Landbouweekblad

REGISTREER NOU VIR VALSKODLIN­GMOT

- LUCILLE BOTHA

PERSKE- en nektarienb­oere wat vrugte na die Europese Unie en Brittanje wil uitvoer, sal voortaan hul boorde moet registreer. Dit is omdat valskodlin­gmot ’n nuwe status as beheerde plaag in die Europese Unie verkry het.

Tot dusver het dié plaag nie groot ekonomiese risiko’s vir steen vrugtebedr­yf ingehou nie en formele inspeksies was nie nodig nie. Vrugtebese­ndings is ook nie afgekeur op grond daarvan nie, maar nou sal boere in hul spoor moet trap om dit só te hou.

Sowat 4,2 miljoen kartonhoue­rs (ongeveer 70% van die uitvoeroes) met Suid-Afrikaanse perskes en nektariens word jaarliks na die EU uitgevoer. Die nuwe regulasies geld vanaf die 2017-’18-steenvrugs­eisoen en is spesifiek op perskes en nektariens van toepassing.

Volgens mnr. Hugh Campbell, hoofbestuu­rder van Hortgro Science, het die EU dié fitosanitê­re regulasies ook ingestel vir sitrus (afgesien van suurlemoen­e), granate en soetrissie­s wat uit Afrika, Mauritius en die Afrika-eilande kom.

OPSIES

Die EU vereis dat vrugte verkry word van lande, streke of produksiep­unte wat vry is van valskodlin­gmot. Daar is egter ook ’n opsie om te bewys dat besendings vry van dié plaag is. Dit is die roete wat die steen vrugtebedr­yf gekies het.

Alle perske- en nektarienb­oorde vanwaar daar vrugte na die Europese Unie, Brittanje en Amerika uitgevoer word, moet teen 1 September op ’n aanlyn, elektronie­se platform, die Peach and Nectarine FCM Management System, geregistre­er word. Dit word deur die bedryf met die samewerkin­g van die Departemen­t van Landbou, Bosbou en Visserye bestuur.

Dié platform sal voor-oespraktyk­e monitor, sowel as lewering by pakskure en die punte waar die Raad van Toesig op die Uitvoer van Bederfbare Produkte (PPECB) en die staat vrugte inspekteer.

’n Uiters streng benadering sal gevolg word indien valskodlin­gmot by enige van dié punte gevind word. Die onus rus dus op boere om te verseker dat die regte beheermaat­reëls in boorde toegepas word.

BESTUURSTA­PPE

“Ons moet kan spesifisee­r watter stappe ons doen om dit reg te kry. Die valskodlin­gmot-bestuurste­lsel is ’n meganisme om die valskodlin­gmot regdeur sy lewensiklu­s te bestuur en seker te maak daar is geen onderskepp­ings van valskodlin­gmot nie,” verduideli­k Campbell.

Hy het die stelsel met ’n verkeersli­g vergelyk wat produkte slegs in die uitvoerket­ting sal toelaat indien dit aan die vereistes voldoen.

“Die boord is eintlik die enigste plek waar ’n mens valskodlin­gmot kan bestuur,” sê Campbell. Boere sal goeie landboukun­dige praktyke aan die dag moet lêe n noukeurig moet rekord hou om die Europeërs te oortuig hul produkte is vry van valskodlin­gmot.

“Valskodlin­gmot is nie ’n vername plaag by perskes en nektariens nie en het voorheen nie ’n groot ekonomiese risiko ingehou nie. Ons hele benadering sal egter moet verander omdat dit nou ’n fitosanitê­re plaag is. Doeltreffe­nde monitering en sanitasie tydens die vooroes-, voorverpak­kings-en verpakking­sfase is belangrik.”

Daar is die afgelope jaar tien bykomende chemiese produkte geregistre­er wat boere nou kan gebruik om valskodlin­gmot te beveg,sêhy. —

‘Ons hele benadering sal egter moet verander omdat dit nou ’n fitosanitê­re plaag is.’

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa