BRANDE, DROOGTE KNOU KAAPSE BYE
DIE Kaapse heuningby-bevolking het ’n groot terugslag beleef nadat meer as 1 000 byekorwe en groot dele van hul voedingsbron deur die verwoestende brande in die Suid-Kaap uitgewis is. Die voortslepende droogte eis boonop ook sy tol.
Die Kaapse heuningby, Apis mellifera capensis, het die kleinste verspreidingsgebied van alle bye ter wêreld, berig Sanbi (die nasionale bi o diversiteit s instituut ). Dit word slegs aangetref in die fynbosgebied tussen Kaapstad en Port Elizabeth.
“Miljoene van hierdie bye, waarmee geboer word en in natuurlike korwe, het tydens die onlangse brande gevrek. Verskeie bykolonies wat nie uitgewis is nie, vlieg nou rond op soek na kos.”
Die Suid-Kaap is in Junie deur ’n enorme brand, wat op 26 plekke verwoesting gesaai en honderde huise verswelg het, lamgelê. In Januarie het brande ook in die Riversdal-omgewing gewoed.
Volgens mnr. André de Jager, voorsitter van die Suid-Kaapse Byeboer vereniging, het sowat 300 swerms in die Knysna-omgewing verbrand. By Riversdal het byeboere van 500 tot 1 000 swerms verloor.
“Die droogte het egter ’n groter invloed as die brande. Die meeste ouens reken hulle het weens die droogte tot 30% van hul swerms verloor.”
BYE VOER
By mnr. Quintis Bezuidenhout, ’n byeboer van Bo-Kloof in die Baviaanskloof, duur die droogte al twee jaar.
“Ons bye kry baie swaar. Ons het verlede jaar maar ’n kwart van ons gewone hoeveelheid heuning uitgehaal.” Daar is tans ’n ernstige tekort aan heuning in die Suid- en Wes-Kaap, wat ’n invloed op die prys daarvan het.
De Jager sê hulle moet bye suikerstroop voer omdat daar so min voeding beskikbaar is.
“Gewoonlik kan ons dié tyd van die jaar staatmaak op kanola as voedingsbron, maar daar is vanjaar baie min kanola en dis ook
laat omdat boere soveel later moes plant weens die reënval.”
Benewens die geldelike verliese wat byeboer een heuning pro- dusente ly –’ n korf met’ n swerm bye kos sowat R1 200 – is daar ook nie genoeg bye om bestuiwing s dien stein die Suid-Kaap te lewer nie.
“Soos met die ander bedrywe gaan hierdie terugslae ’n nadraai van ’n jaar of drie hê,” waarsku De Jager. “Ratels is ook tans ’n groot probleem in die Suid-Kaap. Hulle sukkel om kos te kry in die droogte, en nou keer hulle korwe om.”
Donasies vir Knysna se byeboervereniging het van oor die he- le land ingestroom. Die organisasie Gift of the Givers het onder meer R250 000 geskenk. Mnr. Alan Winde, minister van ekonomiese geleenthede in die Wes-Kaap, het egter ’n beroep op produsente gedoen om nie goedsmoeds heuningbye of korwe na die Suid-Kaap te bring nie.
“Die Suid-Kaap, spesifiek die Knysna-omgewing, is vry van Amerikaanse vuilbroed (AFB). Mense probeer om die Suid-Kaap se heuningbybedryf weer op die been te bring deur bye of heuning van ander dele van die land te skenk, maar dit kan met AFB besmet wees.”
De Jager sê omdat die swerms tans klein is, is die bye se weerstand baie laag.
‘Die meeste ouens reken hulle het weens die droogte tot 30% van hul swerms verloor.’