Landbouweekblad

STILLE WATERS

- — CHRIS BURGESS

Deesdae probeer ’n mens om so min as moontlik oor Suid-Afrika se politici te sê. Wat help dit tog? Almal besef hulle is nie ons beste mense nie. In die meeste gevalle, wil dit blyk, is dit nie eens óns mense nie. Dit is ’n klomp skelm Indiër-broers in Saxonwold. Wat ministers betref, kan ek nie aan swakker kandidate dink om landsbeslu­ite te neem nie, en dan sluit ek my mal neef en die moeilike buurman in. Dit is mense wat eenvoudig geen benul het hoe om hul werk te doen nie en ook nie ’n duit omgee nie. Politiek is al wat hulle ken. Dit is wat die weelde verskaf. Die mense in wie se diens hulle behoort te staan, moet maar agter die familie en kennise in die ry gaan staan.

Toe me. Nomvula Mokonyane, Minister van Water en Sanitasie, nou die dag op die African Farmers’ Associatio­n of South Africa (Afasa) se kongres oor die waterverbr­uik van die suikerboer Charl Senekal en die tamatie produsent ZZ2 tekere gaan, kon jy maar net jou kop skud en aanhou werk. Daardie twee boerderye alleen het al veel meer vir hul gemeenskap­pe beteken as enige minister in die huidige Kabinet. Die huidige spul se prestasie is só vrot dat baie ekonome meen Suid-Afrika gaan minstens 10 jaar nodig hê om terug te kom op die ekonomiese peil waar ons was voor pres. Jacob Zuma oorgeneem het.

Om te dink Mokonyane staan aan die stuur van watersake te midde van een van Suid-Afrika se ergste droogtes, is afstootlik. Dit is ook die vrou wat die tweede fase van die uiters belangrike Lesothohoo glandskema met effektief twee jaar uitgestel het om geen ander rede nie as om te verseker haar pêlle kry die boukontrak­te. Dit is die toekomstig­e hoofaar vir Suid-Afrika se ekonomiese hartland. Sulke gedrag is, wel, verraderli­k.

Toe doen sy dieselfde met die verhoging van die Clanwillia­mdam se wal. Die padkamp staan, maar niks word gebou nie, want die “regte mense” is nog nie betaal nie. Kontrakteu­rs wat elders aangestel is, word blykbaar al maande lank nie betaal nie omdat haar departemen­t R4,3 miljard in die rooi is. Dit maak jou regtig benoud.

In die Wes-Kaap, waar meer as 50% van Suid-Afrika se landbouuit­vo erprodukte verbou word, lyk ’n treinramp met besproeiin­gswater ál meer waarskynli­k, met sprake dat geen na-oeswater vir vrugteboer­e beskikbaar gaan wees nie. Dít is nou vir bedrywe waarop die hele land steun vir broodnodig­e buitelands­e valuta in ’n krimpende ekonomie. In dié konteks is die onvermoë van Mokonyane se departemen­t om basiese onderhouds­werk te doen, soos om die Voëlvleida­m naby Gouda se kanale te onderhou, onvergeefl­ik. En dít alles ondanks Carl Opperman van Agri Wes-Kaap wat al jare lank waarsku oor presies wat nou gebeur.

Hoekom het die Wes-Kaapse provinsial­e regering nie jare gelede al strenger waterbeper­kings ingestel nie? Hoekom word dit steeds toegelaat dat ’n ieder en ’n elk onverpoos boorgate kan sink om hul grasperke mee nat te lei?

Boonop funksionee­r 67% van die land se rioolwa terstelsel­s nie behoorlik nie en ’n geskatte 4 200 000 000 liter onbehandel­de riool beland daagliks in ons riviere. Met die somer om die draai en die onlangse uitbreking van kriptosp oridiose wat onder vee gemaai het nog vars in die geheue, raak ’n mens se bloed behoorlik koud.

Minister Mokonyane moet baie minder praat en baie meer doen. Tot dan, wat help dit om oor haar te praat?

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa