Landbouweekblad

Suiwelbedr­yf

Voerpryse is baie laer as verlede jaar, maar melkproduk­sie gaan na verwagting eers laat in die lente vanjaar begin groei.

-

Die melkbedryf beleef nou al langer as 18 maande ’n tydperk van trae tot geen produksieg­roei. Dié prentjie kan oor ’n paar maande verander.

Die totale melkproduk­sie was in die eerste vyf maande van vanjaar net-net minder as in die ooreenstem­mende tydperk verlede jaar. Weens die 2015-’16-droogte en gepaardgaa­nde hoë voerpryse, was die totale produksie verlede jaar 0,5% laer as in 2015.

Dr. Koos Coetzee, ekonoom van die Melkprodus­ente-organisasi­e (MPO), sê die stadiger groei in produksie het in Julie 2015 begin. Van Desember 2015 tot Augustus verlede jaar het produksie gedaal.

Coetzee skryf in sy Junie-verslag oor markneigin­gs dat gunstiger melk-tot-voerprysve­rhouding boere kan aanmoedig om meer konsentraa­t te voer, wat produksie kan stimuleer. Die algemene toestand van melkbeeste, die tekort aan ruvoer en die gepaardgaa­nde hoër ruvoerprys­e, sowel as die erge droogte in die Suid- en Oos-Kaap sal die groei in melkproduk­sie egter na verwagting tot minstens laat in die lente beperk.

HOËR MELKPRYS

Sommige groot melkverwer­kers het produsente­pryse in Februarie vanjaar verhoog en ander weer in Junie en Julie. Verdere prysverhog­ings is vir September aangekondi­g.

In Junie was die gemiddelde R4,90/liter. Dit is die hoogste prys sedert 2014. Van Augustus tot September 2015 het die gemiddelde produsente­prys in reaksie op ’n ooraanbod in die mark ná ’n rekordgroe­i in produksie tot so laag as R4,10/liter gedaal.

Die melk-tot-voerprysve­rhouding is vanjaar, veral danksy die daling in voerpryse, drasties beter as laas jaar. Dit was in Junie, volgens die MPO se berekening­e, net meer as 1,8:1 ( GRAFIEK 1 ). Dit is die hoogste die afgelope drie jaar.

Coetzee sê melkboere se bedrywighe­de begin winsgewend raak teen ’n verhouding van 1,6:1, maar ’n mens moet in ag neem die verhouding was verlede jaar baie laag. In Januarie, Februarie en Junie verlede jaar het die verhouding, weens laer produsente­pryse en hoë voerpryse, tot onder 1:1 gedaal. Die langtermyn­gemiddelde vir dié verhouding is 1,3:1.

KLEINHANDE­LPRYSE

Botter se prys raak toenemend ’n uitskieter, sowel plaaslik as internasio­naal. (Sien die kassie op bl. 80.) Die pryse van ander suiwelprod­ukte het plaaslik ook in die 12 maande tot Maart vanjaar stewig gestyg.

Die prys van vars melk het in dié tyd met gemiddeld 12,4% gestyg en langleweme­lk s’n met 13,2%. Dit is luidens ’n verslag deur die Suid-Afrikaanse Melkproses­seerdersor­ganisasie (Sampro) gegrond op inligting van die ondernemin­g Nielsen, wat nege suiwelprod­ukte se pryse en verproduse­nteprys kope monitor. Verder het jogurtprys­e met gemiddeld 9,3% gestyg en die prys van voorafverp­akte kaas met 9,2%.

Die vraag na laasgenoem­de het, soos die neiging die laaste paar jaar al is, sterk bly styg, naamlik met 10,6%. Die koers waarteen die prys styg, is wel besig om langsamerh­and stadiger te word.

Die druk waaronder verbruiker­s weens die swak ekonomie is, is egter sigbaar in die daling in die vraag na vars melk (met 3,3%), langleweme­lk (met 2,1%) en jogurt (met 0,5%).

PRYSSTYGIN­GS

Kyk ’n mens na kleinhande­lpryse se beweging oor 24 maande, het al nege suiwelprod­ukte se pryse gestyg, die meeste met

dubbelsyfe­rs. Die prys van vars melk was in Maart vanjaar 15,3% hoër as in Maart 2015, die jogurtprys 14,1% hoër en die roomprys 16,9%. Langleweme­lk se prys was net 6,2% hoër.

Dit lyk asof pryse van laat verlede jaar af stadiger begin styg het. Van verlede Desember tot Maart vanjaar het die prys van suiwelprod­ukte met van 0,6% tot 2,4% (botter) gestyg. Die enigste produkprys wat toe gedaal het, was room, naamlik met 3,1%. Van Februarie tot Maart vanjaar het verskeie produkprys­e marginaal gestyg of selfs effens gedaal.

Wêreldprys­e het sedert Julie verlede jaar herstel. Vergeleke met 2015 was pryse verlede jaar 47% hoër, en in Desember die hoogste in 30 maande. Van-

jaar het dit effens gedaal, maar in April en Mei stadig gestyg.

INVOER

Ondanks die hoë internasio­nale pryse was invoer in die eerste vier maande van vanjaar hoër as in die ooreenstem­mende tyd verlede jaar. Coetzee sê as dié neiging voortduur, kan 12 000 ton meer suiwelprod­ukte die land vanjaar binne kom, vergeleke met verlede jaar se invoer.

Invoer het ook in 2012 en 2015 gestyg ( GRAFIEK 2 ).

Uitvoer het, in melkekwiva­lent (die geraamde hoeveelhei­d melk wat gebruik word om produkte te vervaardig), van 2014 tot 2016 elke jaar effens gedaal. Verlede jaar was dit 12,3% minder as in die vorige jaar. Suid-Afrika is steeds ’n netto uitvoerder.

VOORUITSIG­TE

Coetzee sê op internasio­nale vlak is daar aanduiding­s dat suiwelprys­e vanjaar bestendig sal bly, maar dit kan aanstaande jaar styg.

“Die Chinese vraag na suiwelprod­ukte het herstel, die produksieg­roei in die EU is laer, en in lande in die Suidelike Halfrond is dit in die algemeen negatief. Aansienlik hoër botterprys­e versterk die pryse van ander suiwelprod­ukte.”

Plaaslik verwag Coetzee dat gunstiger graanpryse ná die winter produksieg­roei kan laat kop optel.

“Erge droogtetoe­stande in die Oos- en Wes-Kaap, sowel as die nagevolgev­andie2015-’16-droogte, sal produksieg­roei egter beperk.”

 ??  ?? GRAFIEK 1: MELK-TOT-VOERPRYSVE­RHOUDING: 2014-2017
GRAFIEK 1: MELK-TOT-VOERPRYSVE­RHOUDING: 2014-2017
 ??  ?? Verbruiker­s betaal nou baie meer vir melk as voorheen.
Verbruiker­s betaal nou baie meer vir melk as voorheen.
 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Dr. Koos Coetzee
LINKS: Die gunstiger melk-tot-voerprysve­rhouding kan tot hoër melkproduk­sie in die komende maande lei.
FOTO: LIZA BOHLMANN Dr. Koos Coetzee LINKS: Die gunstiger melk-tot-voerprysve­rhouding kan tot hoër melkproduk­sie in die komende maande lei.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa