20 ton-kompetisie (noord)
Cradock Saad verspreiders se 20 ton-klub mielie kompetisie vir 2017 het onlangs ten einde geloop. Die wenner vir die noordelike streek het ’n oes van 20,34 t/ha gelewer.
Met ’n bielie van ’n opbrengs het mnr. Hendrik Bloem van die Kroonboerdery by Colesberg in die NoordKaap met die prysgeld in Cradock Saadver spreiders se 20 tonkompetisie weggestap. Hy het 20,34 t/ha gelewer.
Mnr. Izak van der Merwe van die plaas BoKransfontein, ook by Colesberg, was die naaswenner met ’n oes van 19,65 t/ha.
Om boere aan te spoor om beter opbrengste met mielies te behaal, het mnr. Dirk Visser van Cradock Saad vier jaar gelede die 20 tonkompetisie saam met ’n paar borge begin. Dit sou net vir vyf jaar wees en gevolglik word die kompetisie volgende jaar die laaste keer aangebied.
Die kompetisie wil boere aanspoor om met toewyding, voldoende kunsmis, beter bewerkings praktyke en beter kultivars 20 ton mielies per hektaar te oes. Die doelwit van die kompetisie is om te kyk wie die hoogste tonnemaat mielies kan verbou. Minstens 20 ton mielies moet op een hektaar verbou word, wat reeds ’n bogemiddelde prestasie is.
Wenners word vir die suidelike en die noordelike produksiestreke aangewys omdat die hitteeenhede in die gebiede drasties verskil. Die inskrywings word nasionaal gemeet.
PAENSEUN
Hendrik het eers in die distrik Luckhoff geboer, maar die afgelope jaar boer hy en sy pa, mnr. Leboeuf Bloem, op die plase Kransfontein en Wasbank in die omgewing van die Gariepdam.
Hulle plant ongeveer 100 ha mielies, asook springmielies vir ’n somergewas. Dié seisoen het hulle die kultivar BG 3792BR van Pannar gebruik. Hulle plant ook koring en erte as wintergewasse. Al die gewasse word onder spilpunte aangeplant.
“Wanneer ons ’n kultivar kies,
is dit belangrik dat die kultivar by ons plaas se grondsoort en omstandighede moet kan aanpas,” sê Hendrik.
“Sommige kultivars is stresver draagsamer asande ren dit is ’n belangrike eienskap.”
AANPLANTINGS
Die Bloems het op 21 November verlede jaar die mielies op 105 ha aangeplant. Die ryspasiëring was 76 cm en die plantestand was 85 000 per hektaar.
As grond voorbereiding voor planttyd het hulle die grond diep met ’n skeurploeg bewerk.
“Dit laat beter water binnedringing én beter gronddeu rlugting toe. Ons het die saadbed voorbereiding met’ n Vibroflexroller voltooi.”
Toe hulle plant, het hulle ’n spesiale kunsmismengsel met mikroelemente gebruik wat deur Cradock Saad gemeng is. Die mengsel is saamgestel nadat grondmonsters geneem is sodat tekorte in die grond aangevul kon word. Daarna het hulle ’n mengsel van stikstof, swael en kalium gebruik. Dit is twee
weke ná planttyd elke week toegedien.
“Metson het die mikro-elemente vervaardig wat ons gebruik. Met behulp van jare se blaarontledings en grondmonsters het hulle bepaal wat in die omgewing nodig is en daarvolgens geformuleer. Dít is wat die groot verskil maak,” sê Hendrik.
“Vir’ n onkruiddoder program het ons Monsanto Roundup Ready se mielieprogram gebruik. Die BR-gene in die mieliekultivar gee ook vir ons beter gemoedsrus wanneer dit by insektedruk kom.”
PRESISIEB OERDERY
Hendrik en Leboeuf pas restebewaring toe om die grondtekstuur en water binnedring i ng te verbeter en om minder water te gebruik.
“Ons kyk nie net na tonnemaat per hektaar nie, maar ook na kilogram per millimeter water om optimale vlakke te lewer,” sê Hendrik.
Benewens die neem van grondmonsters gebruik hulle ook watersked ulering om water nóg beter te benut.
“Ons het ook stroperkaarte en wisselende bemesting s praktyke. Ons plant met ’n presisieplanter en neem blaarmonsters vir die toediening van mikro-elemente.”
Danksy ’n wisselbo ustelsel laat hulle elke jaar van hul lande rus.
“Ons bestuur ons risiko’s deur reste te bewaar en water te bespaar. Die beginsel is dat ons sover moontlik in harmonie met die natuur wil boer. Op die lange duur sal dit ons boerdery volhoubaar maak.”
BEWARINGS BOERDERY
’n Deel van hul bewaring spraktyk is om kunsmis en mikro-elemente te gebruik wat biologies en chemies geformuleer is.
Die Bloems glo in die bewarings tegnologie. Veral grondbewaringsb oerderypraktyke sal, volgens hulle, hul oeste volhoubaar vir die nageslag hou.
“Ons sou nie hierdie kompetisie kon wen sonder die hulp en ondersteuning van die kundiges van Cradock Saad en die spesiaal geformuleerde kunsmismengsels en mikro-elemente van Metson nie,” sê Hendrik.
WENNERS
Hendrik en Izak het onderskeidelik R40 000 en R20 000 gewen.
Mnr. Dirk Visser, eienaar van Cradock Saadverspreiders, het op 24 Junie op die prysuitdeling gesê die kompetisie het, sedert dit vier jaar gelede ingestel is, ’n groot bydrae gelewer om beter opbrengste te behaal.
“Boere wat daaraan deelneem, het hul grond- en boerderypraktyke aangepas om ’n volhoubare boerdery van hoë opbrengste met die minimum insette te verkry.”
Dirk sê die prestasie is in ’n moeilike produksiejaar behaal omdat die hitte-eenhede hoog was en dit baie droog was. Reën het eers laat in Januarie en Februarie uitgesak.