Landbouweekblad

Sojabone: Ligpunt in donker graantonne­l

Die afgelope seisoen het sojabone met etlike rekords begunstig, waaronder ’n nasionale oes van meer as 1,34 miljoen ton en ’n gemiddelde opbrengs van 2,34 ton per hektaar — die hoogste tot nog toe. Daarby vind ’n uiters gunstige sojaboon-tot-mielie-prysve

- Dr. Jan Dreyer is lid van die tegnologie­komitee van die PNS. NAVRAE: PNS, e-pos: pns@proteinres­earch. net; webwerf: www.proteinres­earch.net; tel. 011 803 2579.

Die komende seisoen sal waarskynli­k hertoetred­ers en veral nuwe toetreders tot die verbouing van sojabone oplewer, terwyl ou hande daarby baat sal vind om weer oor ’n paar produksie-aspekte na te dink. Sojabone pas by die somersaaig­ebied in asof dit daarvoor gemaak is en dit bied ’n ideale opsie vir wisselbou met mielies. Indien mielies ná sojabone volg, is die moontlikhe­id sterk dat ’n produsent ’n opbrengsve­rhoging van meer as 10% met sy mielies kan verwag.

Die afgelope seisoen het die belangrikh­eid van risikovers­preiding weer beklemtoon. Nie net is fisieke opbrengs ter sprake nie, maar die seisoen het juis prysrisiko’s beklemtoon.

’n Enkele gewas jaar ná jaar hou meer nadele as voordele in. Voeg daarby die skuif van konvension­ele na bewaringsb­oerdery, dan word wisselbou met veral sojabone ’n gegewe. Seisoene wissel met ’n baie lae voorspelba­arheid. Die boer sal gevolglik daarby baat vind om sy gewas-en-prysrisiko op lang termyn te versprei.

Oor watter produksie-aspekte moet die boer nadink? Die keuse van die grond is die aspek wat nou aandag vereis. Indien sonneblomm­e, grondbone, droëbone en selfs sojabone die vorige seisoen op ’n bepaalde land geplant is, is sojabone nié ’n goeie keuse om dit op te volg nie. Die rede is dat sojabone ook ’n peulplantg­ewas is. Dit moet verkieslik met ’n grasagtige gewas, soos mielies, afgewissel word om die siekte- en insekteket­tings te verbreek.

Landerye waarop Sclerotini­a en knopwortel­aalwurm voorgekom het, moet liefs vermy word.

BEKAMP ONKRUID

Onkruid op ’n land steel nie net ’n boer se vreugde nie, maar ook sy wins. Dit is nou die tyd om ’n wedstrydpl­an gereed te kry om te verseker dat sojabone in die komende seisoen op ’n onkruidvry­e land geplant word. Dié beplanning sluit in om seker te maak dat die wagperiode vir die onkruiddod­ers wat die vorige seisoen toegedien is, reeds

verstryk het. Maak seker watter vooropkoms-bestryding­smiddel gebruik gaan word en hoe onkruid bekamp gaan word wat ná die sojabone opkom.

Om doeltreffe­nde onkruidbes­tryding toe te pas, moet ’n boer weet watter onkruid sy oes gaan benadeel en hoe dit bestry kan word. Onkruidbek­amping is slegs so goed as die doeltreffe­ndheid waarmee dit uitgevoer word. Die spuitstukk­e van die werktuie moet reg wees. Dit is ewe belangrik dat die boer hom van die pompdruk en watervolum­e per hektaar vergewis.

Waar ’n mengsel in ’n tenk gebruik word, moet die boer seker maak die onderskeie chemiese stowwe is versoenbaa­r met mekaar.

ONTLEED DIE GROND

Is grondmonst­ers noodsaakli­k? Moenie raai wat in die grond aangaan nie; gebruik grondontle­dings om ’n bemestings­trategie te formuleer. Grondmonst­ers is slegs bruikbaar as dit verteenwoo­rdigend van die land is. Doen dus moeite om monsters reg te neem – iets waarmee ’n betroubare kunsmiskon­sultant kan help.

Gebruik die grondinlig­ting om betyds regstellin­gs te doen. Onthou dat die toediening van kalk bepaalde onkruiddod­ers sal aktiveer. In ’n rekord-oesjaar soos verlede jaar is ook ’n rekord-hoeveelhei­d voedingsto­wwe

aan die grond onttrek. Die kalium (K) in die grond (ook die ondergrond) sal waarskynli­k min wees. Sojabone benodig minstens 25 kg K vir elke ton produksie.

Bemestings­riglyne is vrylik te kry, onder meer op die Proteïenna­vorsingsti­gting (PNS) se webwerf by www.proteinres­earch.net .Dit bly altyd ’n goeie beleid om voedingsto­wwe wat in ’n seisoen aan die grond onttrek is, so gou moontlik volledig aan te vul.

KULTIVARKE­USE

Hoe gemaak met kultivarke­use? Om kultivars vir ’n spesifieke gebied te kies, moet die boer alle betroubare bronne in sy gebied gebruik. Die sojaboonku­ltivaraanb­evelings van die Landbounav­orsingsraa­d (LNR) is ’n beginpunt. Voeg daarby saadmaatsk­appye se kultivarpr­oewe en moenie vergeet van boere se eie proewe wat met groot toewyding en akkuraathe­id uitgevoer word nie.

Ongeag op watter kultivars die keuse val, maak seker dit is in ’n groeiklas (volwassenh­eidsgroep) wat in die betrokke gebied van toepassing is. Die grense is uiteraard nie skerp afgebaken nie, maar in die breë kan die plantgebie­de in koel, matige en warm gebiede ingedeel word. Neem normale intreedatu­ms van ryp in ag.

Kies kultivars wat binne die drie klimaatson­es in die betrokke gebied aangepas is; verkieslik vier kultivars van verskillen­de volwassenh­eidsgroepe, indien prakties moontlik. Dit sal die risiko versprei en die boer teen wisselende omgewingst­oestande en siektes beskerm.

Ononderhan­delbare vereistes vir die kultivars wat gekies word, is suiwerheid van saad, goeie ontkieming en veral groeikragt­igheid.

Aangesien ’n groot moontlikhe­id bestaan dat groter sojaboonaa­nplantings hierdie seisoen gaan plaasvind, moet die boer nou reeds die verlangde kultivars se saad bekom. Waak teen oor-die-draad-transaksie­s.

TOERUSTING GEREED

Is alle toerusting gereed vir die komende seisoen? Ongeag watter produksiep­rogram jy gaan volg, bly die planter een van die belangriks­te komponente. Akkurate diepteplas­ing (verkieslik nie dieper as 4 cm nie) en pitte (nie nader as 3 cm aan mekaar nie) in die ry is die begin van ’n rekordoes. Produksieg­ebiede, en selfs lande, verskil van mekaar.

Waar siektes nie ’n probleem is nie, geld die algemene riglyn van hoe nouer die rye, hoe hoër die opbrengs. Praktiese toestande op ’n plaas bepaal meestal die rywydtes. Alle toerusting, veral spuite, moet nou versien en gekalibree­r word.

Maak nou reeds seker daar sal genoeg stroopverm­oë wees wanneer die oes gereed is. ’n Fleksietaf­el op die stroper is verkieslik omdat sojabone die peule laag kan dra. Die tydigheid van stroop is belangrik omdat peule wat oopspring ’n produsent baie skade kan berokken.

Is dit nodig om die saad te ent met bakterieë? Stikstofbi­nding is ’n voorvereis­te vir goeie sojaboonoe­ste. Daarvoor is rhizobiumb­akterieë nodig.

Koop entstof by ’n betroubare leweransie­r. Hanteer die entstof soos medisyne: vermy regstreeks­e sonlig, bêre die entstof volgens voorskrift­e en dien dit ook daarvolgen­s toe. Maak seker die entstof het nog nie verval nie.

Entstof kan in die plantvoor of op die saad toegedien word of – om seker te maak – op albei maniere. Ongeag of sojabone tevore op ’n land geplant is, moet jy alle sojaboonsa­ad ent. Grond met ’n lae suurinhoud kan stikstofve­rbinding beperk. Raadpleeg ’n kundige vir die toediening van molibdeen.

KIES PLANTDATUM REG

Kies die plantdatum volgens die gebied waarin die plaas geleë is. ’n Riglyn is einde Oktober tot einde November vir die koel gebiede, begin November tot begin Desember vir die matige gebiede en middel November tot middel Desember vir die warm gebiede. In die meeste gevalle bepaal reën die plantdatum.

Neem egter in ag dat hoe later die boer ná die optimale plantdatum plant, hoe laer sal die opbrengspo­tensiaal wees. Die grond se temperatuu­r moet minstens 15 ºC of hoër wees voor die saad geplant word.

Die gulde reël is: Moenie sojabone in droë grond plant nie. Oordragvog of goeie reën voor planttyd verlaag die opbrengsri­siko. Plant wanneer daar genoeg vog in die hele wortelsone is.

Gebruik alle beskikbare inligting oor sojabone om sukses te verseker, soos die Proteïenna­vorsingsti­gting (PNS) en die sojaboon-produksieh­andleiding van die LNR se Instituut vir Graangewas­se.

Sluit aan by ’n sojaboonst­udiegroep. Dit sal jou as boer nie net ’n groot bedrag skoolgeld bespaar nie, maar ook ’n leerervari­ng wees wat jy terdeë sal geniet.

Moenie die jaar van die sojaboon misloop nie, want dit is die regte gewasvenno­ot vir boere deur goeie en swak pryse én produksiet­ye heen.

Ononderhan­delbare vereistes vir kultivars is suiwerheid van saad, goeie ontkieming en veral groeikragt­igheid.

 ?? FOTO: W.F. VAN WYK ?? Alle toerusting, soos gewasspuit­e, moet goed gekalibree­r word voor planttyd. Maak ook seker dat die mengsels in die tenks versoenbaa­r is met mekaar.
FOTO: W.F. VAN WYK Alle toerusting, soos gewasspuit­e, moet goed gekalibree­r word voor planttyd. Maak ook seker dat die mengsels in die tenks versoenbaa­r is met mekaar.
 ??  ?? Dr. Jan Dreyer
Dr. Jan Dreyer
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa