Landbouweekblad

Twee vroue, een kombuis

Ouma Gertruida was reg, dink Willem. Twee vroue hoort nie in dieselfde huis nie, wat nog te sê in dieselfde kombuis. Die hare gaan nog waai hier op Soebatsfon­tein en hy sit netjies in die middel van die gemors.

- Riana le Roux is ’n grafiese ontwerper van Vereenigin­g. Sy neem troufoto’s en bedryf ’n ondernemin­g wat produkte uit denim en hout vervaardig. Sy gee ook kitaarless­e en skryf graag in haar vrye tyd.

Willem kan sien die atmosfeer tussen sy ma en sy nuwe bruid is weer vanoggend so dik dat ’n mens dit met ’n mes kan sny. Hy stap liewer varkhokke toe.

“Willem, ons moet praat. Dinge kan nie só aangaan nie.” Sonja vee vinnig die effense klammighei­d om haar oë weg.

“Ek weet, maar ek moet nou eers na die hokke toe.” Hy maak hom vinnig uit die voete voor sy nog iets kan sê.

Bietjie meer as ’n jaar gelede het hy op aandrang van sy vriende ingeskryf vir Boer soek

’n vrou. Hy was al amper 35 en op die klein dorpie was hubare meisies nog altyd skaars.

Die sak briewe het hom heeltemal onkant gevang, maar Sonja se brief het kop en skouers bo die ander uitgestaan. Haar rooi hare en groen oë was die spreekwoor­delike kersie op die koek.

Sy ma was van die begin af nie baie ingenome met die idee nie, maar hy was moeg van alleen wees en lus om ’n kans te waag. Dit was liefde met die eerste oogopslag en sewe maande later is hulle getroud.

KOMBUISOOR­LOG

Sy ma was die kontrei se baasbakste­r en in haar oë was Sonja ’n indringer wat uit haar kombuis moes bly. Sy het van die begin af fout gevind met alles wat Sonja doen. Eers het hy ge- dink dit sal oorwaai, maar ná ses maande stamp hulle steeds koppe. Hy sal vinnig aan ’n oplossing moet dink. Hoe kies ’n mens tussen jou vrou en jou ma?

Nadat hy ’n draai by die varkhokke gemaak het, stap Willem teensinnig terug huis toe. Hy sien Sonja se rooigehuil­de oë eerste raak. Sy ma staan met gekruisde arms in die kombuisdeu­r. “Ek bly nie ’n dag langer in hierdie huis nie” snik Sonja.

“Al wat ek vra,” gryp sy ma haar kans, “is dat sy uit my kombuis sal bly, Willem. Sy kan in elk geval nie eens ’n eier bak nie.”

Willem gaan sit langs Sonja en vat haar hande in syne. “Ek weet dit is moeilik, my liefling, maar probeer ook haar kant van die saak insien. Sy is maar net nie gewoond aan ’n ander vrou in haar huis en kombuis nie. Dit gaan tyd kos.”

Sonja stem in om dit nog ’n paar weke kans te gee, maar dan sal Willem moet kies.

Willem stap kombuis toe. “Wil Ma hê Sonja moet haar goed vat en loop? Sy is nou my vrou en hierdie is haar huis en kombuis ook!” Gertjie sug. “Sy kan koffie en tee maak, maar dis vir eers al.” Willem gee sy ma ’n druk. “Dankie Ma, dis darem ’n begin.”

Die volgende oggend, ná ontbyt, verskoon Sonja haarself en verdwyn na hul slaapkamer. Willem help met die skottelgoe­d voor hy gaan kyk waar Sonja is. Sy lê met toe oë op die bed toe hy die deur oopmaak. “En as jy nou op die bed lê?” vra hy. “Ek voel nie lekker nie, Willem. Ek dink die afgelope tyd het my senuwees bietjie op hol. Ek gaan ’n afspraak maak by dokter Jordaan. Dalk kan hy vir my iets gee wat my bietjie sal laat ontspan.”

Hy streel liggies oor haar voorkop. “Dis ’n goeie plan. Gaan doen sommer ’n bietjie inkopies en bederf jouself met koffie en koek by die koffiewink­el. Ek moet gou na die onderste land toe ry. Ek sien jou later.”

Laatmiddag kry hy vir Sonja en sy ma op die stoep. “Kry vir jou solank ’n stukkie melktert, my kind. Sonja het tee gemaak.”

Hy knipoog vir Sonja, maar kan nie die gesig wat sy ma trek wanneer sy die tee drink, miskyk nie. “Jy kort nog baie oefening, Sonjatjie. Die tee smaak soos skottelgoe­dwater,” sê Gertjie bot. Willem kyk geskok na sy ma. “Was dit nou nodig?” Sonja sug net.

SKOONDOGTE­R SE KANS

Die volgende oggend roep Gertjie vir Willem van agter ’n toe badkamerde­ur. “Willem, Sonja sal maar vanoggend ontbyt moet maak,” sê sy geïrriteer­d. “Ek dink ek het ’n maagaandoe­ning.” Willem vergeet skoon daarvan om besorgd te klink.

Dit was die eerste van vele etes wat Sonja die volgende paar weke moes voorberei en Willem en sy ma was ewe verbaas oor die geurige disse wat sy opgetower het. Gertjie se chroniese diarree het haar heeltemal buite aksie gehad.

Willem kon egter agterkom die openlike vyandighei­d tussen Sonja en sy ma begin wyk. Gertjie het selfs ’n paar keer Sonja se kookvernuf geprys en sy vrou het begin blom. Later het Sonja die kokery heeltemal oorgeneem en Gertjie het daarmee vrede gemaak. Toe Sonja hulle inlig dat sy verwagtend is, kon Willem ook op sy ma se gesig die opregte opgewonden­heid sien. ’n Erfgenaam vir Soebatsfon­tein.

Terwyl Willem een oggend na ’n pleister in hul medisyneka­s soek om sy vinger te verbind wat hy met ’n stuk doringdraa­d gesny het, kom hy af op ’n plastieksa­k met leë Brooklax-boksies. Kan dit wees? Het Sonja sy ma se tee en kos gedokter om haar uit die kombuis te kry? Ongeloof en skok was sy aanvanklik­e reaksie.

Later kon hy egter nie help om te glimlag nie. Dit was ’n baie desperate plan, maar dit het gewerk. Dalk moet hy liewer nie slapende honde wakker maak nie.

‘Jy kort nog baie oefening, Sonjatjie. Die tee smaak soos skottelgoe­dwater.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa