Maer maande wag op voerkraalbedryf
Verbruikers moet hulself staal om teen die einde van die jaar hul hande diep in hul sakke te steek as hulle Kersfees biefstuk wil geniet. Die voerkraalbedryf moet te midde van ekonomiese omstandighede verskeie probleme die hoof bied.
Die voerkraalbedryf word deesdae só beskryf: “’n Voerkraal is ’n bedryf waaruit soms goeie geld gemaak kan word totdat die wins wat gemaak is, mettertyd alles met die res van die belanghebbendes in die bedryf gedeel word.”
Hoewel dit lagwekkend klink, is dit vir die voerkraaleienaar geen ligtelike saak nie.
Die afgelope ses maande was ’n bloeitydperk vir die voerkraalbedryf. Waak daarteen dat die volgende ses maande nie in ’n uitbloeitydperk ontaard nie.
In die eerste ses maande van vanjaar het die voerkraalbedryf goeie marges behaal. Die aanbod was hoog, terwyl speenkalwers goedkoop en mieliepryse laag was. Die droogte het daartoe bygedra dat die aanbod van speenkalwers hoër as verwag was. Die verkooppryse van vleis bees karkas pryse by voerkrale bly onderdruk. Beesvleis verhandel teen laer pryse en styg om dié redes nie verder nie. Die hoër beesvleispryse in SuidAfrika lei tot die verhoogde invoer van beesvleis uit Namibië en Botswana. Dit plaas pryse onder druk. SuidAfrika het verlede jaar ongeveer 40 000 ton beesvleis uitgevoer, wat die indruk wek dat die land nou ’n netto uitvoerder van beesvleis is. Plaaslike beesvleispryse het gestyg en dit raak toenemend aanlokliker om die beesvleis wat vir uitvoermarkte bestem is, plaaslik te verkoop. Die beesvleis wat uitgevoer word, word dus plaaslik verkoop en die aanbod in die plaaslike mark verhoog. Deurlopende diens van uitvoermarkte is noodsaaklik om laasgenoemde te onderhou, maar ongelukkig ondermyn die hoë plaaslike pryse en gebrek aan dissipline die bedryf se doelstellings vir oorsese markontwikkeling.
STRUIKELBLOKKE
Die voerkraalbedryf moet aan veral drie kwessies aandag gee.
Biosekerheid
Almal moet jaloers oor die bedryf waak en nie toelaat dat SuidAfrika sy bekenklouseervrye status opgee ter wille van korttermynwins nie. Karkasse mag nie onwettig uit rooiwatergebiede vervoer word om vir bemarking in die plaaslike en oorsese mark verwerk te word nie. Dit mag nie gebeur nie. Meld sulke gevalle aan – dit is die regte ding om te doen.
Samewerking
Belanghebbendes werk nie saam oor algemene sake, soos biosekerheid op plaasvlak, en om siektes, soos brucellose en trigomoniase, doeltreffend te bestry en uit te roei nie. Die toekoms van abattoirs en die speenkalf en voerkraalbedryf is in hul eie hande. Moenie op die Regering wag om die omgewing te verbeter waarin jy produseer en sake doen nie. Doen dit self met behulp van georganiseerde landboustrukture.
Pryse
Verbruikers kry swaar en speenkalfpryse skiet die hoogte in. Dit beteken die huidige speenkalfpryse van R37/kg gaan oor vier maande hoër vleisbees karkas pryse vereis om winsgewend te bly. Vleis bees karkaspryse het reeds R48/kg bereik en teen speenkalfpryse van R37/kg is hoër vleis bees karkas pryse van meer as R51/kg ’n vereiste om gelyk te speel.
Weens oorhoofse koste en die behoud van markte het voerkraal eienaars nie veel van’ n keuse as om speenkalwers teen hoër pryse in te koop nie.
Hoewel rentekoerse met 25 basispunte gedaal het en dit die beskikbare geldvoorraad in die ekonomie kan verhoog, beteken dit nie noodwendig vleis bees karkasse gaan nog hoër pryse oor vier maande behaal nie. Voerkrale wat die relatief goedkoper speenkalwers begin afrond, realiseer redelik goeie marges.
Diegene wat duurder vir speenkalwers betaal, hoop die verbruiker sal oor vier maande (in die laaste kwartaal) duurder betaal vir beesvleis en nie voorkeur gee aan goedkoper alternatiewe, soos hoendervleis, nie.
Weens die hoë voerpryse moes ’n paar voerkrale die afgelope 12 maande hul hekke sluit. Daarbenewens het die voerkraalbedryf die volgende probleme: ’n Ondersoek deur die Mededinging s kommissie is aan die gang om vas te stel of die Wet op Mededinging (Wet 89 van 1998) oortree is. Die hersiene vleis bees karkaskontrak, die beoogde speenkalf kontrak en die geelmieliekontrak om prysvorming en prysrisikobestuur te bevorder en deelname deur spekulante aan te wakker, is in die soeklig. Abattoirs wat nie terugwaarts in die waardeketting geïn tegreer is en toegang het tot afgeronde beeste uit hul eie voerkrale nie, gaan groter druk ervaar as geïntegreerde voerkraalabattoirondernemings om hul oorhoofse verpligtinge na te kan kom en hul kapasiteit ten minste bo 70% vol te hou. Die abattoirs sal moet meeding met speenkalf produsente wat hul eie speenkalwers op die plaas afrond. Speenkalf produsente wat hul teelkuddes tydens die droogte moes verklein en diere goedkoop verkoop het, moet nou baie duurder betaal vir teeldiere om hul kuddes op te bou. Beesvleis verbruik kan afneem weens hoë pryse, en die verbruik van pluimvee en varkvleis produkte kan toeneem.
TOEKOMSBLIK
Die totale voorsiening s ketting van beesvleis het ’n moeilike tydperk betree wat nie in die huidige ekonomiese omstandighede vir die verbruiker volhoubaar is nie.
Al die belanghebbendes, dus die speenkalf produsent, die voerkraaleienaar en die abattoir, groot en kleinhandelaar en uiteindelik die verbruiker, word deur hierdie probleme geraak.
Die huidige hoë speenkalfpryse is waarskynlik nie volhoubaar nie. Die verbruiker kry swaar en sal waarskynlik oor vier maande, wanneer die huidige hoë speenkalfpryse nóg hoër beesvleispryse gaan verg, eerder met Kersfees varke n hoendervleisprodukte as biefstuk op die Kerstafel hê.
Mnr. Wessel Lemmer is ’n senior landbou-ekonoom by AbsaA gr i besig heidin Johannesburg.