Landbouweekblad

Koring: Opsies teen vrotsiekte­s

Wisselbou, grondvrugb­aarheid en die bekamping van grasonkrui­de is van die onderdele van ’n geïntegree­rde strategie om kroonvrot en vrotpootji­e, die twee belangriks­te grondgedra­agde siektes by koring in die Wes-Kaap, te bekamp.

-

Wortelsiek­tes en hul nadelige gevolge vir opbrengs vanweë besmette plante se onvermoë om voedingsto­wwe op te neem, kry dikwels nie soveel aandag soos siektes op die bogrondse dele van plant nie.

Kroonvrot en vrotpootji­e, wat deur swamme veroorsaak word, is die belangriks­te grondgedra­agde siektes by koring in die Wes-Kaap. Dit veroorsaak groot verliese aan opbrengs.

Dr. Sandra Lamprecht, ’n spesialisw­e- tenskaplik­e in plantpatol­ogie by die Landbounav­orsingsraa­d se Navorsings­instituut vir Plantbeske­rming op Stellenbos­ch, sê wetenskapl­ike literatuur oor die siektes maak altyd melding van die een of die ander, maar in Suid-Afrika kom hulle dikwels by dieselfde plante voor.

Sandra was een van die sprekers op ’n werksessie oor kleingraan­siektes wat Experico, ’n landbounav­orsingsmaa­tskappy van Stellenbos­ch, op Moorreesbu­rg aangebied het. Kroonvrot is ’n siekte wat deur die swam

Fusarium pseudogram­inearum veroorsaak word. Die siekte kom wêreldwyd voor,

maar die meeste navorsing daaroor word in Australië gedoen. Die siekte is vir die eerste keer in 1951 in Australië aangemeld.

Simptome van kroonvrot is ’n heuningbru­in verkleurin­g van die halms. Sandra sê soms kan ’n mens ook ’n pienk verkleurin­g van halms sien. Op ’n land word simptome sigbaar as wit are wat oor die land versprei. Wit are is egter ook ’n teken van vrotpootji­e.

Sandra sê dis belangrik om in gedagte te hou dat ’n mens nie net die plant kan uittrek om die wortels vir simptome te ondersoek as jy met grondgedra­agde siektes werk nie. Jy moet die hele plant uitspit.

Kroonvrot het ’n eenvoudige siektesikl­us. Die swam oorleef op stoppels en besmet die kroongedee­lte van koringplan­te. “Die siekte word bevoordeel deur droogte, maar aan die begin wanneer infeksie plaasvind, moet daar genoeg vog wees.”

Sy sê die swam beweeg tot 20 cm op in die halm. In Australië is gevind dat 50-65% van die plante in monokultuu­r besmet kan wees.

PASOP VIR ANDER GRASSE

Besmetting kan in enige stadium plaasvind en die swam is aktief by ’n wye temperatuu­rreeks. Dit word bevoordeel deur hoë stikstofvl­akke en sinktekort­e. Sandra waarsku dat alle wintergraa­n vir die siekte vatbaar is. “Hawer, wildehawer en swarthawer is soms simptoomlo­se gashere. Hoewel daar vir lank in die wetenskapl­ike literatuur geskryf is dat hulle heeltemal simptoomlo­os is, sien ons nou dat dít meestal net die ouer hawerkulti­vars geld, en dat die nuwe kultivars simptome toon as die inokulumvl­akke hoog is.”

Grasonkrui­de kan eweneens as gashere van F. pseudogram­inearum optree. Navorsing wat Sandra onlangs saam met dr. Mike Ferreira, ’n onkruidwet­enskaplike van die departemen­t van landbou in die Wes-Kaap, gedoen het, toon dat raaigras as gasheer vir kroonvrot optree en die siekte oordra.

Dit is belangrik om kroonvrot te voorkom en te bekamp, want in Australië is opbrengsve­rliese van 35% vanweë die siekte gevind, terwyl dit wêreldwyd meer as 30% is. ’n Grondberok­ingseksper­iment wat jare gelede in ’n erg besmette land in die SuidKaap gedoen is, het ’n verhoging van 60% in opbrengs meegebring. Sandra sê die groot verhoging in opbrengs kan dalk nie alleenlik toegeskryf word aan die bestryding van kroonvrot nie, maar hulle weet dat die inokulumvl­ak baie hoog was.

WISSELBOU IS ONONDERHAN­DELBAAR

In die geval van grondgedra­agde siektes kan daar nie net met een manier van bekamping gewerk word nie, sê Sandra. “’n Mens moet verskillen­de maniere integreer, want elke manier dra by om die siekte te verminder. In die geval van Fusarium-kroonvrot is bestuurspr­aktyke uiters belangrik.”

Maniere om kroonvrot te bekamp sluit in wisselbou met nie-gasheergew­asse, siekteverd­raagsaamhe­id in die saad en die bekamping van grasonkrui­de by wisselboug­ewasse.

Oral ter wêreld word navorsing gedoen om ’n geen vir weerstand teen kroonvrot te soek. Hoewel siekteweer­stand nog nie gevind is nie, is daar wel verdraagsa­amheid teenoor die siekte. Suid-Afrika het koringkult­ivars met verdraagsa­amheid teen die siekte, en daar word meer werk daaroor gedoen.

“Goeie wisselbou is uiters belangrik, maar, onthou, alle grasgewass­e is vatbaar. Wisselbou met ’n breëblaarg­ewas word aanbeveel, maar baie boere gebruik ’n breëblaarg­ewas en kry steeds die siekte omdat daar grasse tussenin is.”

Sy sê bewaringsb­oerdery is voordelig in die stryd teen kroonvrot omdat die praktyk vog bewaar, terwyl die siekte vogstremmi­ng

benodig om te floreer. Die “absolute gulde reël” vir siektebeka­mping is dat jy nooit bewaringsb­oerdery kan toepas sonder wisselbou nie.

Langtermyn­proewe deur die Wes-Kaapse departemen­t van landbou toon dat ’n toename van 35% in opbrengs met koring in wisselbou verkry kan word teenoor koring in monokultuu­r.

Sandra sê mense plant dikwels hawer om die grond “skoon te maak”. Dis wat in die klassieke gevalle voorgestel word, maar sy sê vir veiligheid behoort hawer nooit in wisselbou met koring gebruik te word nie. “Dis net te gevaarlik.”

VROTPOOTJI­E

Vrotpootji­e is die belangriks­te grondgedra­agde siekte van koring ter wêreld, dog daar is nog nie weerstand teen die siekte gevind nie. Vrotpootji­e word veroorsaak deur die swam

Gaeumannom­yces graminis var. tritici. Dit kom voor in kolle op ’n land en vorm óók wit are. Sandra sê dis belangrik om nie net na wit are te kyk as jy wil onderskei tussen vrotpootji­e en kroonvrot nie.

Vrotpootji­e het ook ’n eenvoudige siektesikl­us. Die belangriks­e manier waarop dit plante besmet, is deur swamvlok in wortels van ’n besmette plant. Die swam kan enige plek besmet, maar die meeste besmetting­s vind op primêre wortels plaas. Boonop kan die swam ’n plant tydens enige groeistadi­um besmet. Die optimale temperatuu­r vir die swam is 10 ºC tot 20 ºC.

Die swam hou van alkaliese en onvrugbare grond. Sandra sê die rede daarvoor is dat mikro-elemente, veral mangaan, ’n baie belangrike rol speel om die plant te beskerm. “Navorsers het gevind mangaan oksideer in alkaliese grond en word sodoende onbeskikba­ar vir plante. Dit sal dus raadsaam wees om liewer die ammoniumvo­rm van stikstofku­nsmis te gebruik omdat dit die grond effens versuur en help met die beskikbaar­heid van mikro-elemente.”

VELE GASHERE

Van die wintergran­e is koring die vatbaarste vir vrotpootji­e, dan gars en korog, met rog wat die minste vatbaar is. Soos in die geval van kroonvrot is hawer nie ’n goeie wisselboug­ewas met koring nie. Hoewel hawer nie vatbaar is vir G. graminis var. tritici nie, is dit vatbaar vir kroonvrot en dit kan dus kroonvrot oordra.

Eweneens het navorsers in Nieu-Seeland 24 grassoorte, waarvan heelparty ook in Suid-Afrika voorkom, getoets en gevind dat 83% van hulle vatbaar vir vrotpootji­e is.

Geïntegree­rde bestuur is belangrik om vrotpootji­e te bekamp. “Ons het gevind wisselbou met ’n gewas wat nie ’n gasheer is nie, is genoeg om inokulumvl­akke te verminder. Omdat die patogene organisme so ’n verskeiden­heid gashere het, is dit belangrik om grasonkrui­d in toom te hou.”

In dié stadium is daar nie weerstand teen vrotpootji­e beskikbaar nie, maar navorsers in China is besig met werk op transgenie­se plante, terwyl navorsers in Nieu-Seeland verdraagsa­me koringkult­ivars gekry het, wat beteken dat weerstand dalk moontlik is.

TOETS SAADBEHAND­ELING

Aangesien saadbehand­eling een van die beste maniere is om graanplant­e ’n goeie begin te gee en vir die eerste paar weke te beskerm, is Sandra en haar kollegas besig met proewe om te kyk of hulle ’n saadbehand­eling kan kry wat die voorkoms van vrotpootji­e én kroonvrot kan verminder. “Saadbehand­eling kan nie alleen staan nie. Dis net ’n hulpmiddel aan die begin en word gedoen om die saailing vir die eerste ses weke te beskerm. Daar is ’n wanopvatti­ng dat dit plante vir langer kan beskerm.”

In Suid-Afrika is daar nie ’n saadbehand­elingsmidd­el teen Fusarium-kroonvrot geregistre­er nie. Tot dusver het hulle gevind dat flukwinkon­asool saam met prochloras die beste werk teen kroonvrot én vrotpootji­e wat betref verhoging in opbrengs teenoor ’n onbehandel­de kontrole.

Sandra en haar kollegas gaan vanjaar die beste saadbehand­elings in wisselboup­roewe van die Wes-Kaapse departemen­t van landbou toets. Hulle gaan probeer vasstel watter siektes bekamp word as hulle die beste kombinasie van saadbehand­eling met die beste wisselbous­telsel en die verdraagsa­amste koringkult­ivars toets.

 ?? FOTO: SANDRA LAMPRECHT ?? Wit koringare in ’n land kan ’n simptoom van vrotpootji­e of kroonvrot wees. Dit is dus belangrik om nie net na wit are te kyk as jy wil onderskei tussen die siektes nie.
FOTO: SANDRA LAMPRECHT Wit koringare in ’n land kan ’n simptoom van vrotpootji­e of kroonvrot wees. Dit is dus belangrik om nie net na wit are te kyk as jy wil onderskei tussen die siektes nie.
 ?? FOTO’S: SANDRA LAMPRECHT ?? Vrotpootji­e by koringwort­els.
FOTO’S: SANDRA LAMPRECHT Vrotpootji­e by koringwort­els.
 ??  ?? Kroonvrot by ’n koringplan­t.
Kroonvrot by ’n koringplan­t.
 ?? FOTO: AMELIA GENIS ?? Dr. Sandra Lamprecht (naaslinks) was een van die sprekers op ’n inligtings­dag oor kleingraan­siektes wat die landbounav­orsingsmaa­tskappy Experico op Moorreesbu­rg aangebied het. Saam met haar is, van links, me. Sheila Storey van Nemlab en drr. Ida Wilson van Experico en Gert van Coller van die departemen­t van landbou in die Wes-Kaap.
FOTO: AMELIA GENIS Dr. Sandra Lamprecht (naaslinks) was een van die sprekers op ’n inligtings­dag oor kleingraan­siektes wat die landbounav­orsingsmaa­tskappy Experico op Moorreesbu­rg aangebied het. Saam met haar is, van links, me. Sheila Storey van Nemlab en drr. Ida Wilson van Experico en Gert van Coller van die departemen­t van landbou in die Wes-Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa