Landbouweekblad

‘Drakoniese’ saadwet kan van kleinboere misdadiger­s maak

- — JOHAN VAN DER MERWE

DIE drukgroep Afrika-sentrum vir Biodiversi­teit (ACB) waarsku dat wysigings aan die Plant verbeterin­gs wet( Wet 53 van 1976) en die Wet op Plantteler­sregte (Wet 15 van 1976) onder meer die uitruil van saad sal beperk.

Volgens me. Linzi Lewis, ’n navorser by die ACB, word kleinboere in die voorgenome wysigings oor dieselfde kam as groot, multinasio­nale korporasie­s geskeer. Dit kan vir kleinboere on- gewenste gevolge inhou.

Die doel van die wetswysigi­ngs is om saadverska­ffing in Suid-Afrika betroubaar­der en meer gereguleer te maak sodat boere verseker kan wees dat hulle altyd saad van goeie gehalte ontvang.

“Die woord ‘exchange’ word nou in die definisie van ‘verhandeli­ng’ ingesluit, wat beteken dat boere nie meer saad onder mekaar kan uitruil nie. Die wet raak dus al hoe meer drakonies en beperkend, tot die nadeel van boere. So ’n beperking op boere, veral kleinboere, sal die diversitei­t van ons eie saad beperk en sal ook saad wat oor geslagte heen geteel is om by die plaaslike klimaat aan te pas, vernietig.

“Daar is baie waarde in goeie gehaltebeh­eer en regulasies. Dit is nodig, maar nie ten koste van alle boere en die diversitei­t van saad tot hul beskikking nie. Die enigste mense wat by so ’n beperkende wet baat vind, is die groot, kommersiël­e korporasie­s wat alleenreg op die verspreidi­ng van saad kry,” sê sy.

Die ACB wil hierdie beperken-

de aspek ook aanpak. “Die twee bogenoemde wette, wat albei sedert 1976 in werking is, het meegebring dat die Suid-Afrikaanse saadstelse­l grotendeel­s ’n paar groot korporasie­s bevoordeel en beskerm.

“Die ACB wil die natuurlike erfenis van Suid-Afrika se ryk diversitei­t aan saad wat vir kosproduks­ie beskikbaar is, beskerm. Verder wil ons ook verseker dat kleinboere kan aanhou boer en hul saad uitruil sonder dat die wet hulle as misdadiger­s beskou. Dit is onregverdi­g om boere se onafhankli­kheid weg te neem vir regulatori­ese doeleindes.”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa