Landbouweekblad

Woudpapega­aie se toekoms in weegskaal

Weens die uitwissing van geelhoutbo­me raak woudpapega­aie se belangriks­te kos – die vrugte van dié bome – ál skaarser. ’n Gebrekkige dieet maak hulle weer weerloos vir siektes, wat die voortbesta­an van dié skaars voël bedreig.

- Dr. Anton Odendal is die voorsitter van BirdLife Overberg en die Wes-Kaapse voëlforum. Hy woon op Hermanus.

Die woudpapega­ai is een van die mees bedreigde papegaaiso­orte ter wêreld. Daar is vermoedeli­k minder as duisend van dié voëls in die natuur oor. Hul lot hang in die weegskaal weens die krimpende woud-bioom in Suid-Afrika.

Die woud-bioom is die kleinste van al Suid-Afrika se natuurlike biome en beslaan slegs 1 062 km2 van die land se oppervlakt­e. Meer as 40% van Suid-Afrikaanse woude is die afgelope 300 jaar vernietig om plek te maak vir plantasies en boerdery-aktiwiteit­e.

Harde hout is op groot skaal gebruik vir meubels, spoorwegdw­arslêers en die mynbou. Dit het tot die uitwissing van boomsoorte, soos geelhout, stinkhout, ysterhout en talle ander, gelei. Verskeie endemiese voëlsoorte, wat van die stabilitei­t van woude afhanklik is, word nou bedreig.

Die endemiese woudpapega­ai is ’n groot, groen voël met oranjerooi merke op die skouers en kant van die vlerke, en met rooi bene. Hul koppe is olyfbruin. Die wyfie het gewoonlik oranjerooi op die voorkop, terwyl die jongetjie nie die oranjerooi op die skouers het nie. Volwasse én jong voëls word egter gekenmerk deur hul baie groot snawels.

Voorheen het hulle wydverspre­id in KwaZulu-Natal, die voormalige Transkei en die Oos-Kaap voorgekom, maar vandag word die woudpapega­ai slegs in gebiede met inheemse woude tussen Hogsback in die Oos-Kaap, en Balgowan en Karkloof in KwaZulu-Natal aangetref. Daar is ook ’n geïsoleerd­e groep in Magoebaskl­oof.

Woudpapega­aie is baie sosiaal en word gewoonlik in groot groepe by slaapplekk­e, waterpunte en vrugtebome aangetref. Familiegro­epe van tot 10 voëls kan bedags gesien word, maar hulle slaap in groot groepe van 20 tot 70 voëls in bloekom- en geelhoutbo­me.

Dié voëls is uiters afhanklik van die vrugte van geelhoutbo­me, hoewel hulle seisoenaal die vrugte van ander bome sal vreet as dit beskikbaar is. Weens die historiese oorbenutti­ng van geelhoutbo­me is daar vandag min vroulike bome, wat vrugte dra, oor. Dit is in skrille kontras met vroeër jare toe uitgestrek­te woude van hierdie bome op volhoubare wyse dwarsdeur die jaar vrugte gedra het.

Woudpapega­aie het noodgedwon­ge begin om die vrugte van verskeie uitheemse bome, soos pekanneut- en wattelbome, te vreet. Dié vrugte het egter ’n hoë suiker- en vetinhoud, met drastiese gevolge vir die papegaaie, veral tussen Januarie en Maart as voedsel skaars is. Die ondervoede papegaaie word dan kwesbaar vir die papegaai-bek-en-veervirus (PBVV-virus). Die PBVV-virus is inheems in Australië, maar het vinnig oor die wêreld versprei namate die wettige en onwettige handel in papegaaie toegeneem het.

Die siekte kan oorgedra word deur regstreeks­e kontak met siek voëls, die inaseming van verestof of deur kos wat volwasse voëls aan kuikens voer. Besmette kuikens kan binne weke vrek. Besmette volwasse voëls toon abnormale en gebuigde vere, ’n verlies aan veredons, en bekke wat skilfer en kraak. Die voëls gaan agteruit weens swak en onvoldoend­e voedsel en die lang afstande (tot 90 km per dag) wat hulle tussen voedselbro­nne moet vlieg.

PLANNE OM PAPEGAAIE TE RED

Twee moontlike oplossings is om geskikte inheemse bome in die papegaaie se verspreidi­ngsgebied te plant en neskaste aan te bring. Dit is uiteraard tydsaam om inheemse woude te rehabilite­er, maar dit is van die uiterste belang dat dit voortgaan.

Die woudpapega­ai-werkgroep koördineer verskeie pogings om die papegaaie van uitwissing te red. Die groep reël jaarliks ’n sensus om die getalle van die papegaaie te probeer vasstel. Boere in gebiede waar die papegaaie wél nog voorkom, word aangemoedi­g om aan hierdie tellings deel te neem.

Die onwettige handel in papegaaie is wêreldwyd ’n probleem en dit geld ook die woudpapega­ai. Verskeie telers probeer om hierdie papegaaie te teel in ’n poging om die onwettige verwyderin­g van voëls in die natuur teen te werk. Die woudpapega­ai-werkgroep poog om ’n teelprogra­m te vestig om voëls aan die mark te lewer en sodoende voëls in die natuur te beskerm.

Meer inligting oor die werkgoep kan by prof. Colleen Downs by downs@ukzn.ac.za of tel. 033 260 5127 verkry word.

Die hervestigi­ng van natuurlike habitat, die bekamping van onwettige handel met woudpapega­aie en die bekamping van die PBVV-virus is noodsaakli­k vir die voortbesta­an van hierdie kritiek bedreigde voëlsoort.

’n Groot aantal voëlkykklu­bs is aktief in Suid-Afrika. Stuur e-pos aan Shireen Gould by membership@birdlife.org.za vir die besonderhe­de van ’n klub in jou geweste.

 ?? FOTO: RODNICK CLIFTON BILJON ?? HEEL BO: Woudpapega­aie is sosiale voëls wat in groot groepe aangetref word. Die hervestigi­ng van hul natuurlike habitat, die bekamping van onwettige handel en die PBVV-virus is noodsaakli­k om dié papegaaie se voortbesta­an te verseker.
FOTO: RODNICK CLIFTON BILJON HEEL BO: Woudpapega­aie is sosiale voëls wat in groot groepe aangetref word. Die hervestigi­ng van hul natuurlike habitat, die bekamping van onwettige handel en die PBVV-virus is noodsaakli­k om dié papegaaie se voortbesta­an te verseker.
 ??  ?? BO: Tertia Knaap, een van BirdLife Overberg se stigtersle­de, het hierdie kunswerk van ’n woudpapega­ai gemaak. Sy het dit aan die klub geskenk en dit is vir ’n groot bedrag op ’n veiling verkoop. Tertia is verlede maand oorlede. INLAS: Dr. Anton Odendal.
BO: Tertia Knaap, een van BirdLife Overberg se stigtersle­de, het hierdie kunswerk van ’n woudpapega­ai gemaak. Sy het dit aan die klub geskenk en dit is vir ’n groot bedrag op ’n veiling verkoop. Tertia is verlede maand oorlede. INLAS: Dr. Anton Odendal.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa