Landbouweekblad

MOTVERBOD WAG STRAKS OOK OP SA SITRUS

- THEUNS BOTHA

DIE Europese Unie (EU) sal waarskynli­k valskodlin­gmot

as’ n nie-tarief versperrin­g vir Suid-Afrikaanse sitrus gebruik indien die land suksesvol is om vrye toegang van sitrus met swartvlek na dié handelsblo­k te bewerkstel­lig.

Só het mnr. Pieter Nortjé, voorsitter van die Suider-Afrikaanse Sitruskwek­ersverenig­ing, o pA gr i Sondags rivier vallei( SR V) se jaarvergad­ering op Addo gewaarsku. “Ofskoon daar aangevoer word dat die mot geen gevaar inhou as die uitvoervru­gte tot -0,6 grade Celsius (koue sterilisas­ie) afgekoel word, bestaan daar tans nie sodanige hawe-en verskeping­s geriewe om aan dié vereiste te voldoen nie.

“Citrus Research Internatio­nal (CRI) het wel bevind dat indien vrugte tot 2 grade Celsius verkoel word, die valskodlin­gmot ook nie sal oorleef nie. Dit is ’n saak waaroor daar onderhande­l kan word indien die kwessie op ’n spits gedryf word,” sê hy.

’n Probleem met verkoeling tot 2 grade Celsius is dat indien die vrugte nie die optimale kleur ontwikkeli­ng het wanneer dit verpak word nie, dit ook nie terwyl dit op die water is ’n beter kleurgehal­te sal ontwikkel nie, wat tot nadeel van produsente kan wees.

Oor die verbod op swartvlek in die EU sê Nortjé Suid-Afrika het gronde om onredelike handelspra­ktyke te bewys, maar hy meen ’n skikking sal bereik word voor die saak by die Wêreldhand­elsorganis­asie aanhangig gemaak word.

“Solank die huidige Minister van Handel en Nywerheid in sy amp bly, sal ons veilig wees aangesien hy die standpunt van die SASKV in dié opsig onderskryf,” sê Nortjé. —

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa