Landbouweekblad

Populisme en emosie hoort nie in gronddebat - Phosa

- — LUCILLLE BOTHA

DIE staat is die grootste grondeiena­ar in SuidAfrika en grondhervo­rming behoort dus by staatsgron­d te begin, meen dr. Mathews Phosa, wat in April as ANCleier benoem is.

“Die Regering moet mooi gaan dink oor hoe hy ongebruikt­e staatsgron­d kan verdeel. Die grond wat net gebruik word deur militêre magte wat oefen vir ’n oorlog wat nie kom nie, moet vir die mense gegee word,” sê hy.

Hy het ’n “groot, groot” probleem met ongrondwet­like uitsprake oor grond.

“Ek was een van die mense wat die Grondwet help opstel het. Toe ons by Kodesa was, het ons baie voorbeelde in Afrika gesien waar grondhervo­rming nie gewerk het nie. Ons het toe gesê ons moet ’n proses definieer hoe grond van een hand na ’n ander beweeg. As mense my oor grondvergr­ype uitvra, sê ek hulle moet na die Grondwet kyk. Daar is dinge wat jy kan doen, en dinge wat jy nie kan doen nie.”

GRONDWET

Phosa sê die Grondwetho­f sal SuidAfrika­ners beskerm teen optrede wat strydig is met die Grondwet, en leiers moet help om emosie uit die grondvraag­stuk te verwyder.

“Enige leier, of dit nou die President of wie ook al is, moet kalm en koelkop bly as ons oor grond praat en beleid formuleer. As politici moet ons gematig wees in wat ons sê en goeie verhouding­s tussen boere en plaaswerke­rs bevorder. Ons is nie mekaar se vyande nie, maar vennote. Dís die oplossing tot die grondprobl­eem,” meen Phosa.

Hy het ook beklemtoon hoe belangrik dit is om mense op te lei om kommersiël­e boere te word.

“Ons het nou meer mense wat grond ontvang, maar wat doen hulle daarmee? Dit raak ’n probleem. Ons moet dit vanuit ’n kommersiël­e oogpunt benader. As ons vir iemand ’n stuk grond gee, moet ons weet wat hulle daarmee gaan doen,” sê Phosa.

‘Ons is nie mekaar se vyande nie, maar vennote. Dís die oplossing tot die grondprobl­eem.’

 ?? FOTO: LUCILLE BOTHA ?? Van links is mnr. Koot Claassen, ondervoors­itter van Agri Wes-Kaap, dr. Mathews Phosa en mnr. Cornie Swart, herverkose voorsitter van Agri Wes-Kaap.
FOTO: LUCILLE BOTHA Van links is mnr. Koot Claassen, ondervoors­itter van Agri Wes-Kaap, dr. Mathews Phosa en mnr. Cornie Swart, herverkose voorsitter van Agri Wes-Kaap.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa