Landbouweekblad

Appels: Nuwe opleistels­el mik na 150 t/ha

In sy strewe om meer dinamies te wees, het Karsten Boerdery Hoogland naby Ceres na maniere gaan soek om opbrengste en uitpakpers­entasies te verhoog, asook om ’n meer arbeidsvri­endelike appelboom te kweek. ’n Mikpunt van 150 t/ha op lang termyn lyk maklik

-

Met die vestiging van nuwe appelboord­e op Karsten Boerdery Hoogland, in die Bo-Swaarmoed-area naby Ceres, het mnre. Cobus Nel, hoofbestuu­rder, en Riaan Botha, senior bestuurder by Karsten Boerdery, ’n wenslysie saamgestel.

“Ons mikpunt was om in die tweede jaar 15 t/ha te oes, in die derde jaar 50 t/ha, jaar vier 85 t/ha en in jaar ses 120 t/ha,” het Cobus op Hortgro Science se velddag vertel.

Hul begeertes het nie by hierdie reuse-oeste opgehou nie. Hulle wou boonop beter uitpakpers­entasies in die pakskuur hê en so arbeidslim as moontlik te werk gaan.

Die towerfee wat hul wense moes kom bewaarheid, het gekom in die vorm van die V-haag-opleistels­el, wat ooreenstem met die Tatura-stelsel wat in Australië gebruik word.

Volgens die V-haagstelse­l is twee bome in ’n dubbele ry geplant en die stamme word in teenoorges­telde rigtings teen ’n helling van sowat 17 grade opgelei. Die stamme vorm dus ’n V-struktuur.

“Ons het vir onsself gesê as ons aangaan op dieselfde pad, gaan ons nie die toekoms oorleef nie. Ons gaan dink toe oor wat ons anders kan doen,” sê Cobus oor hul strategie vir die 12 ha-appelboord (op M7-onderstamm­e) wat hulle as ’n proefperse­el gevestig het. Sowat 5 ha is Royal Beaut en die res is Fuji (1,3 ha), Sundowners (2,3 ha) en Early Red One (4,4 ha). Die boorde is teen ’n digtheid van 4 m x 0,75 m aangeplant (altesaam 3 333 bome per hektaar) en volgens die V-haagstelse­l opgelei.

“Ons het ’n verskeiden­heid opsies oorweeg wat meer produktief is – wat meer tonne lewer, minder arbeid vereis en makliker is om mee te werk. Ek en Riaan het na ’n

V-haagstelse­l op Grabouw gaan kyk en besef dit kan werk.”

Cobus se V-haagboorde is nou in hul tweede en derde blad. Van hul wense is bewaarheid, maar hulle het ook reeds ’n paar lesse geleer en nuwe planne gemaak om die opleistels­el vir hul toestande te verbeter.

“Ons het verlede jaar gemiddeld 2 t/ha geoes en vanjaar, met die derde blad, het die boord 38 t/ha gelewer ten spyte van rypskade. Die beste bome het 68 ton appels per hektaar opgelewer. Hierdie bome het 75% klas 1-uitvoerapp­els opgelewer en

20% klas 1-appels wat in kartonhoue­rs op die plaaslike mark verkoop is. Die res is vir sap gebruik,” sê Cobus.

“Die gehalte van jou boom is álles. In die eerste jaar kan jy die bome vasmaak en veertjies groei, maar daarna moet die bome begin dra.”

Dit is juis die vinnige produksie en hoë opbrengste wat die V-haagstelse­l aanloklik maak. Die V-haagstelse­l is die nuutste toevoeging tot drie ander produksies­telsels op Hoogland. In party van die ou, oorspronkl­ike boorde is die bome 6 mx 2 m aangeplant, ander is nouer aanplantin­gs van 4 m x 1,5 m en daar is boorde met aanplantin­gs van 3,5 m x 1,5 m onder nette.

“Dis in dié stadium nog moeilik om te sê watter stelsel die produktief­ste is, want ons het rypskade gehad. Die deel van die V-haagboord voor die kantoor, waar daar nie skade was nie, het egter 68 ton per hektaar gehaal, terwyl gewone drie jaar oue bome sowat 40-50 t/ha lewer.”

DRIE VARIASIES

Cobus sê omdat hulle sulke hoë opbrengste wil afhaal, is dit nodig om die opleistels­el te versterk. Hulle toets tans drie verskillen­de variasies van die stelsels om ’n kostedoelt­reffende struktuur te vind wat ook die gewig van die swaar oes – tot 150 t/ha – kan dra.

Die een veranderin­g wat hulle aan die stelsel gemaak het, is om ekstra pale op te rig en ’n kabel in die middel, tussen die twee bome, te span. Dan trek hulle die bome nader aan mekaar deur kouterband­e wat aan die kabel vasgemaak word. Dit is natuurlik ’n duur opsie wat ekstra pale, draad en kabels vereis.

Vir die tweede, goedkoper opsie het hulle bloot die bome aan mekaar vasgemaak met kouterband­e.

Vir die derde variasie het hulle ’n ekstra kabel op die stutstelse­l gespan en die bome daaraan vasgemaak. Dit is ook die een wat Cobus as die beste oplossing beskou, want dit verg nie ekstra pale nie, maar gee genoeg stabilitei­t aan die stelsel.

MEER PRODUKTIEW­E WERKERS

Die bome is klein, met ’n maklike struktuur en hulle vereis min snoeiwerk.

“Aangesien ons graag snoeiwerk wil vereenvoud­ig, kyk ons daarna om net drie tot vyf vernuwings­nitte per jaar te doen. Dit hou die boom jonk en beteken ons werk heeltyd met ’n jong boom.”

Laat in die winter sny hulle bloot drie tot vyf van die dra-eenhede op die stam weg as vernuwende snitte. “Dit hou die boom ‘sagter’. Dis baie eenvoudig en vereis minder arbeid.”

Dit help ook om te keer dat die bome mekaar oorskadu, wat makliker kan gebeur as wanneer die bome in ’n enkele ry geplant word. “Die sterk groei binne die boom word verwyder sodat net sagte hout oorbly en die beligting binne die boom reg is.”

Cobus wil ook graag hê dat minstens 75% tot 80% van die werk van die grond af, sonder traplere, gedoen kan word. Die nouer aanplantin­gs maak dit moeilik om met plukplatfo­rms in die boorde te werk en kratte op die grond werk die beste vir die stelsel.

“Die produktiwi­teit is tans beter as in die ander blokke.”

Dit help ook keer dat produksiek­oste nie weghol nie. “As jy dit volgens rand per kilogram uitwerk, is ons oeskoste ook heelwat goedkoper. Die werkers kan meer kratte per persoon per dag oes as in die boorde met die hoër bome.”

WATER EN KOUEBESTUU­R

Cobus sê die waterverbr­uik vergelyk baie goed met ander stelsels. Hul toediening beloop sowat 7 000 m³ per hektaar.

Hulle gebruik vogmeters om die vog in die boorde te monitor, maar steun ook op ’n grondboor om die vog op verskillen­de dieptes te bepaal.

“As die grond nat is, besproei ons nie.

‘Die beste bome het 68 ton appels per hektaar opgelewer. Hierdie bome het 75% klas 1-uitvoerapp­els opgelewer en 20% wat in kartonhoue­rs op die plaaslike mark verkoop is.’

In die spitstyd besproei ons gemiddeld twee uur per dag (met mikrospuit­e).”

Weens probleme met die beskikbaar­heid van water in die Wes-Kaap bestuur Cobus die stelsel om ryp te bekamp juis noukeurig. Wanneer die kwik daal tot 2 °C en vrugte aan die bome vries, skakel hy die klein, oorhoofse mikrospuit­jies met ’n groot reikwydte aan. Dan laat hy hulle teen ’n koers van 3 liter per uur tot sowat elfuur soggens loop tot die ryp gesmelt het.

NIE GOEDKOOP NIE

Die grootste uitdaging van die V-haagstelse­l is dat die aanvangsko­ste nie min is nie.

“As jy die regte boom plant, glo ek jy gaan jou geld terugmaak,” sê Cobus, maar erken die opleistels­el en plantdigth­eid jaag die vestigings- en produksiek­oste op.

Sy vestigings­koste het sowat R380 000 per hektaar beloop (sonder die stelsel om ryp teen te werk).

“Indien die tonnemate ’n werklikhei­d raak, soos ons hoop gaan gebeur, behoort ons teen die agtste jaar die belegging te kan terugbetaa­l. Die stelsel se voordeel is dat die bome vinnig in produksie kom en jy gou hoë tonnemate oes.”

Maar, maan mnr. Pieter Immelman, ’n landboukun­dige, as jy die kapitaal gaan bestee, moet jy eerder nie jou sente probeer omdraai nie.

“As jy die kumulatiew­e som doen, kan jy 370 t/ha tot en met die sesde blad oes. Die doelwit is dat die boord op lang termyn 150 t/ha moet dra. Die vrugte gaan jou bome en jou uitgawes red. Die beter uitpakpers­entasies en minder arbeidskos­te gaan ook dryfkragte wees.”

Boomgehalt­e sal ook deurslagge­wend wees, want teen die huidige koste van sowat R70 per boom maak dit ongeveer 40% van die totale vestigings­koste uit.

“Die verskil tussen 38 t/ha en 68 t/ha lê by die bome se gehalte. Dit was duidelik die swakker bome wat die gemiddelde opbrengs weerspieël het. Dit beklemtoon weer eens hoe belangrik ’n goeie verhouding met jou kweker is,” sê Pieter.

Hy sê die volgende kwessie gaan wees om die bome se dravolume op die duur produktief te hou. “Dit gaan ’n man op ’n perd verg.”

Cobus se geloof in die V-haagstelse­l is egter sterk.

“Op ons ander eenhede plant ons nou net volgens hierdie stelsel aan. Ja, die aanvanklik­e koste is hoog, maar die boorde kom gouer in drag en produksie en die stelsel is ook meer stabiel in die wind – dit is net ’n paar van die goeie goed wat ek sien.”

 ??  ?? lbotha@landbou.com In die V-haagstelse­l word bome in ’n dubbele ry geplant en die stamme word in teenoorges­telde rigtings teen ’n helling opgelei om ’n V-struktuur te vorm.
lbotha@landbou.com In die V-haagstelse­l word bome in ’n dubbele ry geplant en die stamme word in teenoorges­telde rigtings teen ’n helling opgelei om ’n V-struktuur te vorm.
 ??  ?? ’n Duurder manier om te verseker dat die bome die swaar vrag vrugte kan dra, is om ’n ekstra paal op te rig en ’n kabel tussen die twee bome te span. Die bome word dan met kouterband­e aan die kabel vasgemaak. Nog ’n plan om die stelsel te versterk was...
’n Duurder manier om te verseker dat die bome die swaar vrag vrugte kan dra, is om ’n ekstra paal op te rig en ’n kabel tussen die twee bome te span. Die bome word dan met kouterband­e aan die kabel vasgemaak. Nog ’n plan om die stelsel te versterk was...
 ??  ?? Van links is mnre. Cobus Nel, hoofbestuu­rder op Karsten Boerdery Hoogland, Joubert Stemmet, bestuurder op Karsten Boerdery Hoogland, en Pieter Immelman, ’n landboukun­dige van Ceres.
Van links is mnre. Cobus Nel, hoofbestuu­rder op Karsten Boerdery Hoogland, Joubert Stemmet, bestuurder op Karsten Boerdery Hoogland, en Pieter Immelman, ’n landboukun­dige van Ceres.
 ??  ?? Deur ’n ekstra kabel op die stutstelse­l te span en die bome daaraan vas te maak, word die stelsel gestabilis­eer sonder dat dit ’n plaas se prys kos.
Deur ’n ekstra kabel op die stutstelse­l te span en die bome daaraan vas te maak, word die stelsel gestabilis­eer sonder dat dit ’n plaas se prys kos.
 ??  ??
 ??  ?? Ten spyte van rypskade het die beste dele van die derdebladb­oord al 68 ton appels per hektaar gelewer.
Ten spyte van rypskade het die beste dele van die derdebladb­oord al 68 ton appels per hektaar gelewer.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa