Landbouweekblad

Boer se kombuis

- LUCILLE BOTHA

Die hartklop van die Tankwa is die Tankwa Padstal – ’n kuierplek, winkel én bymekaarko­mplek. Die Tankwa Padstal is eintlik baie meer as ’n padstal. As jy die rowwe R355 – glo die langste grondpad tussen twee dorpe in Suid-Afrika – aandurf, vind jy dié eklektiese hawe sowat 70 km van Ceres en 210 km van Calvinia.

Dit is ’n handelshui­s wat ’n paar basiese lewensmidd­ele aanhou, veral vir die omgewing se plaaswerke­rs wat hul donkiekarr­e moet inspan vir die heen-en-weertjie om dinge, soos pype, konfyt, skoenveter­s of snuif, te kom koop. Benewens die basiese dinge is daar ook meer boheemse goed, soos droomvange­rs, hippie-pruike en pienk kruisbande wat waarskynli­k vir ’n ander groep klante bedoel is.

Dit is dié mense wat heel moontlik van kop tot tone in goue lycra en ’n ballet-tutu uitgerus is, oorgehaal vir die jaarlikse AfrikaBurn-opskop net ’n paar kilometer verder. Die padstal is immers ’n gunsteling(en eintlik die enigste) restaurant vir Burners, reisigers en motorfiets­ryers wat langs die pad wil stilhou vir ’n lekker vars roosterkoe­k en ’n koppie sterk koffie.

En dan is daar die Werkswinke­l Bar, wat uit sy nate bars met ’n mal spul van skroot, pienk plastiek flaminke, diereskede­ls, pette en selfs ’n paar waterski’s.

Daar kan jy jou elmboë op die kroegtoonb­ank laat rus en waarskynli­k met Wally of Hein Lange, die eienaars, ’n geselsie aanknoop. Hul vroue, Susan en Henriëtte, bestuur die winkel en die restaurant.

Die padstal is in 2014 tot op die grond afgebrand – glo ná ’n woordewiss­eling in die kroeg – maar in ’n aangrypend­e wending het mense van heinde en ver bygedra om die padstal weer op te bou.

Heelwat van die artikels in die Werkswinke­l Bar is juis deur Burners en ander verbygange­rs daar aangedra.

Dis nie aldag wat jy jou in die Tankwa-Karoo bevind nie. Dit is ook nie juis die tipe plek waar toeriste met lysies van die “Toptien dinge om te doen in die Tankwa” rondloop nie, maar as só ’n lys sou bestaan, sal die padstal waarskynli­k ’n ereplek daarop beklee.

 ??  ?? Die Werkswinke­l Bar is ’n geliefde kuierplek in die TankwaKaro­o.
Die Werkswinke­l Bar is ’n geliefde kuierplek in die TankwaKaro­o.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa