Landbouweekblad

INDRINGERP­LANTE: HOE GEMAAK MET ‘MOEILIKE’ BURE?

-

Die nuusberig “Omgewingsb­e- waring: Indringerw­et kom stadigaan op dreef” deur Fredalette Uys (LBW, 29 Julie 2016) het betrekking.

Daar is sover my kennis strek nog baie min oor indringerp­lante in LBW geskryf. Luidens die betrokke berig kan ’n boer homself groot boetes en selfs tronkstraf op die hals haal indien hy nie sy kant bring om van die indringerp­lante op sy grond ontslae te raak nie.

In my gebied is veral swartwatte­l-, populier-, sering- en jakarandab­ome ’n probleem, asook bankrotbos­sie.

In die verlede het die Department van Omgewingsa­ke ons boere van gif voorsien om van die indringerp­lante uit te roei, maar daardie hulp is intussen opgeskort omdat daar nie geld is ne.

My grootste probleem is my een buurman se swartwatte­lbome en albei my buurmanne se bankrotbos­sies. Die saad word deur die wind versprei en dié indringers vestig hulle op my grond. Al die indringerp­lante gebruik geweldig baie water en moet uitgeroei word.

Ek het reeds in 1995 ál die swartwatte­lbome op my grond tot niet gemaak, maar moet steeds jaarliks beheer toepas en dié wat nog opkom, uitroei. Dit is ’n groot uitgawe vir my as pensioentr­ekker.

Ek is by die departemen­t geregistre­er en die departemen­t het al verskeie kere met die bure in verbinding getree, maar daar word niks verder gedoen nie.

Ek is 71 jaar oud en het tot nou toe ál my werk self gedoen, maar my gesondheid laat dit nie meer toe nie.

Kan u asseblief ’n artikel plaas oor indringerp­lante, hoe dit kostedoelt­reffend uitgeroei kan word, wat ’n grondeiena­ar kan doen om die bure te oorreed om hul kant te bring en só saam die probleem op te los en wat ’n grondeiena­ar se opsies is vir optrede teen ’n buurman wat nié sy kant wil bring nie?

Ek sal dit vreeslik waardeer indien u grondeiena­ars, soos ek, kan help om onsself te beskerm deur die korrekte, wettige stappe te doen en die probleem so kostedoelt­reffend moontlik aan te pak. HANS VAN LOGGERENBE­RG Zeerust Dankie vir u voorstel. Ons sal dit beslis oorweeg. — Red.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa