Landbouweekblad

‘SUID-KAAP DALK LANDBOUPAR­ADYS’

- — LUCILLLE BOTHA

WES-KAAPSE boere kan hulle regmaak daarvoor dat die provinsie op lang termyn al hoe droër gaan word, maar alles is nie verlore vir die landbou nie.

Streke, soos die SuidKaap, kan selfs nuwe geleenthed­e vir boere inhou.

Hoewel die huidige droogte die ergste in ’n eeu is, dui dit nie noodwendig op klimaatsve­randering nie, sê prof. Stephanie Midgley, onafhankli­ke navorser wat ook verbonde is aan die Universite­it Stellenbos­chse fakulteit landbou wetenskapp­e.

“SuiderAfri­ka is egter een van die streke waar ons vorentoe meer gereeld droogtes kan verwag.”

Die droër toestande sal meegebring word deur westewinde, wat meer suidwaarts skuif. Dit gaan kouefronte wat reën bring, verhinder om die land te bereik.

“As ons die waterkrisi­s kan oplos en die wateraanbo­d vir die landbou kan verseker, sal die provinsie lewensvatb­aar bly vir besproeiin­g s landbou en die lewering van die meeste gewasse en vee waarmee tans geboer word.

“Die voorwaarde is dat die damme gevul en die water infrastruk­tuur goed onderhoue n bestuur word. Baie van die gewasse en vee wat ons hier het, sal eintlik goed aangepas wees en selfs gunstig reageer op die verhitting wat ons ervaar,” sê sy.

Gebiede wat reeds warm is, soos die Olifantsri­viervallei, sal dalk nuwe planne moet beraam. Dieselfde geld boere by Grabouw, waar dit straks te warm gaan word om appels te verbou.

’n Plek soos Vredendal kry ge woonlik vier tot vyf baie warm dae (36 °C en meer) per maand in Januarie en Februarie. ’n Ekstra twee tot vier sulke warm dae kan vorentoe per maand voorkom.

WESKUS IS WEERLOOS

Wat droëland produksie betref, word verdroging en hittestres in veral die noordelike deel van die Weskus verwag.

“Gebiede wat reeds marginaal is, sal verder onder druk geplaas word. Die Weskus is regtig ’n weerlose gebied.”

In die Karoo sal die verdroging minder erg wees. Daar is ’n groter kans op storms en somerreën. “Sommige dele gaan dalk ’n klein bietjie natter raak. Ons sien dit reeds in die noordooste­like dele van die provinsie.” Die Suid-Kaap, waar meer gematigde toestande verwag word, kan ’n landboupar­adys raak.

“Die verhitting is nie so erg soos in ander dele nie en die streek sal na verwagting baie geskik vir die landbou bly. Ja, ons sien verskuiwin­gs in die reënval, maar daar sal moontlik meer reën in die herfs en lente val. Die streek is egter ook geneig tot droogtes en vloede, maar as die rampbestuu­rsplanne reg is, kan dit die een omgewing met baie landbou potensiaal wees .”

REËNVALPAT­RONE

Winterreën­val sal na verwagting oor die hele provinsie afneem, maar dit geld veral die westelike streke. Teen die windkant van berghange sal moontlik meer reën in die herfs en die lente val.

Volgens Midgley lyk dit reeds asof die reëntyd later begin, en ook later eindig. Daar is minder reëndae van Januarie tot April, maar ’n toename in November tot Desember.

Op Moorreesbu­rg sal die winterreën­val moontlik afneem, maar daar is ook ’n kans dat meer reën in die lente en vroegsomer kan val. Op Riversdal kan boere ook droër winters verwag, maar die herfs en lente hou weer die kans vir verhoogde reënval in.

‘Gebiede wat reeds marginaal is, sal verder onder druk geplaas word.’

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa