Landbouweekblad

Kundigheid op OBP se nuwe raad bring hoop

- — GERRIT BEZUIDENHO­UT

ONDERSTEPO­ORT BIOLOGIESE PRODUKTE (OBP) se nuwe direksie is kort voor druktyd aangewys en is van 1 Augustus in hul poste.

Dr. Pieter Vervoort, voorsitter van die Nasionale Dieregeson­dheidsforu­m en nuwe direksieli­d, meen dit is ’n gebalansee­rde raad, met lede wat kennis en ervaring oor verskeie velde heen het. Die raadslede, naas Vervoort, is: Me. Koekie Mdlulwa, besturende direkteur van Mdlulwa Nkuhlu-prokureurs; Dr. Charlotte Nkuna, direkteur van die Suid-Afrikaanse Pluimveeve­reniging (SAPV) en voormalige direkteur van die SAPV se pluimveesi­ektebestuu­rsagentska­p; Me. Fulufhelo Mphuthi, elektriese en elektronie­se ingenieur, van Rand Water; Mnr.RonaldRama­bulana,hoof van opleiding en opvoeding by Absa en voormalige uitvoerend­e hoof van die Nasionale Landboubem­arkingsraa­d; Mnr. Yaasir Haffejee, van die Ouditeur-generaal se kantoor; Vir boere is veral die aanstellin­g van drs. Nkuna en Vervoort goeie nuus omdat daar al lank kommer heers oor ’n uitvloei van kundiges uit dié maatskappy.

Me. Zodwa Mobeng, waarnemend­e uitvoerend­e hoof van die OBP, sê die organisasi­e is opgewonde oor die vooruitsig om met die nuwe raad saam te werk. “Met hul leiding en kundigheid het ek geen twyfel dat hulle die OBP tot hoër hoogtes gaan neem nie,” het sy gesê.

Landbouwee­kblad het die afgelope week wyd by koöperasie­s en by die OBP self navraag gedoen oor die beskikbaar­heid van entstof. Na verneem word, is entstowwe geredelik beskikbaar vir die belangriks­te veesiektes waarteen boere hul diere in die lente moet inent, insluitend­e bloutong, brucellose, slenkdalko­ors, knopvelsie­kte en Afrika-perdesiekt­e.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa