Landbouweekblad

Vra vir Faffa

- CHRIS DANNHAUSER

BEGINNERBO­ER WIL LUSERN PLANT

Ek woon in Pretoria. Ek wil graag boer en het vier jong kalwers en vyf skape (twee Wit Dorpers – ’n ram en ’n ooi – en drie Pedilammer­s). Ek wil vanjaar lusern plant op ’n klein area (360 m2) in sandgrond. Ek het 1 kg van K2 se SA Standaardl­usernsaad gekoop en kan nie wag om te saai nie. Wat is die beste tyd om hier by ons in Pretoria te saai? Ons het nie ’n trekker nie. So, ek spit met die hand. Hoe diep moet ek spit – 30 cm of 50 cm? Wat is die maklikste manier om te saai aangesien die saad so fyn is? Moet ek dit met sand meng? Sal 1 kg saad genoeg wees vir 360 m2? Die beste planttyd is in September (as jy kan besproei). Indien dit droëland is, moet jy wag vir die eerste goeie reën (ongeveer 50 mm). Wat die diepte van die grondbewer­king betref, moet jy so diep moontlik spit (20-30 cm).

Saaidigthe­id

Droëland: Maak die rye ongeveer 30-50 cm uitmekaar = 12-15 kg/ha (400-550 g/360 m2). Onder besproeiin­g: Breedwerpi­g uitgestroo­i teen 15 kg/ha (900 g/360 m2).

Vestigings­metode

Vestig die saad op ’n gelyk, ferm saadbeddin­g. Nadat jy gespit het, moet jy alles gelyk hark en met ’n tuinroller vasrol. Plant in rye 30 cm uit mekaar. Maak vlak voortjies (5-10 mm) en plant daarin, hark dit liggies toe en trap dan die rye met jou voete vas.

Vir die beste resultate moet die saad voor die tyd met Rhizobium-bakterieë geënt word (dit is ook by saadmaatsk­appye beskikbaar). Sien die metode hieronder. Indien moonlik moet jy dan besproei.

My aanbevelin­g is dat jy voor die grondbewer­king 15 kg superfosfa­at op die 360 m2 toedien.

DIE ENT VAN PEULGEWASS­AAD

As kleefstof om saad mee te ent, word CMC (Car-boxy

methyl cellulose) of Arabiese gom aanbeveel. CMC is ’n wit poeier wat in ’n 4%-oplossing aangemaak word (4 g CMC per 100 ml water).

Die poeier word met die helfte van die water, wat byna kokend is, gemeng totdat dit deeglik opgelos is. Daarna word die tweede helfte van die water, wat koud is, bygevoeg en goed gemeng.

Die mengsel kan dan oornag in ’n koel plek of koelkas gebêre word om te stabilisee­r.

Die kleefstof word by die lusernsaad gevoeg en deeglik gemeng om die saad egalig te bedek (45 ml opgeloste kleefstof vir 1 kg saad).

Daarna word voldoende entstof bygevoeg en die mengsel word weer deeglik geroer (twee tot drie eetlepels Rhizobium-entstof in 45 ml kleefstof).

Die saad word dan in ’n koel skaduplek oopgesprei om droog te word.

Die saad moet verkieslik nie langer as 48 uur so gehou word voor dit geplant word nie. Prof. Chris Dannhauser is ’n onafhankli­ke velden-weidingraa­dgewer.

 ?? FOTO: LIZA BOHLMANN ?? Waar besproeiin­g moontlik is, is September/Oktober die beste tyd om lusern te plant of later in die seisoen van Maart tot Mei. Sowat 15 kg saad per hektaar (droëland) en sowat 20 kg/ha (besproeiin­g) is nodig.
FOTO: LIZA BOHLMANN Waar besproeiin­g moontlik is, is September/Oktober die beste tyd om lusern te plant of later in die seisoen van Maart tot Mei. Sowat 15 kg saad per hektaar (droëland) en sowat 20 kg/ha (besproeiin­g) is nodig.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa