Landbouweekblad

Hart tot hart

- DS. KOBUS VAN DER WESTHUYZEN

Die wysheid van die grysheid is een van die wonderliks­te gawes wat die Here aan die mensdom gegee het – net jammer dat dit meesal aan ou mense gegee word! Stel jou voor hoe dit sou wees as die Gewer van alle goeie gawes die volgorde so bietjie anders gemaak het. Dan sou die jeug, wie se lewe nog grootliks voorlê en op wie al die besluite nog wag, die voordeel hê om veel vroeër die regte koers te kies.

Kom ons wees eerlik en erken dat ’n klomp wysheid van die grysheid êrens in ’n hoek uitgerange­er is vanwaar hulle die snel veranderen­de wêreld kopskudden­d gadeslaan. Wat is dit anders as onbenutte en verspilde krag? Om nie eens te praat van die groot klomp wysheid wat lankal reeds onder die kluite toegegooi is nie.

Mense word volgens ouderdom gekategori­seer en as jy oor ’n bepaalde ouderdomsg­rens beweeg, moet jy plek maak vir ’n jonger een. Maak nie saak of die gryse nog voluit en pragtig kan diens lewer nie. Ja, toegegee, ’n mens kan ook, as gevolg van selfoorska­tting, té lank aanhou en dan die tempo van dinge vertraag.

Laat ons daarop bedag wees om nie vas te klem aan uitgediend­e werktuie nie. Daar bestaan genoeg slegte voorbeelde van leiers wat nie kon ophou om die spreekwoor­delike koek tot die laaste krummel te verorber nie. Tussen té vroeg en té laat loop daar ’n goue lyn waar die wysheid van die grysheid nog ’n goeie bydrae kan lewer, al is dit net om raad te gee wat uit dure ondervindi­ng gebore is. Wie dít verontagsa­am, is soos die man wat weer die wiel probeer ontwerp.

Toe Rehabeam sy beroemde vader, koning Salomo, moes opvolg, het hy die verstandig­e ding gedoen om verskeie mense te raadpleeg oor hoe hy die volk moet regeer. Heel eerste het hy die wysheid van die grysheid genader en toe die voortvaren­dheid van die jeug. Hy’t besluit om die jong manne se raad te volg – met noodlottig­e gevolge vir sy koningskap (1 Kon.12).

Jy kan nie wysheid koop nie, maar jy kan dit soek en gratis kry by die grysheid wat die pad voor jou geloop het.

Jy kan nie wysheid koop nie, maar jy kan dit soek en gratis kry by die grysheid.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa