Landbouweekblad

Doenenlate

-

So een keer per jaar kuier ek en oom Chris He y man ,’ n prokureur van Graaf f Rei net, saam. Ek het sy dienste by my pa geërf en hy het dit weer by my oupa geërf.

My pa het my vertel dat oom Chris baie van afval hou en so deur die jare het dit ’n reël geword dat ons mekaar oor middagete ontmoet – en slegs afval bedien.

Met die droogte wat ons distrik byna 18 maande lank laat les opsê het, het ek byna vergeet hoe smaak skaapvleis. Die afvalle het ook minder geraak en dié wat my vriende nie geëet het nie, het my eie pa stelselmat­ig weggedra wanneer ons nie tuis was nie.

Toe oom Chris dus nou die dag kom kuier, moes ons groot bokse skaapstert­jies reël. Dit was al vantevore oom Chris se lot as ons nie afval het nie, maar hy het glad nie gekla nie. Hy’s hier weg met 10 kg stertjies en vra van tyd tot tyd na die resep. Hier is dit nou vir jou om te hou, oom Chris. Geniet dit!

vir 40 minute. Wanneer dit veilig is om jou stoompot oop te maak, skep die stertjies uit en laat afkoel.

As dit koud genoeg is om te hanteer kan jy die ergste vet afsny en eenkant hou om vir jou kaiings uit te braai in ’n bietjie melk. Ek gooi die sous wat in die stoompot agterbly in ’n bak en plaas dit oornag in die yskas. Jy kan die vet die volgende oggend maklik afskep en gebruik om mee te bak.

Die stertjies is nou reg om gebraai te word. Ons hou daarvan om hulle net so bruin te braai op warm kole, met ’n bietjie gremolata om die vetterighe­id te breek. Jy kan ook ’n lekker soet marinade maak. Vir die gremolata: Meng ’n hand vol elk fyngekapte pietersiel­ie en koljander met ’n gekapte rissie en ’n halwe knoffelhui­sie saam met die fyngeraspe­rde skil van ’n suurlemoen, ’n halwe suurlemoen se sap, 10 g fyngeraspe­rde parmesaank­aas, ’n halwe sny dagoud-witbrood (gekrummel), 50 ml olyfolie en sout en peper na smaak. Strooi die gremolata oor die skaapstert­jies en geniet dit saam met mense wat graag met hul hande eet.

As die afvalle in die vrieskas min raak, is daar niks fout met ’n brosgebraa­ide skaapstert­jie om die lus te blus nie.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa