vier op kommersiël­e plase was. Die drie plase in Mpumalanga is aan die Mpumalanga-oewer van die Vaalrivier, naaste aan die Vrystaatse dorp Villiers, Standerton en die omgewing van Balfour en Kendal. Die geval in Gauteng is in die omgewing van Boksburg. Lede van die publiek het drie uitbreking­s onder wilde voëls aangemeld. Daar was nog twee uitbreking­s onder werfhoende­rs en by mak voëls in Vanderbijl­park.

Modisane sê genetiese ontleding dui aan dat die stam van die eerste uitbreking naby Villiers soortgelyk is aan uitbreking­s in Egipte verlede jaar, en dié by Val in Standerton is soortgelyk aan uitbreking­s in Zimbabwe.

HITTEWEERS­TAND

Naas streng maatreëls wat tans geld om die verspreidi­ng van die virus te keer, hoop owerhede hoër somertempe­rature sal verdere verspreidi­ng voorkom omdat H5N8 nie hitteweers­tandig is nie. Modisane sê in Uganda het die somerhitte die virus vanself laat doodloop. Egipte, wat sy hoenders teen die virus ingeënt het, het gesê dié voorkoming­smaatreël was ’n fout.

VERGOEDING

Die Tesourie is intussen genader om R23 miljoen goed te keur as vergoeding vir boere wie se pluimvee vrekgemaak moes word. Mnr. Mooketsi Ramasodi, waarnemend­e direkteur-generaal by die departemen­t, sê daar was nie tyd om te wag vir toestemmin­g van die Tesourie vir die vergoeding voor die hoenders van kant gemaak is nie.

Ramasodi sê dié uitbreking wys geld moet vinniger beskikbaar gestel word sodat die departemen­t kan optree. “Die uitbreking dui op ’n blinde kol ten opsigte van hoe ons ons eie ramphulpge­ld bestuur.”

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa