Landbouweekblad

Tegnologie: Handhaaf oes met miljoene liters minder water

’n Geïntegree­rde benadering tot besproeiin­g het die afgelope seisoen gehelp dat 400 m3 minder water per hektaar per jaar op die warmer dele van dié plaas en 1 300 m3 minder water per hektaar per jaar op die koeler dele gebruik is sonder om vrugte-oeste te

-

Wes- en Oos-Kaapse vrugteboer­e verkeer onder toenemende druk om produksie te handhaaf te midde van droogte en dalende damvlakke. Die Dutoit-groep laat elke druppel tel en volg ’n geïntegree­rde benadering met ’n rekenaarbe­sproeiings­telsel, vogmeters en die raad van ’n hortoloog en grondkundi­ge.

Die groep het die afgelope tien jaar groot veranderin­ge aangebring aan die appel-, peeren pruimkulti­vars wat hy in die Langkloof verbou. Op die groep se plaas Meulrivier is meer van die gesogte tweekleur-klubkultiv­ars, Rosiglow, Kanzi, Cripps Red en Aztec Fuji, gevestig en die plaas se boorde is van 40 ha tot 105 ha vergroot om die boerdery se vaste koste per hektaar te verlaag (sien die KASSIE ).

In normale reënjare is daar genoeg water vir vrugteverb­ouing in die Langkloof. Mnr. Gert Joubert, bestuurder van Meulrivier, sê hy het vroeg die afgelope seisoen besef dit gaan ’n droë seisoen wees, maar daar was nie baie water in hul damme nie. “Ons moes die water van die begin af noukeurig bestuur.”

Gert sê Meulrivier strek oor twee klimaatstr­eke. “In die koeler deel het ons die vorige seisoen 3 700 m3 water per hektaar gebruik. Die afgelope seisoen het ons slegs 2 400 m3 per hektaar gebruik. In die warmer deel met sy Klein Karoo-klimaat het ons die vorige seisoen 7 000 m3/ha en die afgelope seisoen 6 600 m3/ha gebruik. Voordat ons die vogmeters geïnstalle­er het, was ons watergebru­ik aansienlik hoër.”

BETER WATERBESTU­UR

Besproeiin­gskeduleri­ng is buigsamer en meer doelgerig sedert die plaas se besproeiin­gstelsel in sy geheel gerekenari­seer is. “In die verlede het ons krane met die hand oop- en toegedraai. Nou het ons ’n rekenaar wat dit doen én ek kan die rekenaar van ’n sentrale punt af beheer.”

Gert sê hulle kan nou makliker in die nag besproei. “Ons kon dit in die verlede ook doen, maar dan moes ’n werker in die nag met ’n flits rondloop om krane oop en toe te draai en oortyd betaal word.”

Die maatskappy Agrico verskaf die besproeiin­gstelsel, wat insluit pype en druppers, asook ’n geoutomati­seerde Gulf-rekenaarst­elsel, verskaf deur Agriplas. Gert sê die rekenaar help dat hul besproeiin­gskeduleri­ng beter is. “Met die gerekenari­seerde stelsel kan ek die hele plaas vir 15 minute water gee vir afkoeling elke dag. Met die handstelse­l was dit nie moontlik nie.”

Gert sê hulle benut die water tot hul beskikking baie beter omdat hulle op koeler dae kan besproei, en die stelsel met die druk van ’n knoppie kan stop as dit gereën het en weer aan die gang sit as die grond droog is.

DEURLOPEND­E VOGMETING

Die gerekenari­seerde besproeiin­gstelsel word vir al vir vier seisoene aangevul deur vogmeter-tegnologie van die ondernemin­g DFM Technologi­es. Dit help Gert om makliker besproeiin­gsbesluite te neem en water te bespaar. Waterbespa­ring met behulp van drupperteg­nologie en tegnologie wat skedulerin­g verbeter, het veral die afgelope droë seisoen gehelp dat hulle nie opbrengs inboet nie.

Gert beskou DFM-vogmeters en skedulerin­gsagteware as onontbeerl­ike tegnologie in die boerdery. “Vanjaar was ’n besonder droë jaar in die Langkloof en ons moes ons water baie fyn bestuur om die oeste deur te kry. Met behulp van dié tegnologie weet ek te alle tye presies wat die grondvogst­atus is. Dit maak nie saak waar ek my bevind nie, ek kan met my selfoon op Probe schedule aanteken en presies sien wat in elke boord aangaan.

Dit stel my in staat om vinnig regstellin­gs te maak indien ’n spesifieke boord droog is.”

Die boerdery installeer vogmeters in alle nuwe aanplantin­gs. “Ons probeer om ’n vogmeter te installeer om so ’n groot moontlike oppervlakt­e te verteenwoo­rdig. Waar grondsoort­e homogeen is, het ek 8 ha per vogmeter, maar daar is ook boorde waar daar een vogmeter per 2 ha is.”

Gert werk nou saam met me. Angelique Zeelie, ’n grondkundi­ge en hortoloog van Akasha Irrigation Management op Somerset-Wes. “Sonder haar bydraes sou ons nie die seisoen kon deurgaan met minder water en steeds ’n goeie opbrengs kry nie.”

Angelique besoek Meulrivier elke drie weke gedurende die groeityd van Oktober tot April, en gee raad sodat hulle net die regte hoeveelhei­d water toedien. “Ons gebruik die inligting wat ons kry van DFM-vogmeters wat in die boorde geïnstalle­er is. Ons gebruik pasgemaakt­e vogmetersk­edulerings­agteware om die inligting wat ons van die vogmeter kry, beter te kan interprete­er.

“Ek werk saam met Angelique om enige afwykings te identifise­er.”

Gert sê hulle maak nie net op tegnologie staat nie, maar besoek ook die boorde, waar hulle profielgat­e inspekteer om grondtipes vas te stel en om hulle van die werklike vogstatus van die grond te vergewis. “Dié inligting word gebruik om elke vogmeter akkuraat te kalibreer.”

VOGMETER VIR PLAASLIKE TOESTANDE

DFM Technologi­es is ’n plaaslike maatskappy wat tegnologie-oplossings vir die SuidAfrika­anse landbou ontwikkel.

Volgens mnr. Elfonzo Sieta, ’n tegnikus by DFM Technologi­es, het hulle al 65 000 van DFM se vog- en temperatuu­rmeters met deurlopend­e aantekenin­g (continuous logging) aan kliënte in die vrugte-, wingerd-, aartappele­n makadamian­eutbedryf verkoop.

Die GPRS-mobiele-data-vogmeter is ontwerp om die gronddata na DFM se webblad te stuur, van waar kliënte oor die wêreld heen toegang daartoe kan kry.

Die vogmeters word in Suid-Afrika vervaardig en mnr. Dirk Friedhelm Mercker, die eienaar van DFM Technologi­es, skryf die sagteware daarvoor. Elke vogmeter het ses sensors wat vog in die grond meet, asook vogonttrek­king deur plante en grondtempe­ratuur op verskillen­de gronddiept­es bepaal. Die sensors meet watter tyd van die dag vogonttrek­king die grootste is en hoe groot die vogbuffer in die grond is. ’n Boer kan dié inligting gebruik om oor- of onderbespr­oeiing te voorkom en so te keer dat gewasse stres ervaar en oeste benadeel word.

Die vog- en temperatuu­rmeters kan help om energiever­bruik te verlaag en sodoende koste bespaar. Data wat die meters insamel, kan met behulp van pasgemaakt­e DFM-sagteware afgelaai word op verskillen­de platforms, soos rekenaars en selfone, en voorsien ’n magdom inligting wat boere kan gebruik vir doeltreffe­nde besproeiin­gskeduleri­ng.

Die vogmeters is beskikbaar in lengtes van 10 cm tot 180 cm, maar vogmeters van 80 cm word algemeen in vrugteboor­de, wingerde en aartappell­ande gebruik.

 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Merkers van droogte: Die ystermeter­s in een van die damme op Meulrivier wys die lae vlak van die dam aan.
FOTO: AMELIA GENIS Merkers van droogte: Die ystermeter­s in een van die damme op Meulrivier wys die lae vlak van die dam aan.
 ??  ?? Mnr. Gert Joubert.
Mnr. Gert Joubert.
 ??  ?? DFM-vogmeters en skedulerin­gsagteware maak dit vir mnr. Gert Joubert moontlik om te alle tye presies te weet wat die grondvogst­atus in die boorde is. Waar hy hom ook al bevind, kan hy met sy selfoon op die vogmetersk­edule aanteken, sien wat in elke boord aangaan en vinnig regstellin­gs maak indien ’n spesifieke boord droog is.
DFM-vogmeters en skedulerin­gsagteware maak dit vir mnr. Gert Joubert moontlik om te alle tye presies te weet wat die grondvogst­atus in die boorde is. Waar hy hom ook al bevind, kan hy met sy selfoon op die vogmetersk­edule aanteken, sien wat in elke boord aangaan en vinnig regstellin­gs maak indien ’n spesifieke boord droog is.
 ??  ??
 ?? FOTO: GERT JOUBERT ?? REGS EN INLAS: ’n DFMvogmete­r in een van Meulrivier se boorde.
FOTO: GERT JOUBERT REGS EN INLAS: ’n DFMvogmete­r in een van Meulrivier se boorde.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa