Landbouweekblad

Van oraloor

- ADÉLE ENGELBRECH­T

DIE rugbyspan van Elsenburg, die Wes-Kaapse instituut vir landbou-opleiding naby Stellenbos­ch, het die 37ste keer die Pannar-rugbyweek vir landboukol­leges gewen.

Agt van Suid-Afrika se landboukol­leges het om die IPJ du Plessis-trofee by Fort Cox, die opleidings­instituut vir landbou en bosbou, naby King William’s Town meegeding.

Vanjaar was dit egter nie so maklik vir die verdedigen­de kampioen om hond haaraf te maak teen die Landboukol­lege Grootfonte­in (Middelburg, Oos-Kaap), sy teenstande­r in die eindstryd, nie. Die Wes-Kapenaars het Grootfonte­in met 2620 geklop. Hul kragmeting is ook as die beste wedstryd van die toernooi met die Willie van Zijl-trofee beloon.

Potchefstr­oom was derde deur Glen met 22-7 te verslaan.

Die toernooi word in twee afdelings verdeel, naamlik ’n beker- en ’n plaatafdel­ing. Die spanne speel op die eerste dag teen mekaar en word volgens hul spel in twee groepe verdeel. Die wen- en verloorspa­nne ding dan in dié verskillen­de afdelings op ’n rondomtali­egrondslag teen mekaar mee. Die plaatafdel­ing is deur Cedara gewen.

Die toernooi is die eerste keer in 1969 aangebied met vyf spanne wat teen mekaar meegeding het. In 1987 het Pannar die borgskap oorgeneem. Vanjaar was die 31ste jaar wat die toernooi deur Pannar Saad geborg is.

TROFEE-WENNERS

Elsenburg – Wenner van die toernooi, mees konstrukti­ewe rugby en die span met die meeste drieë in die bekerafdel­ing. Sterling Naudé (Elsenburg) – Speler met die meeste punte. Attie van Rensburg (Elsenburg) – Beste voorspeler. Bradley Oerson (Glen) – Beste agterspele­r.

Elsenburg en Grootfonte­in – Beste wedstryd. Cedara – Wenner van die plaatafdel­ing en die span met die meeste drieë in die plaatafdel­ing. –

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa