Landbouweekblad

Swak opleiding van plaaswerke­rs skok

- — LUCILLE BOTHA

SLEGS 8,5% van plaaswerke­rs in die Wes-Kaap kan matriek agter hul name skryf, en net 0,002% het tersiêre opleiding.

Dít is van die onrusbaren­de bevindings uit die onlangse provinsial­e huishoudel­ike sensus onder landbouwer­kers.

“Die swak gehalte van ons plaaskinde­rs se opleiding en werklooshe­id onder die jeug is ’n groot bekommerni­s. As ons dit nie binne vyf jaar aanroer nie, gaan dit ons oor tien, vyftien jaar steeds kom byt ,” het mnr. Dan i eN iemand, direkteur van plaaswerke­r ontwikkeli­ng by die Wes-Kaapse departemen­t van landbou, o pA gr i Wes-Kaap se jaarkongre­s gesê.

Die sensus het 42 982 mense (11 028 huishoudin­gs) op 2 991 plase bereik en gee ’n duidelike beeld van landbouwer­kers se maatskapli­ke omstandigh­ede.

Altesaam 61% van die provinsie se plaaswerke­rs het vaste werk, 19% is werkloos en 20% het tydelike of seisoenale werk.

GEEN VANGNET

“Die lae matrikulas­ie koershou regstreeks verband met die vroeë uitvalsyfe­r van leerders in skole in die landelike gebiede. Op die oomblik is daar ’n baie klein, of bykans geen, vangnet om hierdie leerders by te staan.”

Die Weskus-streek, gevolg deur die Kaapse Wynstreek en die distrik Eden, is areas waar kinders nie geredelik skool bywoon nie.

“Die grootste bekommerni­s is die redes wat hulle daarvoor aangevoer het, want op ’n provinsial­e vlak het meer as 26% gesê dit is omdat hulle nie wil leer nie. Ons sal dit moet omkeer,” het Niemand gesê.

Altesaam 23,2% van die leerders het aangedui daar is nie geld vir skoolgeld nie en 10,5% woon nie skool by nie omdat hulle swanger is. Sowat 10% het gemeen opvoeding is nutteloos.

“Daar is ook ander dinge, soos probleme met vervoer en skoolgeld, wat ons moet aanroer.”

KRITIEKE KWESSIE

Volgens Niemand sal werklooshe­id onder die jeug “kritieke brandpunte” wees oor die volgende 15 jaar, want die sensus het getoon dat meer as 34% mense die arbeidsmar­k binne dié tyd gaan betree, terwyl net 12,6% van werknemers dit gaan verlaat. Die grootste persentasi­e plaaswerke­rs is 19 tot 34 jaar oud.

“’n Klomp van die jong plaaswerke­rs is op die vlak van algemene werker, maar daar is’ n reuse behoefte aan bepaalde vaardighei­d s opleiding .”

Die sensus het ook aspekte, soos behuising en gesondheid, onder die loep geneem.

Sowat 78% van werkers bly op plase; dit is net in Stellenbos­ch waar die syfer om die helfte is omdat die plase redelik naby aan die dorp geleë is.

“Werkers wat op die plaas woon, is in ’n baie beter posisie as diegene wat nie op die plaas woon nie.”

Volgens die data woon 67% van werkers op plase in baksteenhu­ise, terwyl die meeste van dié wat op dorpe woon, in informele strukture bly.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa