Landbouweekblad

BFAP: ‘Net die sterkstes gaan oorleef’

Die supersiklu­s vir kommoditei­te is verby. Die landbou beweeg nou na ’n konsolidas­iefase waar net die bestes gaan oorleef, sê die Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid. NICO VAN BURICK berig.

-

DIE gesaghebbe­nde Buro vir Voedsel- en Landboubel­eid (BFAP) se vooruitsko­uing vir 2017-2026 is strak — die landbousek­tor se ongekende groei van die afgelope twee dekades is verby. Die data wys dat die supersiklu­s vir kommoditei­te verby is (sien die GRAFIEK ). Wat nou wag, is ’n konsolidas­iefase wat die werklike vlak van die sektor se mededingen­dheid en volhoubaar­heid op die wêreldverh­oog deeglik gaan toets.

Die BFAP-verslag, ’n jaarlikse gesamentli­ke projek van onder meer die universite­ite van Pretoria en Stellenbos­ch, die WesKaapse departemen­t van landbou en meer as 40 medewerker­s, is verlede week bekend gestel.

Volgens die verslag gaan faktore, soos produktiwi­teit, skaalekono­mie, toegang tot die beste tegnologie, finansieri­ng, inligting en toegang tot markte meer tel as ooit tevore. Diegene wat nie volle toegang tot hierdie ondersteun­ingsdienst­e het nie, sal waarskynli­k nie oorleef nie–ongeag of hulle kommersiël­e, ontwikkele­nde of kleinboere is. Dieselfde geld ook landboubes­ighede in die waardekett­ing.

DRUK VAN BUITE

Die BFAP sê Suid-Afrika tel onder die vyf lande ter wêreld met die laagste subsidievl­akke. “Om die doelwitte van die Nasionale Ontwikkeli­ngsplan te haal, is eenvoudig nie moontlik in só ’n omgewing nie.”

Die rede vir die verwagte min groei is ’n groot oormaat graan en oliesade in die wêreld, met internasio­nale pryse wa tal die afgelope twee jaar by’ n tien jaar laagtepunt gedraai het. Die invloed daarvan is nie in Suid-Afrika gevoel nie weens die kleiner plaaslike oeste en ’n swakker rand. Weens vanjaar se rekordoest­e en sterker rand het Suid-Afrikaanse pryse na uitvoerpar­iteit beweeg. Graanboere verkeer onder geweldige druk weens die gevolge van lae pryse op hul kontantvlo­ei en skuldposis­ies.

Die BFAP glo meer as een seisoen sal nodig wees om in die somerreëng­ebied van die gevolge van die droogte te herstel. Dit geld ook die veesektor, waar kuddes herbou moet word en die gehalte van weidings tyd neem om te herstel.

Intensiewe veebedrywe, soos die hoender-, vark-, en melkbedryf, kry egter die geleenthei­d om in ’n mate te herstel ná die hoë graanpryse voor vanjaar.

Ook goeie nuus vir die vleisbedry­f is dat die uitvoer van beesvleis konstant gegroei het en dat Suid-Afrika oor die afgelope vyf jaar ’n netto uitvoerder geword het. Lams-en wolpryse het ook skerp gestyg ná die droogte.

In die Wes-Kaap is die situasie weens die droogte benard. Daar sal verreikend­e langtermyn­gevolge wees weens waterbeper­kings en beskikbae besproeiin­gswater vir uitvoerbed­rywe.

Alle bedrywe daar hou asem op oor die reënval vir die seisoen. Hoewel daar oor die afgelope dekade aansienlik­e groei in bedrywe vir tuinbougew­asse was, is die verwagting dat dié groei baie gaan afneem, minstens tot die beskikbaar­heid van water weer normaal is.

KOSPRYSE

Wat voedselpry­se betref, het die droogte ’n groot invloed op die bekostigba­arheid van stapelvoed­sel gehad. Die koste van ’n porsie mieliemeel het met 43% gestyg en die koste van ’n mandjie met basiese stapelvoed­sel met 22%. Die verwagting is egter dat voedsel prys inflasie nou met 16% sal daal as gevolg van die beter weerstoest­ande.

Die BFAP waarsku dat oorlewing en groei in die landboubed­ryf aansienlik­e openbare en private beleggings gaan verg. Wat steun uit die openbare sektor betref, sal besteding aan water infrastruk­tuur, steun aanboer een opleiding bo-aan die voorrangly­s moet wees. Vir ander beleggings hang dit af of mense glo die bedryf sal weer in die toekoms groei – iets wat deur politieke onsekerhei­d belemmer word.

Die gevolge vir grondhervo­rming en die ontwikkele­nde landbou is verreikend. Die hele sektor moet realisties­e doelwitte en planne daarstel en saamwerk om dit te verwesenli­k. ’n Gefragment­eerde, ideologies gedrewe en ongekoördi­neerde benadering sal misluk. Ontwikkele­nde boere moet eienaarska­p van die grond hê om toegang tot finansieri­ng te kry en uit te brei.

Drome wat nie hierdie werklikhed­e in ag neem nie, sal net drome bly, aldus die BFAP.

Hou komende uitgawes van

Landbouwee­kblad dop vir die BFAP se vooruitsko­uings vir spesifieke bedrywe.

 ??  ?? BRUTO LANDBOU-INKOMSTE EN GROEI IN DIE LANDBOU SE BRUTO BINNELANDS­E PRODUK, 1990-2026
BRUTO LANDBOU-INKOMSTE EN GROEI IN DIE LANDBOU SE BRUTO BINNELANDS­E PRODUK, 1990-2026

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa