Landbouweekblad

’n Maatskappy? Ja,maar...

Op die oog af hou maatskappy­e dalk goeie belastingv­oordele in, maar boere moet seker maak hulle is goed ingelig oor die belastings­kale vir trusts en maatskappy­e. Die voordele is dalk nie wat jy gedink het dit is nie.

- NAVRAE: E-pos: nico@finlac.com, tel. 021 461 2067.

Nie lank gelede nie is daar links en regs trusts vir boere geskep. Dit klink egter nou of die jongste gier is om ’n maatskappy te stig. Die rede daarvoor is natuurlik om belasting te vermy. Jy kan mos deesdae enigiets smous as jy ’n belastings­tertjie aan hom kan heg.

Ek kon maar net my kop in ongeloof skud toe ek op ’n onlangse jagtog in die Karoo hoor hoe besoekende “kundiges” op die dorpe in die omgewing boere aanraai om nou maatskappy­e te stig–om inkomstebe­lasting te verminder. Ek hoor selfs van een boer wat glo geen belasting betaal nie, wat nou as voorbeeld voorgehou word van hoe goed hierdie maatskappy-plan werk.

Nou ja, iemand wat ’n inkomste verdien en nie daarop belasting betaal nie, is besig om bedrog te pleeg. Daaroor is niks meer te sê nie.

Ek het niks teen ’n maatskappy of ’n trust nie. Elkeen het ’n rol te speel in die sake-omgewing. Dit is egter die halwe waarhede en selfs leuens wat verkondig word wat my pla.

Een boer vertel hy het reeds ’n maatskappy gestig en is in die proses om dit vir BTW te registreer. Die plan is om mettertyd sy skape na die maatskappy toe oor te dra en dan in die maatskappy te boer.

INKOMSTEBE­LASTING

Die boer se huidige raamwerk bestaan uit twee trusts, A en B. Trust A hou die vee en die boerdery en Trust B die grond. Trust A huur die grond by Trust B. Nou moet ’n maatskappy bykom, wat klaarblykl­ik Trust A se rol moet oorneem om op inkomstebe­lasting te bespaar. Die argument skyn te wees dat trusts inkomstebe­lasting betaal teen 45% en ’n maatskappy teen net 28%.

Niks word gesê van die inkomstebe­lasting wat gehef gaan word wanneer die vee uit die trust na die maatskappy oorgedra gaan word nie. Maar dit eers daar gelaat.

Trusts betaal 45% inkomstebe­lasting op belasbare inkomste (dus ná aftrekking­s) wat in die trust gehou word. Die trust kan egter die geld aan jou (en ander begunstigd­es) uitkeer. In só ’n geval is inkomstebe­lasting daarop nie deur die trust betaalbaar nie, maar deur die individu self volgens die belastings­kaal, dus tussen 18% en 45%.

Indien jy in ’n maatskappy boer en aan jouself en jou familieled­e wat ook in die boerdery is, ’n salaris betaal, is ook geen belasting deur die maatskappy op daardie geld betaalbaar nie. Dit word egter eweneens in jou (julle) hande belas teen dieselfde belastings­kaal soos genoem. Dit is net geld wat in die maatskappy agterbly waarop die 28% betaal word (teenoor die 45% vir geld wat deur die trust gehou word).

Maar dit is geld in die maatskappy. Wat gebeur as jy dit aan jouself wil uitkeer?

Dit kan net gedoen word (anders as ’n salaris waarop jy inkomstebe­lasting teen jou marginale koers gaan betaal) deur’ n dividend uit te keer. Daarop is dividend belasting betaalbaar, wat sedert 1 Maart vanjaar 20% beloop.

As jy na die twee belastings kyk, die maatskappy­belasting van 28% en die dividend belasting van 20% gesamentli­k, sal jy sien jou totale belasting met die maatskappy is 42,4%. Dít is teenoor die 45% wat die trust betaal as dit in die trust gehou word. En dit boonop terwyl trustinkom­ste, soos genoem, kan uitkeer en belasbaar is teen die verlaagde skaal wat geld vir individue.

Dit is eers bo ’n inkomste van R5 961 950 per jaar waar die maatskappy meer sin maak in terme van (inkomste-) belasting,

Indien die boer hierbo hierdie plan uitvoer, plaas hy bates wat nou buite sy boedel is oor in ’n entiteit wat ten volle opgeneem word vir boedelbela­sting (20%).

’n Boerdery in ’n maatskappy kan sin maak. Ek hou ook van ’n struktuur waar ’n maatskappy én ’n trust gebruik word. Maar kyk eers na die finansiële gevolge op lang termyn. Daar is ander belastings as inkomstebe­lasting wat jy in ag moet neem by enige veranderin­g in jou struktuur.

Nico van Gijsen is lid van Fisa en besturende direkteur van Finlac, ’n onafhankli­ke finansiële­risiko-bestuursma­atskappy.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa