Landbouweekblad

Skaliegas: Boere slaan nog ’n slag

- — MARLEEN SMITH

DIE gasmaatska­ppy Sungu Sungu, een van talle wat vrese oor hidrobreki­ng vir skaliegas die laaste maande opnuut laat opvlam het, het sy aansoek om ’n eksplorasi­e permit in K wa Zulu Natal eensklaps teruggetre­k –’ n dag na sy eksplorasi­e-aansoek goedgekeur is.

Dít kom glo nadat ontstoke lede van die publiek vining appèl teen omgewings goedkeurin­g vir die voorgenome eksplorasi­e aangeteken het.

Me. Bronwyn Howard, ’n plaaslike inwoner en lid van die organisasi­e Frack Free SA, sê appèl is dadelik aangeteken toe hulle in kennis gestel is van die omgewings goedkeurin­g. Dié soort goedkeurin­g word tipies gevolg deur die toestaan van’ n eksplorasi­epermit deur die Petroleum agentskap van SA( Pas a ).

Me. Sandy la Marque, uitvoerend­e hoof van Kwanalu, bevestig dat Sungu Sungu sy permit-aansoek by Pasa teruggetre­k het ’n dag nadat die omgewings konsultant­e EIMS K wan aluin kennis gestel het dat die eksplorasi­e-aansoek in die omgewing van Dannhauser in die noorde van die provinsie goedgekeur is.

GEEN REDE

Mnr. Thabang Khomo, besturende direkteur van Sungu Sungu, gee in die brief aan Pasa geen rede vir die terugtrekk­ing nie en sê net dis onmiddelli­k van krag.

Howard sê die voorgenome eksplorasi­e gebied wa swel relatief klein, maar het’ n vleiland naby die Ntshingway­o-dam inge- sluit, asook die rivier wat in dié dam vloei.

Die dam verskaf water aan onder meer Newcastle en Utrecht. Benewens vrese oor besoedelin­g, was een van hul grootste bekommerni­sse dat as die permit-aansoek toegestaan word, die eksplorasi­e-aansoeke van groter maatskappy­e, soos Rhino Oil and Gas, wat honderddui­sende hektare beslaan, gou kan volg.

Agri SA het boere vroeër gewaarsku dat eksplorasi­e-aansoeke vir skaliegas vanaf die heel eerste fase beveg moet word, want dit kan maklik outomaties tot hidrobreki­ng lei.

Kwanalu het onlangs inter- dikte in die Noord-Gautengse Hooggeregs­hof bekom wat Pasa verbied om aansoeke om ’n eksplorasi­ereg en tegniese permit aan Rhino Oil and Gas Exploratio­n South Africa toe te staan. Die betrokke gebied wat Rhino wil ondersoek, beslaan 1,6 miljoen ha en 15 000 plase in dié provinsie.

AANBEVELIN­G

Agri SA se waarskuwin­g het gekom te midde van berigte dat Pasa op die punt is om sy eerste aanbevelin­gs oor die toestaan van eksplorasi­e-permitte vir skaliegas te gee, nadat terugvoer uit openbare raadplegin­g sessies en wetenskapl­ike verslae bestudeer is.

’n Reeks petrochemi­ese maatskappy­e het reeds om eksplorasi­eregte in elke provinsie van Suid-Afrika gedoen. Dit sluit groot dele van onder meer die Kalahari, Waterberge, Noordwes, Vrystaat en Karoo in.

Agri SA se raad aan grondeiena­ars wat deur sulke aansoeke geraak word, is om dadelik Agri SA of hul provinsial­e landbou-organisasi­es om hulp te kontak.

‘Die voorgenome eksplorasi­e gebied wa swel relatief klein, maar het ‘n vleiland naby die Ntshingway­o-dam ingesluit, asook die rivier wat in dié dam vloei.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa